Die ding tussen man en vrou
Kerneels Breytenbach
Human & Rousseau
Jan sit saam met sy pelle en drink. Hy kla steen en been. Elke keer dat hy ’n bietjie laat gekuier het, sê hy, dan takel sy geliefde vroutjie hom en slaan hom pimpel en pers. Hy is nou goed gatvol daarvoor. Natuurlik het die manne baie raad. “Dis twak man, Jan, jy moet dit stop! En daar is natuurlik net een manier: As jy nou vanaand weer ’n bietjie geswaai daar aankom en sy takel jou, dan gryp jy haar, sleep haar by die naaste kamer met ’n bed in en maak soos net jy kan. Gaan wild aan. Gaan tekere. Dat sy op die plek terugverlang na die Jan van jul jongdae. Doen dit dan nog ’n paar keer in die toekoms ook – jy sal sien dat sy later nie meer omgee dat jy laat inkom nie, sy sal vir jou lê en wag in daardie kamer.” “Julle ken nie my vrou nie,” seg Jan, vasgevang tussen diepe nadenke en ’n bekoorlike moontlikheid. Hy besluit tog dat hy gaan probeer. Hy sorg dat hy die res van die aand ’n hele paar brannas en Coke inkry. Teen twaalf is hy die dapperste muis op die dorp. Wanneer hy by sy huis inslinger, het hy nie eens nodig om die ligte aan te skakel nie. Hy is sommer op outomaties. Vlak in die ingangsportaal loop hy hom in sy vrou vas. Sonder om ’n woord te sê, gryp hy haar en sleep haar in die spaarkamer in. Hy pluk haar nagklere van haar af, skeur sy eie klere van sy lyf en maak geïnspireerde liefde met haar, amper ’n uur aaneen, dat die berge antwoord gee. Toe hy klaar is, gaan hy kombuis toe om ’n glasie melk te drink. Hy sit die kombuislig aan en daar sit sy vrou by die tafel vir hom en gluur. Hy skrik hom omtrent in ’n nugterheid in. “Wat de hel doen jy hier?” vra hy, die lieftalligheid vanself. Sy vrou antwoord: “Wat meer kon ek verwag het! Tipies Jan! Ek sê jou vanoggend my ma kom vir ons kuier, maar jy sal jou nie daaraan steur nie en kom steeds middernag dronk by die huis aan nadat jy die hele aand met daai pelle van jou gesit en suip het!”
Jan syg langs die yskas op die vloer neer, en sê verdwaas: “Maar dan is dit jou ma wat ek so pas …” Hy vertel sy vrou alles wat gebeur het. Sy spring woedend op. Sleep hom aan die kraag spaarkamer toe. Daar lê sy skoonma lekker met ’n sigaret in die mondhoek uitgestrek op die bed en glimlag asof sy pas die ware welgeluksaligheid ontdek het. “Ma! Kon Ma nie iets gesê het nie!” Haar ma trek ’n diep teug aan die sigaret, blaas die rook uit en sê: “Hoeveel keer moet ek nog vir jou sê – ek praat nie met die vark nie!”
Almal weet dat huiswerk ’n vrou se werk is. Daarom hang Catharina se mond oop toe sy een middag by die huis kom en vind dat die kinders gebad is, die wasmasjien aan die gang is met die tweede bondel wasgoed en dat die eerste bondel al klaar in die tuimeldroër is. Aandete is besig om op die stoof te prut en die tafel is reeds gedek. Sy is absoluut verbaas! Dit blyk dat Jaffie, haar man, ’n artikel gelees het wat sê dat vrouens wat voltyds werk en ook nog in die aand hulle huiswerk moet doen, té moeg is om seks te hê. Die res van die aand het goed verloop. Die volgende dag vertel sy haar vriende by die werk wat gebeur het. “Ons het gisteraand ’n baie lekker ete gehad. Jaffie het daarna selfs die kombuis skoongemaak en al die skottelgoed gewas. Hy het die kinders met hul huiswerk gehelp, al die wasgoed opgevou en weggepak. Ek het die aand werklik geniet.” “En daarna?” wil een van haar vriendinne weet. “Nee, Jaffie het dadelik gaan slaap. Hy was te moeg vir enigiets anders.”
’n Gesin sit een aand aan vir aandete. Tydens die ete vra die peuter van ’n seun vir sy pa: “Pa, hoeveel soorte borste is daar by vrouens?” Die pa is nogal onkant betrap deur dié vraag, maar besluit om tog te antwoord. “Wel, my seun, ’n vrou gaan deur drie stadiums. In haar twintigs is ’n vrou se borste soos suurlemoentjies, rond en ferm.” Sy seun frons ’n bietjie, maar gou kry sy verbeelding die dinge bymekaar. “In haar dertigs en veertigs is hulle soos pere: steeds baie mooi, maar hulle hang so bietjie na onder.” Die seuntjie wil-wil glimlag, maar hy hou sy mond reguit en vermy oogkontak met sy ma en susters. Sy pa gaan voort: “En ná vyftig is hulle soos uie.” “Uie?” vra die kind. “Ja, ’n mens sien hulle, maar hulle maak jou huil.” Uiteraard is sy vrou en dogters baie ontsteld hieroor. Die oudste dogter wil haar pa terugkry en vra haar ma: “Ma, hoeveel soorte ietermagoggies het mans?” Die ma snap dadelik wat die dogter wil doen. Sy glimlag en antwoord: “Wel, my kind, ’n man gaan ook deur drie stadiums. In sy twintigs is sy ietermagoggies soos ’n eikeboom, magtig en hard. In sy dertigs en veertigs is dit ’n bietjie soos ’n wilgerboom: buigsaam maar tog betroubaar.” Die oudste dogter se tande is al sigbaar soos die glimlag begin deurbreek. “Maar in sy vyftigs is dit soos ’n Kersboom.” “’n Kersboom?” “Ja, dood van die wortels af op en die balletjies is net vir blote versiering.”
’n Taamlik korpulente vrou in ’n kroeg wend haar tot die kroegvlieg langs haar en sê: “As jy kan raai hoeveel ek weeg, kan jy vanaand saam met my bed toe gaan.” Die kroegvlieg kyk haar opsommend met een toegeknypte oog aan: “Omtrent drie ton, jou vet, lelike mol.” “Dis naby genoeg, jou gelukkige derduiwel.”
Die Witwatersrand is die geografiese streek wat strek van Roodepoort en Randfontein in die weste tot by Springs aan die ooste. Tussenin is daar plekke soos Maraisburg, Mondeor, Johannesburg, Alberton, Germiston, Elsburg, Brakpan, Benoni, Boksburg, Kemptonpark en Nigel. Drie van die dorpe in die Witwatersrand staan bekend as die noord-suid- “Axis of evil” – die tuiste van die meeste mullets in die suidelike halfrond. Hierdie dorpe is Kemptonpark, Boksburg en Nigel. Hulle noem dit sommer Boknaaipark.
’n Jong egpaartjie van Boknaaipark, Klaas en Sannie, was goed bevriend met ’n ander egpaar, Jors en Sue-Marié. Een aand gaan eet hulle weer uit en tydens die ete vertel Sannie van hierdie wonderlike tydskrif wat sy die middag gelees het terwyl sy in die dokter se spreekkamer gesit en wag het. Dit was ’n tydskrif oor voetgesondheid en die lekker lewe. Die artikel, wat haar verbeelding aangegryp het gaan oor egpare wat hul maats omruil vir ’n aand van ievolle pret. Jors en Sue-Marié het haar só beluister en Sue-Marié sê toe dadelik sy dink dit gaan baie lekker wees as hulle ook so iets kan doen. Hulle besluit toe om die naweek daarop Badplaas toe te gaan om dit te gaan uitprobeer. Die hele week het hulle hul met groot afwagting voorberei vir hierdie geleentheid. Die Vrydagmiddag spring hulle toe in die kar en jaag deur Badplaas
toe, waar hulle onmiddellik in hul nuwe groeperings verdeel en die res van die dag in hul kamers deurbring. Die volgende oggend lê Klaas in die bed en rook ’n sigaret. Hy strek hom luilekker uit en vra: “Dink jy die ander twee het die aand se seks ook net so wonderlik gevind soos ek en jy, Jors?”
’n Seuntjie vra vir sy ma: “As binne-egtelike kinders deur die ooievaar gebring word, waar kom buite-egtelike kinders vandaan, Ma?” “Rondlopervoëls!”
Twee laerskoolonderwyseresse besluit om die graad 3’s, 4’s en 5’s ’n bietjie meer van die lewe te leer en hulle na die plaaslike wedrenbaan toe te neem sodat hulle kan sien hoe opreg geteelde perde lyk. Nadat hulle ’n ruk by die baan vertoef het, word dit tyd vir die kinders om ook die kleedkamers te besoek. Die twee onderwyseresse besluit dat een saam met die dogtertjies sou gaan en die ander een saam met die seuntjies. Die juffrou wat saam met die seuntjies is, wag buite die kleedkamer totdat een van die seuntjies uitgehardloop kom en vir haar sê dat nie een van hulle by die piepieplek kan bykom nie. Sy besef dat sy geen ander keuse het as om in te gaan en die seuntjies te help nie. Sy het hulle daarop een vir een begin optel en vir hulle gewys hoe om die kol te tref. Terwyl sy hulle so een vir een optel en help, kon sy nie help om te merk dat een van hulle besonder goed bedeeld is nie. Sy probeer maak asof dit niks is nie en sê heel nonchalant: “Jy moet seker in graad 5 wees.” “Nee, juffrou,” kom die antwoord, “ek is die jokkie wat vanmiddag op Golden Arrow in die sewende wedren ry.”
’n Baie ryk boer sterf en laat sy toegewyde vrou alles erf. Sy is ’n baie aantreklike vrou, effens hardkoppig, wat besluit het om die plaas te behou. Omdat sy baie min van boerdery af weet, besluit sy om ’n advertensie in die plaaslike koerant te plaas vir ’n plaasvoorman. Twee mans doen aansoek vir die werk. Die een is gay en die ander een ’n alkoholis. Dit neem haar nie lank om te besluit wat sy moet doen nie. Sy besluit dadelik om die gay man te huur, aangesien dit nie ongemaklike oomblikke sal veroorsaak as hulle soms alleen in die huis is nie. Sy kom gou agter dat sy die regte keuse gemaak het, omdat hy ’n baie harde werker is wat daagliks baie ure insit en boonop al die teoretiese kennis het vir boerdery. Ná baie maande van harde werk, toe dit duidelik is dat die plaas goed op dreef is, sê die weduwee op ’n dag aan die voorman: “Jy het werklik ’n goeie joppie gedoen en die plaas lyk fantasties. Jy moet ’n slag ingaan dorp toe en dinge ’n bietjie gaan geniet.” Die voorman stem saam. Hy sal die eerste die beste Saterdag dorp toe gaan. So gesê, so gedaan. Teen eenuur die nag is hy nog nie terug nie. Twee-uur kom en gaan en hy is nog nie tuis nie. Omstreeks drie-uur kom hy terug. Toe hy by die voordeur instap, vind hy die weduwee by die kaggel met ’n glas wyn in die hand vir hom sit en wag. Sy wink hom nader. “Maak los my bloes en trek dit uit,” sê sy. Hy maak so. “Trek nou my skoene uit.” Met bewende hande doen hy soos sy sê. Gehoorsaam. “Trek nou my sokkies uit.” Weer doen hy wat van hom verwag word. “Trek nou my romp uit.”
Hy het stadig die knope losgemaak, terwyl hy haar oë in die lig van die kaggel sien skitter. “Haal nou my bra af.” Sy hande het gebewe terwyl hy doen wat sy hom aansê om te doen. “En nou,” sê sy met ’n glimlaggie, “trek jy my tanga uit.” Terwyl hy die kaggel se flonkerende lig in haar hare sien dans, wag hy geduldig om te hoor wat nog van hom verwag word. Die weduwee kyk hom diep in die oë en sê: “As jy óóit weer my klere dra wanneer jy op ’n Saterdagaand gaan kattemaai in die dorp, steek ek jou op die plek in die pad.”
’n Pa het by sy dogter se slaapkamer ingestap en ’n brief op die bed sien lê. Met ’n aaklige voorgevoel wat sy maag op ’n knop laat trek, het hy dit oopgemaak en begin lees: Liewe Ma en Pa Dis met groot hartseer en verdriet dat ek vir julle moet sê dat ek nou met my nuwe kêrel wegloop. Ek het ware liefde gevind en hy is ’n fantastiese ou. Ek is veral versot op al die tatoeëermerke en die oog- en oorringetjies wat hy dra. En sy motorfiets is die heel grootste en vinnigste – ’n mens voel absoluut in die sewende hemel as jy daarop in die pad af jaag. Maar dis nie al nie. Ek is swanger en Ahmed sê dat ons baie gelukkig sal wees in sy nuwe karavaan in die karavaanpark. Hy wil nog baie kinders hê en dit is ook een van m´y drome. Hy het vir my geleer dat dagga ’n mens glad nie so sleg tref soos alkohol nie en ons sal daarvan in ons tuin plant vir ons en ons vriende. Hulle is die mense wat ons voorsien van al die kokaïen en ecstacy wat ons ooit nodig sal hê. Intussen sal ons bid dat die wetenskaplikes ’n middel teen VIGS ontwikkel sodat Ahmed ook ’n slaggie beter kan voel. Hy verdien dit werklik.
Moenie bekommerd wees oor geld nie. Ahmed het gereël dat ek kan optree in die rolprente wat hy en sy vriend Leroy in Leroy se kelder maak. Skynbaar kan ek tot vyfhonderd rand vir ’n toneel verdien. Ek kry ook ’n bonus van vyfhonderd rand as daar meer as drie mans in ’n toneel saam met my optree en ’n ekstra honderd rand as daar dalk ’n perd in die omtrek is. Moenie bekommerd wees nie, Mammie. Ek is al vyftien, en ek weet hoe om na myself om te sien. Eendag sal ek by jou en Pappie kom kuier sodat julle jul kleinkinders kan ontmoet. Jul liefhebbende dogter Kay-Leigh Ns. Pa, niks hiervan is waar nie. Ek kyk televisie by die bure. Ek wou net vir julle wys dat daar erger dinge in die lewe is as ’n dogter wat televisie kyk en laat inkom.
’n Towenaar werk op ’n groot asierskip in die Karibiese See. Sy gehore verander weekliks en daarom kan die towenaar sonder groot probleme oor en oor dieselfde toorkunsies herhaal. Daar is net een probleem: die kaptein se wyfiepapegaai kyk elke week saam na al die vertonings en begin verstaan hoe die towenaar elke toertjie doen. Namate sy dit alles begin verstaan, begin sy om by elke vertoning die oplossings aan die gehoor te skree: “Kyk, dit is nie dieselfde hoed nie!” “Kyk, hy steek die blomme onder die tafel weg!” “Hoekom is al die kaarte die koning van harte?” Die towenaar is woedend, maar hy kan daar niks aan doen nie. Dit ís immers die kaptein se papegaai. Op ’n dag tref die skip ’n klomp rotse en sink. Die towenaar bevind hom in die middel van die oseaan en dryf op ’n stuk hout saam met die papegaai. Hulle staar mekaar woedend en met onverbloemde haat aan, maar sê nie ’n woord nie. So gaan dit aan, dag na dag na dag.
Ná ’n week skud die papegaai sy vere reg en sê: “Oukei, ek gee op. Waar’s die boot?”
Joris is aangestel by ’n nuwe rekenaarmaatskappy en nadat hy ’n paar weke daar was en die ander werknemers gesien het dat hy ’n taamlike gawe man was, nooi hulle hom om een Saterdagmiddag saam met hulle te gaan gholf speel. Joris het gevra hoe laat, en gesê dat hy moontlik nie tienuur op die kop daar sou kon wees nie, maar omtrent ses minute laat. Saterdagoggend kom en Joris is stiptelik tienuur daar. Hy speel regs en wen. Die volgende Saterdag nooi hulle hom weer uit vir gholf. Weer sê Joris dat hy miskien ses minute laat sal wees, maar weer is hy heeltemal betyds, maar hierdie keer speel hy links en wen weer die dag se spel. So hou dit vir ’n hele paar weke aan met Joris wat telkens sê dat hy heel moontlik ses minute laat sal wees, maar dan tog betyds is en wen – of hy nou links of regs speel. Dit maak nie saak nie. Hulle het begin moeg word hiervoor en besluit om hom te vra wat aan die gang is. By die 18de putjie vra hulle toe ook vir hom: “Joris, elke Saterdag sê jy jy sal miskien ses minute laat wees, maar jy is nooit laat nie. Dan kom jy en jy speel óf links óf regs, maar jy wen altyd. Hoe kry jy dit reg?” “O, ek is eintlik ’n baie bygelowige mens. Elke Saterdag, wanneer ek wakker word, kyk ek na my vrou. As sy op haar linkersy slaap, dan speel ek die dag links. As sy op haar regtersy slaap, dan speel ek regs.” “Wel, dit is te verstane, sê een van die manne. “Maar wat gebeur as sy op haar rug lê.” Seg Joris: “Dis dan wanneer ek ses minute laat is.” Hierdie storie klink te na aan die waarheid om aangebied te word as fiksie – benader dit dus met piëteit.
Ná sewentien jaar van ’n gelukkige huwelik, het ’n man sy vrou gelos en hom in die arms van sy jong sekretaresse gewerp. Die nuwe jong dame het dadelik daarop aangedring om in haar minnaar se multimiljoenrand-paleis te gaan woon. Omdat die man se prokureurs beter was as dié van sy vrou, het hy dit reggekry om die saak te wen. Sy eksvrou is drie dae gegee om uit te trek sodat die jong bokkie kon intrek. Sy vrou het die eerste dag gebruik om al haar besittings in bokse, kratte en tasse te pak. Die maatskappy wat die trek sou behartig, het op die tweede dag gekom en alles versamel en ingepak. Op die derde dag het sy vir ’n laaste maal by die pragtige, groot etenstafel aangesit by die lig van ’n enkele kers. Sy het sagte musiek op die agtergrond aan die gang gekry en ’n feesmaal geëet van garnale, kaviaar en ’n bottel van die beste Chardonnay. Toe sy klaar was daarmee het sy na elke kamer gegaan en van die garnaaldoppe, gedoop in ’n bietjie kaviaar, in die hol buise van die gordynpale gedruk. Sy het toe die kombuis skoongemaak en die huis finaal verlaat. Toe die nuwe nooientjie die huis betrek, saam met die man, het dit vir die eerste paar dae fantasties gegaan. Toe, stadigaan, het die huis begin ruik. Hulle het alles probeer: skoongemaak, die plek behoorlik laat behandel deur ’n maatskappy wat gif kom spuit en vir sulke dinge verantwoordelik is. Al die lugversorgingsapparaat is vervang en al die matte is skoongemaak of deur nuwes vervang. Oral in die huis het die jong bokkie lugsuiweraars neergesit, lugverfrissers het oral gehang en die huis het soms geruik asof tien verskillende lentes dit tegelyk getref het – tot die walglike, allesoorheersende reuk van verrottende vis weer die lentes begin verdryf het. Kundiges is ingeroep om die huis weer met gas te behandel, sodat die egpaartjie weer ’n paar dae lank in ’n hotel moes gaan bly en aldus hul tweede wittebrood kon geniet. Maar toe hulle terugkom, selfs met al die nuwe matte in plek, het die reuk van verrottende vis steeds hul neuse bereik. Hul vriende – die paar wat hulle nog oorgehad het – het opgehou om by hulle te kom kuier.
Die maatskappy wat huise met gas behandel, het geweier om weer daar ’n draai te maak. Die bediendes het hul werk bedank. Uiteindelik, toe hulle net nie langer met die stank kon saamleef nie, het hulle besluit om te trek. ’n Maand later, selfs al het hulle besluit om die helfte minder te aanvaar as wat die huis werd was, kon hulle steeds nie ’n koper vir die huis kry nie. Soos dit maar gaan, het die storie begin loop. Daar was nie ’n enkele eiendomsagent wat bereid was om hierdie huis op hul boeke te hê nie. Uiteindelik moes hulle baie geld by die bank gaan leen om ’n nuwe huis te koop. Net toe het die man se voormalige vrou gebel om te vra hoe dinge gaan. Hy het haar die sage van die verrottende huis vertel. Sy het rustig geluister, en toe hy klaar was met sy treurmare, het sy gesê dat sy haar ou huis verskriklik mis en bereid sou wees om hul egskeidingskikking te wysig in ruil daarvoor dat sy die huis terugkry. Omdat hy geweet het dat sy eks geen idee gehad het hoe sleg die huis ruik nie, het hy op die plek ingestem en hulle het ooreengekom dat sy die huis kon koop vir ’n tiende van wat dit werd was – maar slegs indien sy nog die volgende dag die papierwerk afgehandel sou kon kry. Sy het ingestem en binne ’n uur het haar prokureurs die papierwerk by hom afgelewer. ’n Week later het die man en sy nuwe jong bokkie met ’n groot glimlag gestaan en kyk hoe al hul besittings opgepak en na hul nuwe huis geneem word. Insluitende die pale waaraan die gordyne opgehang word … Op ’n dag is ’n baie ryk prokureur (’n man natuurlik) in ’n voorstad op pad na sy huis toe hy twee mans langs die pad sien, besig om ’n hopie gras wat pas gesny is, te eet. Die gesig ontstel hom geweldig, en hy beveel sy motorbestuurder om onmiddellik te stop. Hy klim uit om te gaan ondersoek instel en vra die twee hoekom hulle dan gras eet.
“Ons het geen geld vir kos nie,” antwoord een van die armes. “Kom saam met my na my huis toe,” het die prokureur gesê. “Meneer,” het die een man huiwerig geantwoord, “ek het ’n vrou en twee kinders saam met my.” Die prokureur het hulle eenkant sien staan. “Bring hulle saam,” het hy geantwoord en na die tweede man gedraai. “Jy kan ook saamkom.” Die man het in trane uitgebars en gesê: “Meneer, ek is nie seker of jy dit wil hoor nie, maar ek het ’n vrou en ses kinders saam met my.” Die prokureur het hulle ’n entjie verder op die sypaadjie sien sit en met ’n ruim swaai van sy arm gesê: “Kom saam, kom saam.” Almal het nader gestaan en in die groot limousine geklim. Dit was moeilik om hulle almal agterin te kry al was die kar hóé groot. Maar toe hulle eers onderweg is, het een van die arm mans na die prokureur gedraai en gesê: “Meneer, u is werklik te dierbaar vir ons. Baie dankie dat u u oor ons almal ontferm.” Prokureur: “Dis ’n groot plesier, my maat. Julle sal van my plek hou. Die gras daar is omtrent ’n meter hoog.”
Dirkiesdorp het nie te lank gelede nie besluit om die dominee, ’n baie gawe, innemende man, te vereer vir die 25 jaar wat hy in daardie gemeente in die bediening gestaan het. ’n Plaaslike politikus, wat ook een van die ouderlinge was, is gekies om die verwelkomingstoespraak te hou by ’n groot dinee. Ongelukkig het hy vasgeval in die verkeer van Wakkerstroom se kant af, en moes die dominee maar self ’n paar woorde spreek terwyl hulle wag. “Liewe vriende,” het hy begin, “dit is so dat ’n dominee in ’n unieke verhouding
tot sy gemeente staan. Hy hoor baie dinge, sien baie dinge, en nooit mag hy die vertroue wat enige van sy gemeentelede in hom stel, verbreek nie. Alle geheime moet hy bewaar. My eerste indrukke van hierdie gemeente was nogal sleg. Ek wil nou nie te veel op feite ingaan nie, maar toe ek hier aangekom het, het ek aanvanklik gedink dit is ’n baie goor gemeente. “Die eerste gemeentelid wat in vertroue met my kom gesels het, het aan my vertel dat hy ’n televisiestel gesteel het, en toe die polisie hom voorkeer, het hy amper die arme geregsdienaar vermoor, so het hy hom te lyf gegaan. Om sake te vererger het hy ook geld by sy ouers gesteel, geld by sy werk verduister en ’n verhouding met sy werkgewer se vrou gehad. Hy het ook in sy vrye tyd geëksperimenteer met allerlei dwelms en ’n geslagsiekte aan sy suster oorgedra.” Die gemeente was tjoepstil geskok. “Ek was, soos julle sal kan verstaan, totaal uit die veld geslaan. Maar soos die dae verbygegaan het, het ek geleer dat nie al die mense so is nie, trouens, ek het geleer dat dit die uitsondering is en dat hierdie ’n gemeente is vol begrip en liewe mense.” Hy het kwalik hierdie woorde gesê toe die politikus uiteindelik arriveer en apologie aanteken dat hy laat is. Hy het onmiddellik begin met die verwelkomingstoesprakie wat hy moes maak. “Ek sal nooit die eerste dag vergeet wat dominee hier begin het nie. Trouens, ek was die heel eerste persoon wat na hom toe kon gaan met ’n probleem, hoofsaaklik te make met ’n televisiestel van alle dinge, maar so is dit mos nou maar hoe dit in die ou lewe gaan, nie waar nie?”
Klein Jannie kom op ’n dag by die klas aan met ’n yslike blouoog. Sy juffrou wil by hom weet wat gebeur het. Jannie verduidelik: Hulle bly in ’n baie klein huisie en hy en sy pa en ma slaap in een bed. Elke aand vra sy pa vir hom: “Jannie, slaap jy al?” Wanneer Jannie sê: “Nee, Pa,” dan slaan die pa hom en gee hom ’n blouoog. Die juffrou is baie ontsteld hieroor en sê vir Jannie: “Wanneer jou pa weer vir
jou vra of jy slaap, dan bly jy net tjoepstil.” Die volgende dag het Jannie geen blouoog nie, en hy bevestig dat hy stilgebly het toe sy pa met hom praat. Maar die dag daarna het Jannie weer ’n blouoog en die juffrou vra hom hoekom hy nie stilgebly het nie. Hy vertel haar toe: “Pa het gevra, en toe bly ek tjoepstil. Pa en ma het toe gewoel in die bed en toe vra my pa vir my ma: ‘Kom jy?’ toe antwoord my ma: ‘Ja, jy ook?’ en my pa sê ja, hy ook. “Toe sê ek hulle moet vir my wag, ek moet net gou my slippertjies gaan aantrek.”
’n Gedistingeerde ou man stap laat een Vrydagmiddag by ’n juwelierswinkel in. Aan sy sy is ’n pragtige jong vrou. “Ek wil ’n baie spesiale ring vir my vriendin hê,” sê die man aan die juwelier. Die juwelier gaan deur sy voorraad en kom uiteindelik te voorskyn met ’n ring wat R50 000 kos. “Ek dink nie jy verstaan nie,” sê die waardige oubaas. “Ek wil iets werklik unieks hê.” Die juwelier krap toe verder in sy spesiale voorraad in die kluis en produseer ’n ongelooflike mooi ring wat R400 000 kos. Die meisie se oë glinster, en die oubaas sê hy sal dit neem. “Hoe gaan u betaal, meneer?” vra die juwelier. “O, ek sal per tjek betaal. Maar ek weet dat die bank eers sal wil seker maak dat alles in orde is, so ek sal die tjek nou skryf en jy kan die bank dan môre bel. Ek sal Maandag inkom om die ring te kom haal.”
Maandagoggend bel ’n woedende juwelier die oubaas. “Jou skarminkel!” skree hy, “jy’t vir my gelieg! Daar is geen geld in daardie rekening nie!” “Ek weet,” giggel die oubaas, “maar kan jy dink wat ’n wonderlike naweek ek gehad het met daardie popsie?”
’n Vrou was by die haarkapper besig om haar hare gereed te kry vir ’n reis – na Rome saam met haar mansvriend. Sy vertel aan die haarkapper hoe opgewonde sy daaroor is. Die haarkapper antwoord met ’n frons: “Rome? Hoekom wil enigiemand soontoe gaan? Dit is oorvol mense en die plek is vuil en stinkend. Jy is mal om Rome toe te wil gaan. Hoe gaan julle daar kom?” “Ons vlieg met die plaaslike lugdiens,” antwoord die vrou. “Ons het ’n wonderlike tarief gekry!” “Vaderland!” het die haarkapper uitgeroep. “Dit is ’n verskriklike lugdiens daai. Hul vliegtuie is oud; hul lugwaardinne is lelik en hulle is altyd laat. En waar gaan julle in Rome bly?” “O, ons het by vriende van ’n wonderlike plekkie gehoor. Dis langs die Tiberrivier en heet die Hotel Teste.” “Moet niks verder sê nie!” roep die haarkapper uit. “Ek ken daardie plek. Almal wat soontoe gaan, dink dit gaan iets spesiaals en eksklusiefs wees, maar dit is eintlik maar ’n hool, die goorste hotel in die stad! Die kamers is klein en die personeel is ’n klomp suurgatte en die tarief wat jy gaan moet betaal, is hemelhoog en belaglik. En in elk geval, wat gaan julle doen as julle nou eers daar is?” “O, my kêrel is Katoliek – ons gaan na die Vatikaanstad en hy hoop om die Pous te kan sien.”
“Wat ’n grap,” lag die haarkapper. “Hy en ’n miljoen ander mense wat almal probeer om die Pous te sien. Hy sal so klein soos ’n mier lyk doer in die verte. Liewe land, jy gaan baie geluk nodig hê met hierdie verskriklike reis wat op jou wag. Jy gaan simpatie nodig hê.” ’n Maand later kom die vrou terug vir nog ’n haarafspraak. Die haarkapper vra haar uit oor die reis na Rome. “O, dit was wonderlik,” sê sy. “Ons was heeltemal betyds op een van die redery se splinternuwe vliegtuie, maar daar was te veel mense op die vliegtuig bespreek toe het hulle ons opgegradeer na eerste klas. Die kos en wyn was uit die boonste rakke en ek het ’n wonderlike, beeldskone hunk van ’n man gehad, sekerlik nie ’n dag ouer as 25 nie, wat my die hele tyd bedien het. En die hotel was fantasties. Hulle het pas ’n restourasie van vyfmiljoen dollar agter die rug. En dis werklik ’n juweel in daardie wonderlike stad! Daar was ook ’n probleem met ons bespreking, maar hulle het ons om verskoning gevra en vir ons die eienaar se suite gegee sonder enige bybetaling!” “Goeiste,” mompel die haarkapper. “Dis alles goed en wel, maar julle het seer sekerlik nie die Pous te siene kon kry nie.” “Wel, eintlik was ons baie gelukkig. Terwyl ons nog so na die Vatikaanstad aangestap kom, het een van die Switserse wagte my op die skouer getik en verduidelik dat die Pous altyd daarvan hou om een of twee van die mense wat kom, persoonlik te ontmoet en gevra of ek en my vriend so gaaf sou wees om na sy privaat sitkamer te kom. Die Pous sou ons graag wou ontmoet. En wraggies, vyf minute later het die Pous ons albei se hande geskud. Hy het selfs ’n paar woorde met my gewissel, wat nie eens ’n Katoliek is nie!” “O, werklik? En wat het hy gesê?” vra die haarkapper. “Hy het gesê: ‘En waar het jy daardie vreesaanjaende haardos gekry? Jy moet jou haarkapper in die pad steek!’”
Dis nie altyd wys om jou ore uit te leen aan skinderstories nie, maar soms sal dit jou betaam om tog maar kennis te neem daarvan. In antieke Griekeland (469 – 499 v.C.) was Socrates wyd en syd bekend vir sy groot wysheid.
Op ’n dag het dié beroemde filosoof ’n ou vriend van hom raakgeloop wat heel opgewonde vir hom sê: “Socrates, weet jy wat ek pas by een van jou studente gehoor het?” “Wag net ’n oomblik,” het Socrates gesê. “Voordat jy enigiets sê, moet jy eers ’n klein toets slaag. Ek noem dit die Trippelfilter-toets.” “Trippelfilter?” het die kennis gevra. “Dis reg,” het Socrates geantwoord. “Voordat jy met my praat oor my student moet ons net ’n oomblik wag en filter wat jy vir my wil sê. Die eerste filter is die Waarheid. Is jy heeltemal seker dat dit wat jy vir my wil sê heeltemal die waarheid is?” “Nee. Dis maar eintlik net iets wat ek gehoor het.” “Goed,” sê Socrates. “So, jy weet nie rêrig of dit waar is of nie? Wel, kom ons probeer nou die tweede filter. Kom ons noem dit die filter van Goedheid. Is dit wat jy vir my wil vertel van my student iets goeds?” “Nee, inteendeel.” “So,” het Socrates voortgegaan, “jy wil my iets vertel wat sleg is van hom? Selfs al weet jy nie of dit waar is of nie?” Die man het ’n bietjie verleë sy skouers opgehaal en Socrates het voortgegaan. “Nou goed, dan is daar nog die derde filter wat jy kan probeer – dalk slaag jy dié een. Die filter van Nuttigheid. Is dít wat jy my wil vertel nuttig, met ander woorde het dit werklik enige nut vir my?” “Nee, nie eintlik nie.” “Wel,” het Socrates afgelei, “as dit wat jy my wil vertel nie waar is nie, geensins goed is nie en ook nie nuttig is nie, hoekom wil jy dit dan vir my vertel?” Sy vriend was beskaamd en het die aftog geblaas. En dit is die rede hoekom Socrates ’n groot filosoof was en deur almal hoog geag is.
Dit verduidelik ook hoekom Socrates nooit uitgevind het dat Plato besig was om by sy vrou te slaap nie.
Op ’n klein plattelandse dorpie is die plaaslike dokter op ’n dag besig om een van die boere in die omgewing se gebreekte been in gips te plaas. Hy wou by die boer weet hoe dit dan gebeur het. “Wel, dokter, vyf en twintig jaar gelede …” “Vergeet nou van die verlede. Vertel net vir my hoe jy vanoggend jou been gebreek het.” “Soos ek sê vyf en twintig jaar gelede pas nadat ek op my plaas aangekom het, het die boer vir wie ek gewerk het se pragtige dogter na my kamer gekom. Sy het gevra of daar enigiets is wat sy vir my kon doen. Ek het gesê: ‘nee, alles is in orde.’ “‘Is jy seker?’ het sy gevra. “‘Ek is absoluut seker,’ het ek geantwoord. “‘Is daar niks spesiaal wat ek vir jou kan doen nie?’ wou sy weer ’n keer weet en ek het weer geantwoord: ‘nee.’” “Jammer, man,” sê die dokter, “maar nou verloor jy my. Wat op aarde het hierdie storie van jou met jou been te doen?” “Wel, vanoggend toe ek besig is om op die dak te werk, het ek skielik verstaan wat sy destyds bedoel het en toe het ek so groot geskrik dat ek van die dak af geval het!” ’n Vrou wou haar huis laat verf. Sy laat kom ’n kontrakteur om vir hom te verduidelik wat sy wil hê. Toe die kontrakteur uiteindelik by haar opdaag, stap hulle deur die huis en vra hy haar watter kleure sy in gedagte het. In die sitkamer wil sy ’n mooi, lekker, warm kleur hê.
Die kontrakteur skryf iets in sy notaboek, stap na die venster toe en skreeu: “Groen kant bo!” Die vrou is ’n bietjie verbaas daaroor, maar besluit om niks te sê nie. Hulle stap eetkamer toe, waar sy vir hom sê dat sy daar graag ’n warm wit kleur wil hê. Niks sombers nie. Weer eens skryf die kontrakteur iets in sy notaboek, stap na die venster toe en skreeu na buite: “Groen kant bo!” Steeds sê die vrou niks. In haar slaapkamer sê sy dat sy hier ’n koel, ontspannende blou kleur wil hê. Weer eens skryf die kontrakteur iets in sy notaboek, stap na die venster toe en skreeu na buite: “Groen kant bo!” Die vrou is nou heeltemal verward en vra aan die kontrakteur: “Drie keer het ek nou vir jou gesê watter kleure ek wil hê en elke keer skryf jy dit in jou notaboek neer, stap dan na die venster toe en skreeu: ‘Groen kant bo!’ Wat gaan aan?” Die kontrakteur: “Ek het ’n spannetjie blondines op die erf hier langsaan besig om ’n grasperk te lê.”
’n Jonggetroude paartjie moet verhuis nadat die man verplaas is. Op hul nuwe dorp besluit hulle dat hulle by die plaaslike kerk gaan aansluit, ofskoon dit nie dieselfde kerkgenootskap is waaraan hulle tot dusver behoort het nie. Die dominee kom daarvan te hore en sê: “Ons het spesiale verwagtinge vir nuwe lede. Julle sal vir die volgende twee weke geen seks mag hê nie.” Die paartjie het gedink dit is ’n vreemde versoek, maar besluit toe dat hulle tog wil inskakel by die plaaslike gemeenskap en onderneem toe om vir twee weke lank kuis te bly. Ná twee weke is die paartjie terug en die dominee vra of hulle toe daarin geslaag het om twee weke lank geen seks te hê nie.
“Dominee, ek is bevrees ons kon nie twee weke uithou nie,” het die jong man geantwoord. “Wat het gebeur?” vra die dominee. “My vrou moes op ’n dag op haar tone staan om ’n blikkie mielies van die boonste rak af te haal. Sy het dit per ongeluk laat val, en toe sy voor my buk, was die versoeking net een te veel vir my. Ek het haar nader getrek en op die plek het ons die kuisheidsreël oortree.” “Julle verstaan natuurlik dat julle nie welkom sal wees in ons kerk nie,” het die dominee gesê. “Nee, dis goed so, dominee,” het die man geantwoord. “Ons is ook nie baie welkom in die plaaslike supermark nie.”
Sonder enige vooraf waarskuwing en heeltemal uit die bloute, kom ’n man een middag ná werk by die huis en sê vir sy vrou: “Skattie, ek het ’n vriend oorgenooi vir aandete.” Sy vrou is dadelik woedend: “Wat!? Is jy mal? Die huis is ’n varkhok. Ek het nog nie kans gehad om inkopies te doen vir kos nie. Al die borde is vuil, en ek voel glad nie lus om vanaand kos te maak nie!” Haar man antwoord: “Nee, ek weet dit alles.” “Maar vir wat op aarde nooi jy dan ’n vriend vir aandete?” “Omdat die arme dwaas daaraan dink om getroud te raak.”
’n Man het drie vriendinne gehad, maar hy kon nie besluit met watter een van die drie hy moes trou nie. Hy besluit toe om aan elkeen R50 000 te gee en te kyk wat hulle daarmee uitrig. Die eerste een het met ’n deel van die geld plastiese chirurgie aan haar gesig laat doen, en met die geld wat oor was, het sy vir haar ’n nuwe haarstyl laat knip. Sy
het haar naels laat doen en op ’n wonderlike nuwe wetenskaplike dieet gegaan. Toe hy haar vra hoekom sy dit alles laat doen het, antwoord sy: “Ek het die geld spandeer omdat ek graag mooi vir jou wil lyk, omdat ek jou so liefhet.” Die tweede vrou het ’n stel gholfstokke,’n CD-speler, ’n televisiestel, ’n DVDspeler en ’n nuwe skootrekenaar vir die man gekoop. Haar verduideliking: “Ek het hierdie geskenke vir jou gekoop omdat ek jou so liefhet.” Die derde een het die geld gevat en dit in aandele belê. Sy het binne ’n week die geld verdubbel en dit alles omskep in kapitaal wat sy toe aan die man teruggegee het. Sy sê: “Met jou toestemming sal ek die oorspronklike R50 000 weer belê in ons toekoms omdat ek jou so liefhet, maar intussen kan jy die winste van die eerste R50 000 se belegging vir jou neem.” Die man het lank en hard nagedink oor die maniere waarop die vroue die geld bestee het en wat dit vir ’n moontlike huwelik met een van hulle sou kon beteken. Uiteindelik, omdat hy ’n man is, het hy besluit om met die een met die grootste borste te trou.
’n Man stap by sy tandarts in en vra hoeveel dit sal kos om sy verstandtande uit te trek. Altesame R2 000 per tand,” sê die tandarts. “Maar dit is belaglik!” roep die man uit. “Is daar nie ’n goedkoper manier nie.” “Natuurlik is daar,” antwoord die tandarts. “As ek nie verdowing gebruik nie, kan ek dit vir jou doen vir so min as R1 000 per tand.” “Dit is nog steeds te duur,” antwoord die man. “Nou goed dan,” antwoord die tandarts. “As ek nie verdowing gee nie en die tande met ’n knyptang uithaal, dan sal ek jou net R250 per tand vra.” “Ag nee, man,” kla die man. “Dis nog steeds te duur.” Die tandarts krap kop. “As ek een van my studente vra om dit te doen net vir die ondervinding, dink ek ek sal dit kan doen vir R50 per tand.”
“Fantasties!” roep die man uit. “Maak solank ’n afspraak vir my vrou vir volgende Dinsdag!”
Murphy se ander wette
Almal het ’n fotografiese geheue, party mense het net nie film nie. Hy wat laaste lag, dink die stadigste. ’n Dag sonder sonskyn is soos, wel, die nag. Verandering is onvermydelik, behalwe by jou OTM. Jy het die reg om stil te bly. Enigiets wat jy sê, sal verkeerd aangehaal en teen jou gebruik word. Dit is moeilik om te verstaan hoe ’n begraafplaas hul tariewe opwaarts kan aanpas en dan verduidelik dat dit te make het met die hoë lewenskoste. Onthou die 50/50/90-wet: Elke keer wanneer daar ’n vyftig-vyftig kans is dat jy dit gaan regkry, is daar ’n negentig persent waarskynlikheid dat jy dit verkeerd gaan ry. Weet verseker dat as jy al die motors in die wêreld buffer teen buffer agtermekaar plaas, sal daar iemand onnosel genoeg wees wat gaan probeer om by hulle verby te ry. Ek het met niks begin nie en ek het nog steeds die meeste daarvan.
’n Blinde man stap per abuis by ’n kroeg in waar die klandisie hoofsaaklik vrouens is. Hy gaan sit op ’n stoel by die kroegtoonbank en bestel ’n drankie. Nadat hy ’n ruk daar gesit het, skree hy aan die kroegvrou: “Haai, wil jy ’n grap hoor oor ’n dom blondine?”
Dit word dadelik baie stil in die kroeg. In ’n diep, heserige stem, sê die vrou langs hom: “Voordat jy daardie grap vertel, meneer, dink ek dit is net billik, siende dat jy blind is, dat jy vyf dinge weet: Die kroegvrou is ’n blondine; haar uitsmyter is ’n blonde vrou; die vrou wat langs my sit, is ’n blondine en ’n professionele bokser; die vrou aan jou linkerhand is ook ’n blondine en sy is ’n professionele stoeier; ek self is 1,9 meter, weeg 110 kg en is ’n blondine met ’n doktorsgraad en ’n swart belt in karate en ek het ’n baie kort humeur. “Dink nou baie goed daaroor na meneer, en sê vir my: Wil jy nog steeds daardie grap vertel?” Die blinde man dink ’n paar sekondes lank na; skud sy kop toe en sê: “Nee, ek dink nie ek sal nie, want dan moet ek dit vyf keer verduidelik.”
Janneman vind uit dat wanneer sy sieklike wewenaarpa sterf, hy baie, baie ryk gaan erf. Janneman besluit dat hy ’n vrou nodig het om al die geld saam met hom te geniet. Een aand gaan hy dus na ’n kroeg waar alleenlopers mekaar ontmoet. Ook nie lank nie of hy sien ’n pragtige vrou raak, iemand met die soort natuurlike skoonheid wat mens net een maal in jou lewe aantref. “Ek mag miskien soos ’n doodgewone man lyk,” sê hy toe hy nader stap en hom aan haar bekend stel, “maar oor ’n week of twee sal my pa sterf en dan sal ek twintig miljoen rand erf.” Die vrou gaan daardie aand saam met Janneman huis toe. Die volgende dag word sy sy stiefma! Mans leer nooit nie.
Twee vriende speel eendag gholf. Voor hulle is daar twee vroue wat hul tyd gebruik om hul balle op te stel en af te slaan. Hulle vertraag die twee mans se flinke gang oor die gholfbaan. Die een sê toe vir sy vriend: “Ek stap gou-gou oor om daardie twee dames te vra of ons kan deurspeel.” Hy voeg dadelik die daad by die woord en begin stap, maar halfpad soontoe steek hy vas en kom terug. By sy vriend aangekom, vra dié wat verkeerd is. Hy antwoord: “Een van daardie twee vroue is m´y vrou, en die ander een my minnares. Hoekom stap jy nie oor na hulle toe nie en vra hulle?” Sy vriend stap toe dadelik na die vroue toe, maar ook h´y steek halfpad vas en kom ewe vinnig terug. “Wat het gebeur?” “Sjoe, dit is maar ’n klein wêreld dié …”
’n Redelik bejaarde man van Kaapstad stap by ’n motorhandelaar in en kry vir hom ’n pragtige, nuwe, luukse Duitse sportmotor. Hy koop dit kontant. Op sy eerste rit is hy op die N1 op pad Paarl toe. Hy sit voet in die hoek en spoedig is hy besig om ’n gawe 180 km/h te ry en soos ’n wafferse Jeremy Clarkson te voel. Hy glimlag baie breed. Die wind laat die bietjie hare wat hy nog oor het in die lug wapper, en hy geniet elke oomblik daarvan terdeë. Skielik sien hy die flitsende ligte van ’n verkeerskonstabel agter hom. Nie te lank nie of hy hoor ook die sirene kerm. Dink die ou spoedvraat by homself: “Ek kan van hom af wegkom, geen probleem nie.” Hy skop sy regtervoet styf soos hy die pedaal neersit en nie lank nie of hy is by 200 km/h verby.
Maar dan begin sy verstand weer werk. Dit kom by hom op dat hy besig is om soos ’n klein seuntjie te reageer. Hy verminder dadelik spoed, trek van die pad af en wag vir die verkeerskonstabel om hom in te haal. Die verkeerskonstabel kom na hom toe aangestap, leun teen die kar, kyk hom in die oë en sê. “Meneer, my skof het al ’n halfuur gelede geëindig. Vandag is Vrydag, die begin van ’n langnaweek. As jy vir my een goeie rede kan gee hoekom jy so gejaag het en dis ’n rede wat ek nog nooit vantevore gehoor het nie, sal ek jou laat gaan sonder ’n boete.” Die bejaarde Kapenaar kyk die konstabel verontskuldigend aan en sê: “Jare gelede het my vrou met ’n polisieman weggeloop. Ek het gedog jy wil haar vir my terugbring.” “Dankie, meneer,” sê die verkeerskonstabel. “Jy kan maar gaan.”
’n Man se vrou moes hom vyfuur in die oggend wakker maak sodat hy hom na die lughawe kon haas vir ’n sakevlug. Die twee het egter die vorige aand stry gehad en hy wou nie die een wees wat bes gee nie. Voordat hy gaan slaap, skryf hy toe op ’n stukkie papier, Maak my asseblief vyfuur wakker. Hy los die papier op haar kopkussing, waar hy seker is sy dit sou kry. Die volgende oggend word die man wakker, kyk op sy horlosie en merk dat dit al nege-uur is. Hy het sy vlug verpas. Hy is woedend. Hy spring uit die bed uit op, gereed om sy vrou te vertel presies wat hy van haar dink. Skielik sien hy op sy bedkassie ’n stukkie papier met haar handskrif daarop. Hy sit sy leesbril op om te sien wat daarop staan. Dit is vyfuur. Mans het dit nie in hulle om hierdie soort oorloë te wen nie.
Ek het in ’n supermark by van die kass gewerk. Op ’n dag kom ’n vrou na my toe met ’n klomp goed wat sy wou koop.
Nadat ek alles opgelui het, sien ek dat sy in haar handsak soek na geld en in die handsak is daar, baie sigbaar, die afstandsbeheer van ’n televisiestel. “Dra u altyd u televisie-remote met u saam?” het ek gevra. “Nee,” het sy gesê, “maar my man het geweier om saam met my te kom inkopies doen. Ek het gedink om sy remote van hom af weg te vat, is die ergste ding wat ek aan hom kan doen binne die perke van die wet.”
’n Man lees op ’n dag ’n artikel uit die koerant aan sy vrou voor. “Dit sê hier dat ’n gemiddelde vrou elke dag 30 000 woorde gebruik teenoor ’n man se 15 000.” Sy vrou antwoord: “Die rede daarvoor moet beslis wees dat vroue alles herhaal wat hulle sê teenoor mans wat hulle nie verstaan nie.” Die man draai na sy vrou en vra: “Wat?”
’n Man en ’n vrou is op ’n dag besig om mekaar goed die hare te was. In ’n stadium skreeu hy op haar: “Ek weet nie hoe jy tegelykertyd so onnosel en so beeldskoon kan wees nie.” Sy vrou antwoord: “Laat ek dit vir jou verduidelik. Ons liewe hemelse Vader het my so mooi gemaak sodat j´y in my sou kon belang stel, maar toe het hy my so dom gemaak sodat ek in jou kon belang stel.” ’n Man en sy vrou was besig om te stry oor wie wat in die huis moet doen en wie elke oggend die koffie moet maak. Die vrou sê: “Jy moet die koffie maak, want jy is eerste op. Dan hoef ons nie te wag vir my om klaar te kry om my mooi te maak voordat ons koffie kry nie.” Die man: “Jy is in beheer van alle kosmakers in die huis en jy moet daarom die koffie maak, want dit is jou werk, ek kan maar wag vir my koffie.” Vrou: “Nee, jy moet dit doen, en terloops, dit staan ook in die Bybel dat die man die koffie moet maak.”
Man: “Ek kan dit nie glo nie. Wys my.” Sy gaan haal toe die Engelse Bybel, maak dit by die Nuwe Testament oop en wys hom hoe daar op verskeie bladsye boaan staan Hebrews.
Tydens die skepping het God die hemel en die aarde gemaak en ook die paradys. Toe het Hy Adam gemaak en hom in die paradys geplaas. En Adam was baie, baie gelukkig – dit was immers die parad´ys. Maar ná ’n ruk het hy ’n bietjie verveeld begin raak, soos mans nou maar raak. Op ’n dag sê hy toe vir God: “Ek wil u dank, hemelse Vader, die paradys is wonderlik en ek is werklik gelukkig, behalwe een ding: kan ek nie maar ’n metgesel kry nie?” God stem toe in, maar waarsku Adam dat dit hom ’n arm en ’n been sal kos. “Sjoe,” sê Adam, “’n arm en ’n been! Dit is ’n bietjie erg – wat kan ek vir ’n rib kry?”
’n Jong meisie van Kaapstad het baie terneergedruk geraak in die winter. Sy kon net nie gewoond raak aan die grys lug en oortrokke weer dagin en daguit nie. Sy besluit toe om haar eie lewe te neem deur haarself in die hawe in die see te gaan werp. Sy stap toe af na die hawe, en by die dokke gekom, was sy op die punt om in die liederlike, vuil, yskoue winterwater te spring. ’n Aantreklike jong matroos het gesien hoe sy daar wik en weeg op die rand van die kaai, en die trane uit haar oë vee. Hy raak toe baie jammer vir haar en stap nader: “Kyk,” sê hy, “jy het baie om voor te lewe. Ons vaar môre Europa toe. As jy wil, kan ek jou op ons skip versteek. Ek sal goed vir jou sorg en elke dag vir jou kos bring.” Hy beweeg toe ongemerk nader aan haar en neem haar in sy arms terwyl hy sê: “Ek sal jou gelukkig maak en jy sal my gelukkig maak.”
Die meisie was oorbluf, maar het ingestem. Wat het sy om te verloor? Miskien sou ’n nuwe begin in Europa ’n nuwe betekenis aan haar lewe gee. Daardie nag het die matroos haar aan boord geneem en in ’n reddingsboot versteek. Van toe af gaan hy elke aand na haar toe en bring vir haar kos en iets om te drink. Ná ’n paar nagte het hulle ook elke aand ievolle liefde gemaak tot om en by dagbreek. Ná drie weke word sy tydens ’n roetine-inspeksie deur die skeepskaptein ontdek. “Wat maak jy hier?” wou die kaptein weet. “Ek het ’n verstandhouding met een van u matrose,” het sy verduidelik. “Hy gee vir my kos en ’n reis na Europa, en ek maak dit vir hom die moeite werd.” “Jy maak dit sekerlik vir hom die moeite werd,” het die kaptein gesê. “Hierdie is die boot wat elke dag tussen Robbeneiland en die Waterfront vaar.”
Maandagoggend het die graad sewes opgewonde teruggekeer klas toe. Hulle het ’n wonderlike naweek gehad.
Hul taak was om oor die naweek iets te verkoop en dan aan die klas te kom vertel wat hulle gedoen het en dit dan oor die boeg te gooi van produktiewe verkoopkuns. Sannie was eerste aan die woord: “Ek het koekies gebak, dit verkoop en R30 wins gemaak.” Sy was baie trots. “Ek het die mense daaraan herinner dat hulle ’n verpligting jeens die gemeenskap het. Dit het gewerk en dit is die rede vir my groot sukses.” “Dit is sommer baie goed, Sannie,” sê die onderwyser. Linda was volgende: “Ek het tydskrifte verkoop,” vertel sy. “Ek het R60 gemaak. Ek het aan almal verduidelik dat die tydskrifte hulle sou help om op hoogte te bly van die sake van die dag.” “Wonderlik!” sê die onderwyser. Uiteindelik is dit Jannie se beurt. Die onderwyser het senuweeagtig asem opgehou. Jannie het na die voorkant van die klas gestap en ’n groot boks vol geld op die onderwyser se tafel neergesit: “Hier is R5 000.” “Vyfduisend rand! Wat op aarde het jy verkoop?” “Tandeborsels,” sê Jannie. “Tandeborsels?” roep die onderwyser uit. “Hoe op aarde het jy daarin geslaag om R5 000 se tandeborsels in een naweek verkoop te kry?” “Ek het die besigste hoek in die dorp gevat,” sê Jannie. “Op my tafeltjie het ek ’n bak aartappelskyfies gehad, en ’n dip daarnaas. Ek het vir almal gratis kans gegee om te proe hoe die dip smaak. Nadat almal geproe het, het ek gesê: ‘Haai, hierdie goed proe soos drek.’” Jannie glimlag. “Daarna sê ek vir hulle: ‘En dit ís drek. Wil u ’n tandeborsel koop?’”
’n Man het die kroeg saam met sy vrou besoek. Hulle het ’n paar biere by ’n tafeltjie sit en drink en toe hy na die toonbank gaan om te betaal, het ’n
prostituut na sy vrou gestap en in haar oor gefluister: “Jy moet kontant vóór seks eis by hierdie vent. Ek ken hom. Hy betaal nooit nie!”
Een aand gaan speel Mike by sy vriend Teddy poker. Mike sit regoor Teddy se vrou by die pokertafel. Mike was maar ’n lomp man en in ’n stadium laat val hy ’n kaart op die vloer. Hy buk onder die tafel in om dit op te tel, en toe hy opkyk, sien hy dat Terry se vrou baie onelegant sit, nie behoorlik geklee is nie en dat hy tot by Bloemfontein kan sien. Hy kom regop en bloos bloedrooi. Later in die aand gaan hy kombuis toe om ’n bietjie water te kry, en tot sy groot verbasing is Teddy se vrou skielik langs hom. Sy sê: “Het jy gehou van wat jy gesien het?” Mike stamel: “Ja …” Teddy se vrou: “Wel, jy kan meer doen as net kyk, maar dit sal jou vyfhonderd rand kos.” Mike dink ’n bietjie na oor sy finansies, en alhoewel hy ’n bietjie ongemaklik voel oor die soort vrou met wie Teddy getroud is, sê hy nogtans: “Goed, ek sal vyfhonderd rand in die hande kan kry.” Teddy se vrou sê hom toe om die volgende middag net ná twee by hul huis te wees, want Teddy sal dan by die werk wees. Die volgende dag daag Mike toe net ná twee by Teddy se huis op, geniet dit gate uit saam met Teddy se vrou, betaal haar en gaan huis toe. Later daardie aand kom Teddy tuis en vra sy vrou: “Was Mike dalk vandag hier?” Sy vrou dink ’n bietjie na en raak bekommerd dat sy uitgevang is. Sê dan ongemaklik: “Goed. Ek sal eerlik met jou wees, ja, hy was hier.” “Het hy dalk vyfhonderd rand hier gelos?”
“Ja, hy het,” sê Teddy se vrou. “Goed. Ek is bly. Die swaap het vanoggend by my werk aangekom en vir my gevra of ek vir hom vyfhonderd rand kan leen. Hy het gesê hy sal dit sommer by jou los.”
In ’n hofsaak roep die staatsaanklaer sy eerste getuie, ’n Oumatjie met persgrys hare en ’n baie vasberade trek om haar mond. Hy gaan staan naby haar, kyk haar in die oë, en vra: “Mevrou Smit, ken u my?” Die oumatjie kyk hom stip aan en sê: “Ja, ek ken jou baie goed. Ek ken jou al sedert jy ’n klein seuntjie is, en om die waarheid te sê jy is vir my ’n baie groot teleurstelling. Jy lieg, jy verneuk jou vrou, jy manipuleer mense en skinder agter hul rûe oor hulle. Jy dink jy is ’n baie vername man, terwyl jy nie genoeg verstand het om te weet dat jy nooit meer as ’n ou staatsaanklaertjie sal wees nie. Ja, ek ken jou.” Die staatsaanklaer was verstom. Hy het vir ’n oomblik nie geweet hoe om te reageer nie en toe wys hy met sy vinger na die advokaat vir die verdediging aan die ander kant van die hof, en vra: “En, mevrou Smit, ken u die advokaat vir die verdediging?” Weer trek mevrou Smit haarself regop, begluur die advokaat vir die verdediging en sê: “Natuurlik ken ek hom. Ek ken meneer De Wit al sedert hy ’n knapie is. Hy is verskriklik lui, is ’n tweegesig, en het ’n drankprobleem. Hy kan nie ’n normale verhouding met enigiemand volhou nie en hy is een van die treurigste advokate in die hele land. Om nie te vergeet dat hy sy vrou gereeld verneuk en al drie minnaresse gehad het nie. Een van hulle was jou vrou. Ja, ek ken hom.” Die regter het die staatsaanklaer een kyk gegee en toe die staatsaanklaer en die advokaat vir die verdediging nader geroep. Toe hulle albei voor hom staan, het hy in ’n baie lae fluisterstem vir hulle gesê: “As een van julle twee idiote vir haar vra of sy m´y ken, gee ek jou lewenslank.”
’n Man en ’n vrou ontmoet mekaar op ’n partytjie. Dit gaan so goed en hulle
kom so goed oor die weg dat hulle ná ’n ruk besluit om die partytjie saam te verlaat en na die meisie se woonstel te gaan. By die woonstel gekom, drink hulle nog ’n paar doppe, en dan begin hulle mekaar van nader ken. Ná ’n ruk trek die man sy hemp uit en gaan was sy hande. Ná ’n ruk trek hy sy broek uit en gaan was weer sy hande. Die vrou het die handewassery só aanskou en vra hom toe: “Jy is seker ’n tandarts?” “Hoe het jy geweet?” vra die man verbaas. “O, dis maklik,” sê sy. “Jy was gereeld jou hande.” Een ding lei na ’n ander en uiteindelik maak hulle wonderlike, soete liefde. Toe hulle klaar is, sê die meisie: “Jy moet seker ’n baie goeie tandarts wees?” Die man, heel trots: “Ja, ek is ’n goeie tandarts, maar hoe het jy dit geweet?” “Ek het niks gevoel nie.”
’n Italianer het jare lank ’n verhouding met ’n jong Italiaanse meisie gehad. Een aand toe hulle ná ’n heel genotvolle aandjie in mekaar se arms lê, sê sy aan hom dat sy swanger is. Die Italianer wou nie sy goeie naam of sy huwelik in die gedrang bring nie, en het haar toe beloof dat hy aan haar ’n groot som geld sal betaal as sy na die platteland toe sou gaan en die kind in die geheim sou hê. As sy in Italië aanbly om die kind daar groot te maak, sou hy onderhoud vir die kind betaal totdat die kind agtien jaar oud is. Sy minnares was te vinde hiervoor, maar het hom toe gevra hoe sy hom kan laat weet wanneer die kind gebore is. Diskresie was al wat die man in gedagte gehad het, en verduidelik toe aan haar dat sy eenvoudig ’n poskaart aan hom moet stuur en agterop moet skryf “spaghetti”. Hy sou dan onmiddellik met die kind se onderhoud begin. Op ’n dag, nege maande later, kom hy een middag laat by die huis aan.
“Skattie,” sê sy vrou, “jy het vandag ’n baie eienaardige poskaart ontvang.” “O, gee dit maar vir my. Ek sal later verduidelik,” sê hy. Sy vrou het die poskaart aan hom gegee, gekyk hoe hy dit lees, sy oë na die hemel opslaan en flou neerval. Sy het die kaart opgetel en gelees wat daarop staan: “Spaghetti, spaghetti, spaghetti, spaghetti, spaghetti. Drie met frikkadelle en twee daarsonder. Stuur ekstra sous.”
’n Ma probeer haar seuntjie leer hoe om pampoen te eet. Hy verseg – hy sit nie sy mond daaraan nie. Die ma, ten einde raad: “Wag jy maar, my kind, as dit so aangaan, kom die duiwel jou vannag nog haal.” Later daardie aand begin dit verskriklik reën. Die donderweer slaan en die blitse verlig die stad. Dit is ’n groot lawaai en die reëndruppels sloeg neer op hul sinkdakhuis. Die ma raak bekommerd, want sy weet dat haar seuntjie baie bang is vir donderweer. Sy stap na sy kamer om by hom te sit totdat dit weer opgeklaar het. Sy maak die deur oop en skrik. Hy is nie in sy kamer nie! Sy stap kombuis toe en kry hom waar hy voor ’n oop yskasdeur kniel, besig om die pampoen by sy mond in te prop. Sy hoor hom prewel: “So ’n fokken lawaai en dit net oor ’n bietjie pampoen!”
’n Egpaar sit met ’n groot probleem. Die enigste manier om op ’n Sondagmiddag hul huwelik in sy volheid te geniet, is deur hulle seuntjie met ’n groot suigstokkie op die balkon uit te stuur met die versoek dat hy oor die omgewing, bure en straataktiwiteite moet rapporteer. Hy begin sy kommentaar terwyl Pa en Ma hul plan van aksie in werking stel: “Daar word ’n kar uit die parkeerterrein uitgesleep. ’n Ambulans in nou net hier verby. Die Andersons het kuiermense gekry. Marius het ’n nuwe fiets. Dit lyk of die Standers besig is om te trek. Jason ry al weer op sy skateboard.” Ná ’n rukkie kondig hy aan: “Die Petoorse is besig met seks!”
Geskok vlieg Ma en Pa regop in die bed en die pa vra versigtig: “Hoe weet jy hulle het seks?” “Anton staan op hulle balkon met ’n suigstokkie!”
Klein Frikkie, net sewe jaar oud, vra een middag ná skool vir sy ma: “Kan ek en ma bietjie man en vrou speel?’ Klein Frikkie se mammie dink dis ’n vreemde versoek maar sy is een van die nuwe geslag mammies wat daarin glo dat kinders vrye uiting gegun moet word. Sy besluit om saam te speel. “Ou vrou,” sê Frikkie terwyl hy sy skooldas afhaal en op die rusbank neergooi nes sy pa altyd maak, “ek het ’n harde dag gehad. Skink daar vir my ’n lekker dop.” Klein Frikkie, slegs sewe, plak homself voor die TV neer met sy voete op die koffietafel. Sy ma gooi vir hom ’n lang glas Oros. Ná ’n ruk sê klein Frikkie: “Ou vrou, skep daar vir my ’n lekker bord kos, man.” Sy ma maak vir Frikkie ’n lekker kaas-en-tamatie-snackwich. Hy eet homself trommeldik, vat aan sy maag, los ’n vet wind nes sy pa altyd doen en sê: “Ou vrou, trek uit jou klere dan gaan lê ons so bietjie skuins, man.” “Wat?!” roep klein Frikkie se mammie geskok uit. “Jy’t gehoor wat ek sê,” kom dit van klein Frikkie, “trek uit, dan loop lê ons so bietjie op die bed.” Sy ma is hoogs ontsteld, staak die speletjie summier, gryp vir Frikkie aan die oor en lei hom die gang af tot in sy kamer. “Nou doen jy jou huiswerk en ek wil nooit weer sulke goed uit jou mond hoor nie, verstaan jy my?” Baie bekommerd vertel sy daardie aand die storie vir Frikkie se pa.
“Aag, ou vrou,” sê hy, “dis maar net ’n speletjie, man. Ek sal niks ernstigs daarin lees nie.” So twee dae later kom klein Frikkie, steeds net sewe, van die skool af met dieselfde storie, en sy ma besluit sy speel enduit saam, want sy kan die ding glad nie verstaan nie. Dis weer ’n dop Oros wat geskink word, nog ’n snackwich, en toe kom die skuinslê-storie weer. Sy gaan toe maar badkamer toe, trek uit, en trek haar japon aan. Sy vind Frikkie op die dubbelbed net in sy onderbroek met haar man se leesbril op sy neus besig om die koerant te lees, presies soos sy pa altyd doen. Sy’s nou diep bekommerd, maar gaan lê tog maar langs hom op die bed. Ná ’n rukkie sit Frikkie die koerant neer en haal die bril van sy oë af. Sy ma dink, wat nou? Frikkie skuif nader. Sy dink: WAT NOU? Frikkie sit sy hand om haar lyf en fluister saggies in haar oor: “Ou vrou, dink jy nie dis tyd dat ons vir ou Frikkie ’n nuwe fietsie koop nie?”
Hulle is onder ons
1. Ek kry deur die pos ’n koepon vir ’n toebroodjie. Op die koepon staan: Koop1-kry-1-verniet. Onder hierdie opskriffie op die koepon staan daar dat ’n mens die koepon by enige van ’n reeks kioske in winkelsentrums kan inhandig.
Ek gaan dus na my naaste winkelsentrum en soek so ’n koskiosk. Ek kry een met ’n pragtige blondine wat bedien. Ek gee vir haar die koepon. “O gits,” sê sy, “hierdie is alreeds ’n koop-een-kry-een-verniet-kiosk.” As jou koepon ook so sê, veronderstel ek ek moet albei vir jou verniet gee.” Hulle is onder ons.
2. ’n Vriend van my koop ’n nuwe yskas vir sy huis. Om van die ou een ontslae te raak, sit hy dit voor op die sypaadjie neer met ’n groot kennisgewing daarop: As jy hierdie yskas wil hê, is dit joune, neem dit. Drie dae lank staan die yskas op die sypaadjie sonder dat enigiemand dit neem of selfs twee maal daarna kyk.
My vriend besluit dat mense se natuurlike agterdog die oorhand gekry het. Dit lyk na iets wat te goed is om waar te wees. Daarom vervang hy die kennisgewing op die yskas deur die volgende: Yskas te koop, R100. Die volgende dag het iemand dit gesteel. Hulle is onder ons.
3. Ek stap op ’n dag langs die strand met my vriendin. Ek besluit om ’n grappie te maak. “Kyk daardie dooie voël!” My vriendin kyk in die lug op en vra: “Waar?” Hulle is onder ons.
4. Ek en my vrou was besig om ’n nuwe huis te soek, en ’n eiendomsagent het ons rondgeneem na ’n klompie huise wat sy graag aan ons wou wys. Toe ons by ’n spesifieke huis kom, vra my vrou watter rigting noord is, omdat sy nie wil hê dat die son elke oggend by die slaapkamer moet inskyn nie. Die eiendomsagent het gefrons: “Kom die son dan in die noorde op?” My vrou verduidelik aan haar dat die son eintlik in die ooste opkom en dit nou al ’n hele paar jaar lank, doen. “Ai toggie, ek hou nie eintlik tred met dié soort dinge nie.” Hulle is onder ons.
5. Ek en ’n kollega sit in die kafeteria en eet ons middagete. By die tafeltjie langsaan sit ’n paar van ons vroulike kollegas. Een van hulle vertel aan een van die ander hoe vreeslik die son hulle gebrand het die naweek toe hulle op ’n uitstappie was. Sy vertel aan die ander dat sy in ’n sportmotor gery het, maar nie sonbrandolie aangesmeer het nie omdat sy gedink het die kar beweeg te vinnig vir die son om haar te brand. Hulle is onder ons.
6. My suster het ’n baie skerp skêr in haar kar. Sy het dit gekoop met die spesifieke doel om haarself uit haar veiligheidsgordel te kan lossny indien sy in ’n ongeluk sou beland en in die kar vasgeknel word. Sy hou die skêr in haar kattebak weggesteek. Hulle is onder ons.
7. Ek en ’n paar van my pelle het advertensies in die koerant gesien vir goedkoop bier, wat ’n mens by ’n spesifieke drankwinkel kon koop teen ’n
korting van 10%. Ons was besig om voorraad in te skeep vir ’n groot partytjie en het besluit om twee groot kiste te koop. Die man agter die toonbank het vir ons twee maal 10% afslag gegee, dus 20%. Hulle is onder ons.
8. Ek was besig om saam met een van my studentevriende ’n biertjie te geniet in ’n kroeg toe ons ’n vrou sien met ’n neusring en ’n oorring wat aan mekaar verbind is met ’n silwerketting. My vriend frons kwaai en vra: “Sal die ketting nie uit haar neus geruk word elke keer dat sy haar kop draai nie?” Ek verduidelik aan hom dat ’n mens se oor en neus altyd op presies dieselfde afstand van mekaar bly – dit maak nie saak hoe ver jy jou kop draai nie. Hulle is onder ons.
9. Ek moes van Kaapstad na Johannesburg vlieg vir ’n sakebesoek, en toe die vliegtuig in Johannesburg aankom, het my tas soek geraak. Ek is na die kiosk waar ’n mens verlore goedere aanmeld en het aan die vrou verduidelik dat my tas tussen Kaapstad en Johannesburg soek geraak het. Sy het breed geglimlag en my gerusgestel. “U moenie bekommerd wees nie,” het sy gesê. Sy is iemand wat opgelei is om sulke krisisse te hanteer en ek is in goeie handel. “Goed,” sê sy, “het jou vliegtuig al geland?” Hulle is onder ons.
10. In my studentedae het ek in ’n pizzaplek gewerk. Op ’n dag het ’n man ingekom en ’n klein pizza bestel om weg te neem.
Dit het gelyk asof hy alleen is, en ek het hom gevra of hy wou hê dat ons die pizza in vier of ses stukke moet opsny. Hy het ’n rukkie daaroor nagedink voordat hy my antwoord: “Sny dit net in vier stukke. Ek dink nie ek is honger genoeg vir ses stukke nie.” Hulle is onder ons.
“Daar’s geen avontuur in my huwelik oor nie,” sê Victor aan sy vriend Danie. “Hoekom bring jy dan nie ’n bietjie avontuur terug in jou lewe nie en knoop ’n verhouding met ’n ander vrou aan nie?” vra Danie. “Maar wat doen ek as my vrou daarvan uitvind?” “Moenie bekommerd wees nie, man. Dis die tyd waarin ons lewe. Vertel haar daarvan!” Vic gaan die aand huis toe en sê vir sy vrou: “Liefling, ek dink ek gaan ’n affair aanknoop met iemand anders sodat dit ons twee weer nader aan mekaar kan bring.” “Vergeet daarvan,” antwoord sy vrou. “Ek het dit al probeer. Dit werk nie.”
’n Man lê een aand in die bed en gesels met sy vrou: “My hart, wat sal jy doen as ek in ’n motorongeluk is en vermink daar uitkom. Sal jy nog lief wees vir my?” “Skat, ek sal jou altyd liefhê,” antwoord sy terwyl sy haar naels poleer. “En wat sal jy doen as ek kreupel is en nie meer liefde kan maak nie?” vra hy senuagtig. “Moet jou nie bekommer nie, my skat. Ek sal jou altyd liefhê,” antwoord sy terwyl sy steeds met haar naels doenig is. “En as ek my werk verloor as visepresident van my maatskappy? As ek nie meer ’n baie groot salaris verdien nie. Sal jy my dan nog steeds liefhê?”
Sy vrou het ’n oomblik haar naelstelletjie eenkant gesit en hom reguit in die oë gekyk: “Liefling, ek sal jou altyd liefhê,” verseker sy hom, “maar meeste van alles, sal ek jou opreg mis.”
Vrou: “Daar’s probleme met die kar. Dit het water in die vonkverdeler.” Man: “Water in die vonkverdeler? Dis belaglik!” Vrou: “Ek sê jou daar’s water in die vonkverdeler.” Man: “Jy weet nie eens wat ’n vonkverdeler is nie! Ek sal gaan kyk. Waar is die kar?” Vrou: “In die swembad.”
’n Man en ’n vrou was al so lank getroud dat hulle mekaar rêrig lekker gehaat het. Elke keer dat daar ’n groot konfrontasie was, kon hulle bure ’n geskreeu en ’n geraas tot diep in die nag hoor. Al die bure was nogal bang vir die man en was veral op hul senuwees oor een van die goed wat hy altyd geskree het: “Wanneer ek vrek, gaan ek my pad uit daai graf uitgrawe en jou vir die res van jou lewe terroriseer!” Hulle het gewonder of hy nie dalk deurmekaar is met die een of ander soort duiwelskuns nie, en of dit nie hy is wat verantwoordelik was vir al die honde en katte in die buurt wat weggeraak het nie. Almal is vir hom bang en hy het dit geniet om so met respek behandel te word. Maar skielik sterf die oubaas onder nogal vreemde omstandighede en tydens die begrafnis word al die kerklike voorskrifte nagekom sonder dat die kis een keer oopgemaak word. Ná die begrafnis gaan sy weduwee na die plaaslike kroeg en begin fuif en tekere gaan asof daar nie ’n volgende dag sal wees nie. Almal het dit opgemerk en een van haar bure het uiteindelik na haar toe gestap en gevra: “Is jy nie bang nie? Wonder jy nie of hierdie man van jou sy belofte gaan nakom en hom uit die graf gaan uitgrawe om jou te terroriseer nie?”
Die vrou het haar drankie neergesit en verduidelik: “Laat die ou bliksem maar grawe. Ek het hom onderstebo laat begrawe.”
’n Skool hou sy matriekafskeid in die skoolsaal. Die matrieks is almal teenwoordig, asook ’n klompie van die junior grade. Die meeste van die kinders gaan lekker tekere op die dansvloer, maar daar is ook ’n klompie wat teen die mure staan en wonder of iemand hulle ooit sal vra om te dans. Ná ’n ruk besluit een van die graadnegeseuns dat hy een van die senior meisies gaan vra om te dans. Hy stap na haar toe, stel die vraag en kry die onverbiddelike antwoord: “Jammer, ek dans nie met ’n kind nie.” “Jammer dat ek gevra het,” antwoord die seun. “Ek het nie besef jy’s swanger nie.”
Marius was oral op die dorp daarvoor bekend dat hy mans en vrouens by mekaar kon uitbring. Op ’n dag stap hy na een van die alleenloper-vrouens en sê aan haar dat hy waarskynlik ’n goeie man vir haar het waarmee sy sou kon trou. “Ek’s bietjie verleë om te vra,” gaan hy voort, “maar die man sê dat hy graag oortuig wil wees dat julle twee in die bed goed bymekaar sal pas. Hy wil ’n sample hê.” Die vrou was geskok. “Hoe kan jy so iets van my verwag? Hoe kán jy dit van ’n vrou vra? Watse soort kru mens sal so ’n versoek rig? Hy moet ’n staldier wees, nie ’n ware heer nie!” Marius, besorg dat hy dalk sy fooitjie sal verbeur, sê: “Hy’s ’n sakeman. Hy koop goedere en dinge op die mark en dan verkoop hy dit weer. Vir hom is dit nie iets besonders nie – dis net ’n sample.” Die vrou dink ’n minuut na en antwoord dan: “So, hy’s ’n sakeman. Gaan sê vir hom ek gee nie samples nie. As hy wil, kan ek vir hom ’n paar getuigskrifte gee.”
Ek het besluit om te leer vlieg en gaan loop toe klas by die naaste vlieginstrukteur. Hy het ’n taamlike groot klas gehad wat hy in die wonderbaarlikhede van lugvaart moes inlei. Ná die klas het hy altyd tyd gemaak om vrae te antwoord. By ons eerste klas het een van die leerlingvlieëniers bekommerd gevra: “As ons uit die vliegtuig moet spring met ’n valskerm en die valskerm maak nie oop nie, en daarna maak die noodvalskerm nie oop nie, hoe lank sal dit neem voordat ons die grond tref?” Ons instrukteur het hom stip aangekyk en sonder om ’n spier te verroer, geantwoord: “Die res van jou lewe.”
Ek het haar in die kroeg ontmoet. Sy was sewe en vyftig, maar nog iets vir die oog. Ons het ’n paar brannas en Coke weggesit. Ek kon sien dat sy werklik iets vir die oog was. ’n Paar brannas later het sy vir my gewys dat sy nog haar eie tande het en beslis weet hoe om te soen. Twee dubbels later leun sy vertroulik oor en vra vir my: “Het jy al die sportman se droom gehad?” “Wat is dit?” Seg sy: “Dit is ’n ma-en-dogter-groepswoeps.” “Nee,” sê ek. “Nee, ek het nie.” Ons sit nog ’n paar brannas weg en weer leun sy vertroulik nader en sê: “Vanaand is jou gelukkige aand.” Ons gaan toe terug na haar huis toe. Net binne die voordeur skakel sy die ganglig aan en skreeu na bo: “Ma, is Ma nog wakker?”
Ou Franna loop eendag sy dominee in die supermark raak. Hulle praat oor koeitjies en kalfies, maar dan bieg Franna teenoor die dominee dat hy ’n klein probleempie het wat hy met hom wil bespreek. “My vrou raak altyd aan die slaap tydens dominee se preke. Dis vir my ’n verskriklike verleentheid, want sy snork as sy slaap. Wat moet ek doen?” Die dominee het ’n rukkie daaroor nagedink en sê toe: “Ek het dit al agtergekom. Maar ons kan ’n plan maak daarmee. Ek sal van nou af elke slag gedurende my preek my kop vir jou knik en dan moet jy sorg dat jy ’n speld saam met jou vat wanneer jy kerk toe kom. Sodra ek knik, prik jy haar net liggies met die speld op haar been.” Die volgende Sondag in die kerk het Franna se vrou weer vinnig aan die slaap geraak toe die dominee met sy preek begin. Die dominee besluit toe om te kyk of hulle plan gaan werk. “En wie het vir al ons sondes gesterf?” het hy gevra en vir Franna geknik. “Jesus!” het Franna se vrou geskreeu, want hy het haar ’n bietjie harder as liggies op die boud geprik. “Ja!” het die dominee gesê. “U is so reg, suster!” Maar dit het nie lank geneem nie toe is Franna se vrou weer diep in droomland. Die dominee roep toe uit: “Kan enigiemand vir ons sê wie ons Skepper is, broeders en susters?” en weer knik die dominee in Franna se rigting. “My God!” skreeu mevrou Franna. “Dis net soos u daar sê, suster!” bulder die dominee. ’n Ruk lank veg mevrou Franna moedig teen die slaap, maar dan dommel sy weer in.
Die dominee raak so begeesterd met sy preek dat hy vergeet van Franna en hul plan. Terwyl hy preek, swaai hy sy arms links en regs en sy kop knik ’n paar keer en dan sluit hy sy preek af met ’n luide uitroep: “Wat sou julle sê, broeders en susters, was Eva se woorde aan Adam met die geboorte van hul negende kind?” Hierdie keer spring mevrou Franna rooi in die gesig regop en skreeu: “As jy daardie blerrie ding nog een keer in my druk, breek ek hom middeldeur en druk hom in jou agterent op!” “Amen!” roep al die susters in die gemeente in ’n koor saam.
’n Vrou neem haar sestienjarige dogter na die dokter. Die dokter vra wat die probleem is en die vrou verduidelik dat haar dogter vreeslike eetgewoontes aangeleer het, geweldig baie gewig aangesit het en elke oggend baie siek is. Die dokter ondersoek die jong Debbie baie deeglik en keer dan na die ma terug en sê: “Ai, mevrou, ek weet nie hoe om dit vir jou te vertel nie, maar laat ek reguit wees – Debbie is swanger. Omtrent vier maande, sou ek raai.” “Swanger?!” roep die ma uit. “Dit kan nie wees nie! Ons het haar dan nog nooit alleen gelaat met ’n man nie. Of wat praat ek alles, Debbie?” “Dis soos Ma daar sê,” sê Debbie. “Ek het nog nooit eers ’n man gesoen nie! Ek is nog ’n maagd.” Die dokter stap oor na sy venster en staan vir ’n goeie vyf minute en uitstaar na buite. Die stilte raak ondraaglik en die ma praat eerste: “Is daar iets verkeerd daarbuite, dokter?” “Nee, nie regtig nie,” antwoord die dokter. “Dis net dat die laaste keer dat so iets gebeur het, daar ’n ster in die ooste verskyn en drie wyse manne oor die heuwel aangery gekom het met geskenke. Daar is geen manier waarop ek dit hierdie keer gaan misloop nie!” ’n Werkgewer wonder op ’n dag hoekom een van sy waardevolste werknemers nie op sy pos is nie – hy het nie gebel nie en niemand weet wat hom makeer nie.
Omdat daar ’n groot probleem met een van die rekenaars is, bel hy die werknemer se huisnommer. Die telefoon word deur ’n kind beantwoord wat fluister: “Hallo.” “Is jou pappie tuis?” vra die werkgewer. “Ja,” fluister die stemmetjie. “Mag ek met hom praat?” Fluisterstemmetjie: “Nee.” Die werkgewer raak ’n bietjie ergerlik en wil eerder met ’n volwassene praat: “Is jou mammie tuis?” “Ja.” “Mag ek met haar praat?” Weer die fluisterstemmetjie: “Nee.” Nou is die werkgewer sommer baie vererg. “Is daar enigiemand anders daar?!” “Ja,” fluister die kind weer, “’n polisieman.” Nou is die werkgewer sommer baie nuuskierig. Wat sou ’n polisieman by sy werknemer se huis soek? “Mag ek met die polisieman praat?” “Nee, hy is baie besig,” fluister die kind weer. “Wat doen hy?” “Hy praat met Pappie en Mammie en die brandweermanne daarbuite,” fluister die kind. Die werkgewer is stomverbaas. Net dan hoor hy ’n groot geraas op die agtergrond. “Wat raas so?” “’n Helikopter,” fluister die kinderstemmetjie. “Wat gaan daar aan?!” roep die werkgewer uit. Hy’t ’n aaklige gevoel op die
krop van sy maag. Weer eens fluister die kind: “Die soekgeselskap het so pas met die helikopter hier aangekom.” “Waarna soek hulle?” Weer die fluisterstemmetjie, met ’n effense giggel: “Na my.” ’n Pa bel huis toe en sy dogtertjie antwoord: “Hallooo!” “Hallo, my skat. Is Mammie by die huis. Dis Pappie wat praat.” “Nee, Pappa. Sy’s bo in die slaapkamer met oom Piet.” ’n Rukkie stilte. Dan die pa weer: “Maar, my skat, jy het nie ’n oom Piet nie.” “O ja, ek het, en hy is bo in die slaapkamer met mamma. Nou. Op hierdie oomblik.” Weer ’n rukkie stilte. “Nou goed dan, as jy so sê. Sit die foon op die tafeltjie neer, hardloop gou boontoe, klop aan die slaapkamer se deur en skree vir Mamma dat Pappa pas by die huis aangekom het.” “Goed, Pappie. Hou net aan.” ’n Paar minute later is die meisie terug by die telefoon. “Ek het dit gedoen, Pappa.” “En wat het toe gebeur, my skat?” “Wel, Mamma het baie groot geskrik, kaal uit die bed gespring en in die kamer rondgehardloop en geskree. Toe haak haar voet aan die mat en sy val met haar kop teen die tafeltjie en nou beweeg sy glad nie.” “Vaderland! En wat van jou oom Piet?” “Hy’t ook uit die bed gespring met geen klere aan nie. Hy was ook baie bang en het op en af gespring. Toe hardloop hy na die agterste venster en spring daar uit in die swembad in. Maar hy’t nie geweet dat Pa laas week die water uitgetap het nie. Hy het baie hard geval en lê nou ook stil. Ek dink hy’s dood.
Stilte. Dan sê die pa: “Watter swembad? … Is dit 486 5731?”
Wat’s die verskil tussen ’n man en geboorte gee aan ’n kind? Die een is ’n nimmereindigende pyn en dikwels amper te erg om te verduur, en die ander is maar net om die lewe te skenk aan ’n kind. ’n Marknavorser wat besig is met ’n groot projek oor seks, kom af op ’n eienaardige antwoord in een van die deelnemers se antwoordstelle. Hy bel hom en vra die man: “By die vraag oor hoeveel maal per week jy en jou vrou seks het, sê jy twee maal per week. Jou vrou, in haar antwoordstel, antwoord weer verskeie male elke aand.” “Dis reg,” antwoord die man, “en dis presies soos dit sal bly totdat ons tweede verband afbetaal is.”
Vroue is darem maar eienaardige wesens. Hulle wil nie met hulle mans seks hê vir weke aaneen nie, en dan wil hulle die vrou doodmaak wat wel het.
Vier mans het gaan jag. In die Bosveld het hulle ’n huisie bespreek met twee kamers, elk met twee beddens. Niemand wou saam met Japie in ’n kamer slaap nie omdat hy so verskriklik snork. Hulle besluit toe dat dit nie regverdig sou wees as net een van hulle drie nagte na mekaar die volle lading van sy snorkery moet verduur nie, en daarom stem hulle in dat elkeen ’n beurt sal kry om een nag saam met Japie in die kamer te slaap. Ná die eerste nag kom die ou wat saam met Japie geslaap het ontbyt toe. Hy lyk baie woes: sy hare is deurmekaar en sy oë lyk asof hy tien dae lank aanmekaar gedrink het. Die ander twee kyk hom só aan en vra: “Wat het met jou gebeur?” “Japie snork so erg dat ek maar net die hele nag gesit en kyk het hoe hy slaap.”
Die nag daarop was dit die tweede kêrel se beurt en die volgende oggend lyk hy ook totaal en al verwilderd. – sy hare staan in alle rigtings en sy oë is bloedbelope. Weer kom die vraag: “Wat het met jou gebeur? Jy lyk verskriklik!” “Man, Japie saag balke dat die dak omtrent lig. Ek kon die hele nag net maar sit en kyk hoe hy slaap.” Faan het besluit dat dit hom nie gaan oorkom nie en toe dit die derde nag sy beurt is om saam met Japie ’n kamer te deel, het hy ’n plan gereed gehad. Fanie is ’n baie groot man. Hy was op sy dag ’n slot in ’n rugbyspan en hy is pure man. Die volgende oggend kom hy brekfistafel toe met sprankelende oë en sy hare elkeen op hul plek. “Goeiemôre!” roep hy uit. Die ander twee kan hul oë nie glo nie. Hy lyk dan asof hy die hele nag rustig geslaap het in daardie snorkende hel. Hulle vra: “Wat het gebeur?” “Wel, toe ons gereed maak om te gaan slaap, het ek oorgestap en ou Japie mooi onder sy kombers toegemaak. Hom so ’n ligte tikkie op die boud gegee en hom goeienag gesoen. Hy het toe maar die hele nag opgesit en kyk hoe ék slaap.”
Klaas is deur ’n ou vriend van hom oorgenooi vir aandete. Marius, die vriend, het ’n eienaardige gewoonte – elke keer dat hy van sy vrou praat, gebruik hy liefdesnaampies en vertederende aanspreekvorme vir haar. Dit is “my skat, my engel, liefling, hartlam, my ou pampoenbekkie, my ou dierbaarste dingetjie”, ensovoorts. Ná ’n ruk kyk Klaas na Marius en sê: “Dis rêrig fantasties hier by julle en dis heerlik om jou weer ná al die jare te sien en te sien dat jy nog met dieselfde vrou getroud is en dat jy jou vrou op al daardie maniere aanspreek.” Marius is ’n bietjie ongemaklik en fluister terug: “Om die waarheid te sê, ek het al drie jaar gelede vergeet wat haar naam is!”
Twee minnaars besluit om ’n romantiese naweek diep in die woud in ’n hut deur te bring. Toe hulle daar kom, gaan die man dadelik uit om hout op te kap vir die vuurherd. Toe hy terug is, sê hy: “Skat, my hande vries op!”
“Kom sit hulle hier tussen my bene en ek sal hulle warm maak,” sê sy vriendin. Ná middagete moet hy nog hout gaan kap en toe hy terug is, kla hy weer oor sy bevrore hande. “Wel, kom sit hulle weer tussen my bene en ek sal hulle warm maak.” Hy doen dit en weer maak sy dit vir hom heerlik warm. Ná aandete moet hy nog ’n laaste keer gaan hout kap, en toe hy terug is, sê hy so wrintie weer: “Skat, my hande is verys.” Sy kyk hom skeef aan en snou: “Maar my dêmmit, man, word jou ore nooit koud nie!”
’n Ou man gaan na die towenaar en vra hom om die vloek wat al vir die laaste veertig jaar op hom rus, te verwyder. “Sekerlik,” sê die towenaar. “Maar eers moet jy my sê wat die presiese woorde is wat uitgespreek is toe die vloek op jou geplaas is.” “Jy kan nou die bruid soen.”
’n Ou dame sit op die stoep, stadig maar seker besig om die laaste dae van haar lewe te geniet. Skielik verskyn ’n pragtige feetjie voor haar en sê dat sy drie wense het, en al drie sal bewaarheid word. “Wel,” sê die ou tante, “ek sal baie graag vreeslik ryk wil wees.” POEF! Skielik is die stoel waarop sy sit van soliede goud. “En ai, ek sou rêrig nie omgee om weer ’n jong, beeldskone prinses te kon wees nie.” POEF! Skielik is sy ’n baie, baie mooi jong vrou. “En jou derde wens?” vra die feetjie. Op daardie oomblik stap die vrou se kat verby die stoep. “Liewe land, wil jy nie
my kat in ’n beeldskone jong prins verander nie?” POEF! Voor haar staan ’n jong man, aantrekliker en manliker as enigiets wat sy haarself ooit sou kon voorstel. Sy staar na hom, natuurlik op die oomblik en plek verlief. Die aantreklike man kom na haar toe aanstap, met ’n glimlag wat haar knieë omtrent laat knak. Wanneer hy by haar kom, buig hy oor en fluister in haar oor: “Jy is seker nou baie jammer dat jy my laat regmaak het, nè?”
Drie Iere sit in ’n kroeg en drink. Al drie vermoed dat hulle vrouens hulle verneuk. Die eerste sê: “Ek dink my vrou het ’n verhouding met die elektrisiën. Toe ek nou die dag by die huis kom, het ek sy gereedskap onder die bed gekry. Ek het nie sulke gereedskap nie.” Sy tweede vriend skud net die kop en sê: “Ek dink my vrou het ’n verhouding met die loodgieter. Toe ek nou die dag by die huis kom toe het ek sy moersleutel onder die bed gekry. Ek het nie so ’n moersleutel nie.” Paddy luister hulle in stilte uit en sê dan: “Ek dink my vrou het ’n verhouding met ’n perd.” Sy twee vriende kyk hom geskok aan. “Nee, ek is ernstig. Toe ek nou die dag by die huis kom, het ek ’n joggie onder die bed gekry.”
’n Middeljarige man en sy vrou eet een aand in ’n baie spoggerige restaurant. So halfpad deur die maal kom ’n ongelooflik aantreklike jong vrou na hul tafel aangestap, buk en gee die man ’n klapsoen vol op die lippe. Sy draai om en sê vir hom dat sy hom later die aand weer sal sien en stap weg. Die man se vrou gluur hom aan en sê: “Wie was dit?” “O,” antwoord die man, “dis my minnares.” “So wragtig, nè!” snou die vrou hom toe. “Ek wil dadelik ’n egskeiding hê.”
“Goed,” antwoord die man rustig, “maar jy moet onthou, as ek van jou skei, is daar nie meer reise na Parys om inkopies te gaan doen nie, of wintervakansies op die Karibiese Eilande nie, of ’n Lexis in die garage nie, en jy sal ook nie meer aan die klub kan behoort nie. Maar nou ja, die besluit is joune.” Op daardie oomblik sien die vrou ’n gemeenskaplike vriend van hulle by die restaurant ingestap kom met ’n pragtige jong meisie aan die arm. “Wie is daardie vrou saam met Erik?” vra sy. “Dis sy minnares,” antwoord haar man. “Ons s’n is darem baie mooier,” sê sy vrou.
Janzilla was ’n verskriklike lelike vrou. Dit het ’n mens se oë seergemaak om net na haar te kyk. Uiteraard het sy nooit ’n kêrel gehad nie. Sy gaan toe na ’n heldersiende vrou om haar te help. “My skat!” roep die heldersiende vrou uit. “Die geluk is nie in hierdie lewe aan jou kant nie, maar in jou volgende lewe gaan jy ’n pragtige, aantreklike vrou wees en al die mans sal aan jou voete wees.” Dit het Janzilla sommer baie gelukkig gemaak. Op pad terug huis toe loop sy oor ’n brug en dink dat hoe gouer sy doodgaan hoe beter dit vir haar sou wees sodat sy met haar volgende lewe kan begin, en sy spring toe sommer van die brug af. Ongelukkig het sy nie gekyk wat in die pad onder haar aangaan nie en sy beland agterop ’n vragmotor met ’n bak vol piesangs. Die slag was so groot dat sy haar bewussyn verloor het. Toe sy begin bykom, heeltemal deurmekaar en met haar oë wat net nie lekker wil fokus nie en sonder die vaagste benul van waar sy haar bevind, het sy met haar hande rondom haar begin voel-voel om te sien wat aan die gang is. Sy het die piesangs om haar bevoel en met ’n groot glimlag op haar gesig uitgeroep: “Manne! Manne! Asseblief! Net een op ’n slag.”
’n Verkeerskonstabel stop ’n ou tannie wat verskriklik swak bestuur en sê: “Ek sal tante ’n kans gee. As tannie vir my kan sê wat daar ver in die pad aangery kom, sal ek nie vir tannie ’n kaartjie uitskryf nie.”
“Dis ’n kar.” “Nee, tannie luister nie. Is dit ’n Mercedes of ’n BMW, of ’n Volksie of wat?” Die tannie kyk hom só aan. Ongesteurd gaan die verkeerskonstabel voort: “Kom ons probeer weer, tannie. Wat kom nóú daar aan?” Die ou tante sê: “Dis ’n motorfiets.” Verkeerskonstabel: “Nee, tannie luister nie. Is dit ’n Kawasaki, of ’n Honda of ’n Yamaha. Watter soort motorfiets is dit?” Hy begin maar die kaartjie uitskryf en gee dit vir die ou tannie voordat hy terugstap na sy motorfiets. Die tannie skreeu: “Wag, meneer! Net ’n oomblik, asseblief! Kom luister jy nou net eers gou hier.” Die verkeerskonstabel stap terug. “Wat is dit, tannie?” “Sê vir my, ou seun: As jy daar in Bellville staan en daar op die anderkantste hoek is daar nou ’n ding met ’n minirokkie en boots aan en so ’n klein bostukkie en ’n sigaret in die hand. Wat is dit?” Verkeerskonstabel: “Tannie, maar dis mos ’n prostituut.” Tannie: “Nee, ou seun. Jy luister nie. Is dit jou sussie, of jou ma, of jou ouma?”
Verlede Saterdag het ek baie vroeg opgestaan toe dit nog donker was. Ek het my lang winteronderbroek aangetrek, my klere stilletjies aangetrek, vir my middagete gemaak, die hond gegryp, die motorhuis ingesluip en die boot agter my motor aangehaak, in die motor geklim en begin ry. Ek was kwalik in die straat of ’n reënbui sak uit. Omtrent ’n kilometer verder het ek besef dat dit ’n geweldige storm is wat ons getref het – daar was hael met die reëndruppels gemeng en die wind was besig
om baie sterk te waai. Ek het omgedraai, teruggery huis toe, my boot afgehaak en in die motorhuis gesit. Daarna het ek die kar weggebêre en die radio aangeskakel om te luister wat die weervoorspelling sê en gehoor dat hulle verwag dat dit heeldag stormagtig sal bly. Sag het ek in die huis teruggesluip, in die badkamer stilletjies uitgetrek, sag in die slaapkamer ingestap en agter my vrou se rug gaan inkruip. Ons het lekker lepelgelê, en ek het knus gevoel. Ek het sag in haar oor gefluister: “Die weer daarbuite is absoluut verskriklik.” Sy het half deur die slaap geantwoord: “Ja, ek kan nie glo daai onnosel man van my is daarbuite besig om vis te vang in sy skuit nie.”
In die dameskleedkamer van ’n beroemde kroeg in New York was daar ’n towerspieël. As ’n vrou voor hierdie spieël staan en die waarheid vertel, het sy een wens gekry wat bewaarheid sou word. Indien sy egter ’n leuen vertel, sou jy net POEF! hoor en jy sal onmiddellik deur die spieël ingesluk word en niemand sal jou ooit weer sien nie. ’n Rooikop wat miskien as mooi bestempel sou kon word, maar miskien ook nie, stap op ’n dag die kleedkamer binne en gaan staan voor die spieël en sê: “Ek dink ek is die mooiste vrou in die wêreld.” POEF! sluk die spieël haar in. Kort daarna stap ’n taamlik sensuele, maar effens gesette brunet by die kleedkamer in, gaan staan voor die spieël en sê: “Ek dink ek is die sexyste vrou op aarde!” POEF! en die spieël sluk haar in. Net toe kom ’n absoluut pragtige blondine binne, gaan staan voor die spieël en sê: “Ek dink …” POEF! …
Die vlieënier van ’n groot internasionale lugdiens moes ’n pragtige, jong blonde lugwaardin touwys maak. Die roete wat hulle sou vlieg sou hulle dwing om een aand oor te bly in ’n stad in die buiteland. Toe hulle daar aankom, wys die kaptein vir die lugwaardin die beste plekke waar vlugpersoneel eet, inkopies doen en oornag. Die volgende oggend, terwyl die vlieënier die hele bemanning bymekaarkry en instruksies gee oor die dag se roete, merk hy op dat die nuwe blonde lugwaardin nie daar is nie. Hy het geweet in watter kamer sy bly en bel toe om te hoor wat aan die gang is. Die blondine het die telefoon in trane beantwoord omdat sy nie uit haar kamer kon uitkom nie. “Kan jy nie uit jou kamer uitkom nie?” het die kaptein gevra. “Hoekom nie?” “Daar is net drie deure in hierdie kamer,” het sy gesnik. “Die een is vir die badkamer, die ander is vir die kas, en die derde een het ’n teken wat sê: Do not disturb!”
’n Blonde swemmer ding met ’n groot klomp ander vroue mee in die borsslagafdeling van ’n swemwedstryd van Robbeneiland na Kaapstad. ’n Bruinkop kom eerste en ’n rooikop tweede. Die blondine is heel laaste, en wanneer sy uiteindelik totaal uitgeput uit die water stap, lê sy ’n klag teen al die ander swemmers: “Ek wil nie moeilikheid maak nie, maar ek dink al die ander vroue het hulle arms gebruik.”
Die eienaar van ’n drankwinkel kry een aand laat, net voor middernag, ’n telefoonoproep: “Hallo. Hoe laat maak jou drankwinkel môreoggend oop?” “Om tienuur, meneer.” Die man raak aan die slaap en twee uur later lui die telefoon weer. “Hallo!”
“Ja.” “Wanneer … hmmm, hmm … maak die drankwinkel … nou weer oop?” “OM TIEN IN DIE OGGEND, MENEER!” Die man raak aan die slaap en ’n uur later word hy weer genadeloos gewek deur die lui van die telefoon. “Hallo!” “Ja, hmm … hmm … ma … uhm … wanneer maak die stoor oop?” “Om tien in die oggend, meneer, maar u is so dronk, ek weet nie of ek u by die voordeur gaan inlaat nie.” “Ek … hmmm, wil … nie … mmm … inkom nie. Ek … uhm …wil uitkom!”
Piet, wat in die omgewing van Makwassie boer, maak ’n motorongeluk. In die hof is die vervoermaatskappy se windgat prokureur besig om hom te ondervra: “Het jy op die ongelukstoneel gesê: ‘Ek’s orraait!’?” vra die prokureur. Piet: “Wel, kom ek vertel jou wat gebeur het. Ek het net my gunstelingkoei, Bessie, op die sleepwa gelaai en …” Die prokureur val hom in die rede: “Ek wil nie detail hê nie, antwoord net die vraag. Het jy op die ongelukstoneel gesê: ‘Ek’s orraait!’? Ja of nee?” Piet: “Wel, ek het net vir Bessie op die sleepwa gehad en ek was skaars op die pad …” Die prokureur val hom weer in die rede en sê aan die regter: “Edelagbare, ek probeer net die feit vasstel of hierdie man by die ongelukstoneel aan die verkeersman gesê het dat hy orraait is. Nou probeer hy my kliënt dagvaar. Ek glo vas hy is ’n bedrieër. Sê asseblief vir hom hy moet net die vraag beantwoord.” Teen hierdie tyd is die regter al redelik geïnteresseerd in Piet se storie oor Bessie, en sê vir die prokureur: “Ek wil graag sy storie oor die koei hoor.”
Piet bedank die regter en gaan voort met sy storie. “Wel, soos ek gesê het, ek het net vir Bessie op die sleepwa gelaai en was op die pad toe daar skielik ’n groot trok op my afkom, ’n stopstraat skip en my bakkie en sleepwa in hulle moer in ry. “Ek is eenkant toe gegooi in ’n sloot en Bessie anderkant toe in ’n ander sloot. Ek was seer, nogal erg seer, en kon nie beweeg nie. In elk geval, ek het toe vir Bessie gehoor kerm en ek het geweet sy is in erge pyn, net deur te luister na haar kreune. “Toe, net ná die ongeluk, kom daar ’n spietkop op die toneel aan en hy het ook Bessie se gekerm gehoor, en hy het na haar toe gegaan. Nadat hy die toestand gesien het waarin sy was, het hy sy pistool uitgetrek en haar tussen die oë geskiet. “Toe kom die spietkop oor die pad na my kant toe, sy pistool nog steeds in sy hand, en hy vra: ‘Hoe voel jy?’ “Nou sê vir my, meneer die prokureur, wat de bliksem sou j´y vir hom gesê het?”
’n Wêreldberoemde kunstenaar het op die toppunt van haar loopbaan ’n probleem met haar oë begin ontwikkel, en sy het gevrees dat sy haar sig heeltemal sou verloor. Omdat sy bang was dat sy dan nie meer met haar skilderkuns sal kan voortgaan nie, is sy na die beste oogchirurg in die wêreld. Ná weke van delikate operasies en terapie het sy weer haar sig volkome herwin. Die skilder was so dankbaar dat sy besluit het om op een hele muur in die dokter se spreekkamer ’n skildery te verf. ’n Deel van haar werk het ingesluit ’n enorme groot oog teen die een kant van die muur. Nadat sy met haar werk klaar was, het sy ’n perskonferensie gehou by die dokter se spreekkamer om die werk aan die media bekend te stel. Tydens die perskonferensie het een van die verslaggewers na die oog teen die muur gekyk en toe vir die dokter gevra: “Wat was u eerste reaksie toe u die muurskildery sien? Veral daardie oog in die hoek?” “Dankie vader ek is nie ’n ginekoloog nie.”
’n Man kom eendag vroeg van die werk af by die huis aan en hoor ’n eienaardige geluid in die slaapkamer. Hy hardloop teen die trap op en vind sy vrou kaal in die bed, natgesweet en hygend na haar asem. “Wat’s aan die gang?” “Ek is besig om ’n hartaanval te kry!” roep die vrou uit. Die man hardloop terug na die onderste verdieping, gryp die telefoon en net terwyl hy besig is om die nommer te skakel, kom sy vierjarige seun na hom toe en sê: “Pappa! Pappa! Oom Gert is in die hangkas en hy’t geen klere aan nie!” Die man gooi die telefoon neer en storm weer boontoe na die slaapkamer toe. Hy hardloop verby sy skreeuende vrou en pluk die hangkas se deur oop. Waaragtig, daar staan sy broer, Gert, heeltemal kaal, heeltemal verleë. “Jou bliksem!” skree die man. “My vrou het ’n hartaanval en al wat jy kan doen is om kaal in die huis rond te loop en die kinders bang te maak!”
’n Pragtige rooikopvrou besoek haar dokter. Sy kla dat haar hele lyf seer is, waar sy ook al daaraan raak. “Dis onmoontlik!” sê die dokter, “wys vir my.” Die rooikop neem haar vinger, druk teen haar linkerbors en skree van die pyn. Dan druk sy op haar elmboog met die vinger en weer roep sy uit dat dit seer is. Daarna haar knie en weer skreeu sy. Dieselfde gebeur wanneer sy aan haar enkel raak – oral waar sy druk, laat haar uitroep van die pyn. “Jy’s nie regtig ’n rooikop nie, is jy?” vra die dokter. “Wel, nie eintlik nie,” antwoord sy. “Ek is eintlik ’n blondine.” “Ek het so gedink,” antwoord die dokter. “Jou vinger is gebreek.”
By ’n skemerkelkpartytjie vra een vrou aan ’n ander: “Dra jy nie jou trouring aan die verkeerde vinger nie.”
Antwoord: “Ja, dis reg, ek het die verkeerde man getrou.”
Sannie het onlangs ’n boek gekoop met die eienaardige titel: Wat vyf miljoen Suid-Afrikaanse vroue wil hê. Toe Klaas die boek in sy vrou se hande sien, gryp hy dit en begin dadelik daardeur blaai. Uiteraard is Sannie hoogs geïrriteerd en kwaad vir Klaas: “En wat dink jy is jy besig om te doen?” Klaas: “Ek wou net kyk of hulle my naam reggespel het.”
’n Knorrige Joodse tante genaamd Mrs Rosenberg bevind haar een aand laat by ’n gewilde vakansieoord – ongelukkig een wat nie Jode as gaste toelaat nie. Die man by die ontvangstoonbank kyk in sy boek en sê: “Jammer, die hotel is vol. Ek het nie vir u ’n kamer nie.” Mrs Rosenberg: “Maar julle uithangbord sê dan uitdruklik dat daar oop kamers is.” Die ontvangsklerk bloos bloedrooi en sê dan apologeties: “U weet, ons laat nie Jode hier toe nie. Hoekom gaan probeer u nie ’n ander hotel nie.” Mrs Rosenberg trek haar rug styf en sê: “Wat jy dalk nie weet nie, jong man, is dat ek oorgegaan het na die Christelike geloof.” Die klerk: “O ja? Laat ek u ’n klein toets gee. Hoe is Jesus gebore?” Mrs Rosenberg: “Die maagd Maria het hom in die lewe gebring op ’n dorpie genaamd Betlehem.” “Baie goed,” antwoord die ontvangsklerk. “Vertel my ’n bietjie meer.” Mrs Rosenberg brei uit: “Hy is in ’n stal gebore.”
“Nog steeds reg,” antwoord die ontvangsklerk. “En hoekom is hy in ’n stal gebore?” Mrs Rosenberg laat nie op haar wag nie: “Omdat ’n swyn soos jy wat by ’n hotel gewerk het, geweier het om ’n aangename Joodse tannie oornagverblyf te gee!”
’n Gholfspeler is besig om aan te lê vir ’n hou. Vir sy medespeler voel dit asof dit hom ’n eeu neem om die hou geslaan te kry. Hy kyk op en dan kyk hy af, meet die distansie na die putjie toe en probeer vasstel hoe die wind waai. Hoe langer dit hom neem, hoe meer begin dit sy maat irriteer. Uiteindelik sê sy speelmaat: “Wat’s aan die gang? Slaan die verbrande bal!” Die man: “My vrou staan daar bo in die klubhuis en is besig om te kyk hoe ek speel. Ek wil hê dat hierdie die volmaakte skoot moet wees.” “Man, vergeet daarvan,” antwoord sy maat, “jy gaan haar nooit van hier af raakgeslaan kry nie.”
Liggaamstatistieke
Dit neem kos sewe sekondes om van jou mond tot by jou maag uit te kom wanneer jy dit sluk. Een haar van die mens kan drie kilogram gewig dra.
Die gemiddelde man se penis is drie maal so lank soos sy duim. Die mens se dybene is sterker as beton. ’n Vrou se hart klop aansienlik vinniger as ’n man s’n. Daar is omtrent een biljoen bakterieë op elk van jou voete. Vrouens knip twee maal soveel keer as mans hul oë. Die gemiddelde mens se vel weeg twee keer soveel soos sy brein. Jou liggaam gebruik driehonderd spiere om sigself te balanseer wanneer jy stilstaan. As jou spoeg niks kan laat oplos nie, kan jy dit ook nie proe nie. Vrouens wat hierdie feite gelees het, sal nou klaar wees. Mans wat hierdie lees, is nou waarskynlik steeds besig om te kyk hoe lank hul duime is.
’n Italianer, ’n Fransman en ’n Boerseun spog by mekaar oor hoeke goeie minnaars hulle is. Seg die Italianer: “Gisteraand het ek my vrou se lyf oral met olie ingesmeer en gemasseer en daarna het ons ievolle liefde gemaak en sy het vir vyf minute aaneen in ekstase gekreun.” Waarop die Fransman antwoord: “Gisteraand het ek my vrou se hele lyf ingesmeer en met ’n spesiale welriekende olie gemasseer en daarna het ons ievolle liefde gemaak. Sy het vir ’n kwartier lank in ekstase gekreun en geskree. Waarop die Boerseun nie sy trots kan wegsteek nie: “Dis nog niks. Gisteraand het ek my vrou se hele lyf ingesmeer met ’n spesiale botter. Ek het haar hele lyf gestreel met die botter en daarna het ons liefde gemaak. En sy het twee uur lank aanmekaar geskree.” Die Fransman en die Italianer kan dit omtrent nie glo nie. “Twee uur!
Fenomenaal! Hoe het jy dit reggekry om haar vir twee uur lank te laat skree.” Boerseun: “Ek het my hande aan die gordyne afgevee.”
’n Seun kom by die huis aan met ’n skoolopdrag. Hy stap na sy pa om hulp: “Pa, kan Pa vir my sê wat is die verskil tussen potensiaal en werklikheid.” Sy pa kyk op, diep ingedagte en sê: “Miskien moet ek dit vir jou demonstreer, my kind. Gaan vra vir jou ma of sy vir een miljoen rand saam met Robert Redford sal slaap. Gaan vra dan vir jou suster of sy saam met Brad Pitt sal slaap vir ’n aand. Kom dan terug en vertel my.” Die seun kyk sy pa verbaas aan, maar besluit dat hy tog maar sal doen soos sy pa vra. “Ma,” vra hy, “as iemand vir Ma eenmiljoen rand gee, sal Ma saam met Robert Redford slaap?” Sy ma kyk eers of daar nie iemand is wat haar sal hoor nie en sê dan: “Moenie vir jou pa sê nie, maar ja, ek sal.” Toe gaan hy na sy suster se kamer en vra: “As iemand vir jou ’n miljoen rand gee, sal jy saam met Brad Pitt slaap?” Sy suster kyk verheug op en skree: “Natuurlik! Natuurlik! Wie sal nie?” Die seun gaan terug na sy pa en sê: “Pa, ek dink ek verstaan dit nou mooi. Ons het die potensiaal om twee miljoen rand te verdien, maar in werklikheid slaap ons saam met twee regte koeie.”
’n Man sit in ’n baie deftige restaurant alleen by sy tafel. ’n Entjie van hom af sit ’n pragtige rooikopvrou. Hy kyk heeltyd na haar en wonder hoe dit sal wees as hy na haar toe oorstap en met haar begin gesels. Ongelukkig het hy nie die moed van sy oortuiging nie. Skielik nies sy, en tot sy groot verbasing sien hy hoe haar een oog uitspring uit
die oogkas en in sy rigting skiet. Hy spring uit sy stoel uit op en vang die oog voordat dit die grond tref. Hy staan op en neem die oog na haar terug. Wanneer hy by haar tafel kom, is die rooikop baie verleë en bloos bloedrooi: “Ek is verskriklik jammer oor wat gebeur het,” sê sy terwyl sy die glasoog in sy oogkas terugdruk. Dan kyk sy na hom en vra: “Kan ek vir jou aandete koop vir hierdie aaklige ding wat jy beleef het.” Hy stem uiteraard in en neem by haar tafel plaas. Hulle geniet ’n wonderlike aand saam en daarna gaan hulle uit om bietjie kabaret te kyk en volg dit op met nog ’n paar drankies. Hulle eet, lag en geniet die samesyn. Sy vertel hom van haar diepste drome en hy vertel vir haar van syne. Hulle luister albei aandagtig na mekaar en dit is duidelik dat hulle sielsgenote is. Aan die einde van die aand betaal sy vir alles en vra hom of hy nie saam met haar na haar woonstel wil kom vir ’n koppie koffie en dan sommer oorbly vir brekfis nie. Die man kan sy ore nie glo nie. Hy gaan saam met haar en hulle het ’n ontsaglike, heerlike aand en nag. Die volgende oggend kook sy vir hom ’n brekfis wat met die beste gourmetontbyt ter wêreld vergelyk kan word. Die man se mond hang oop. Vandat haar oog uit sy oogkas gespring het, was alles wat gebeur het, net te wonderlik vir woorde: “Jy weet,” sê hy, “jy is die volmaakte vrou. Vir my is jy perfek. Die vraag vir my is net hoekom jy alleen is – het jy nog nie iemand ontmoet in wie jy belang stel nie?” “Nee,” antwoord sy rustig. “Jy sien, dis nog net jy wat my oog gevang het.”
Albert Einstein kom by ’n partytjie aan en stel hom voor aan die eerste persoon wat hy ontmoet: “Wat is jou IK?” Die vrou: “243.” “Wonderlik!” roep Einstein uit. “Kom ons gesels oor die groot unifikasieteorie en die geheime van die kosmos. Ons het so baie om oor te praat.” Ná ’n ruk stel hy hom aan ’n ander vrou voor en vra: “Wat is jóú IK?” Waarop die vrou antwoord: “144.”
“Dit is fantasties! Ons kan oor politiek en aktuele sake gesels. Ons het so baie om oor te praat!” Ná ’n ruk verskoon Einstein homself en stap na die naaste man. “Wat is jou IK?” vra hy. Die man: “50.” “Fantasties! Hoe gaan dit met jou? Speel die Bulle hierdie naweek?”
In die jaar 2001 het ’n bejaarde Italiaanse man wat net buite die dorpie Rinini gewoon het na sy plaaslike priester gegaan om te gaan bieg. Toe die priester die paneeltjie in die biegkamertjie oopskuif, begin die man: “Vader, gedurende die Tweede Wêreldoorlog het ’n beeldskone Joodse vrou uit ons buurt aan my deur geklop en gevra of ek haar kan wegsteek van die Nazi’s. Ek het haar toe in my solder weggesteek.” Die priester: “Dit was ’n wonderlike medemenslike daad van jou, en jy het geen rede om daaroor te bieg nie.” “Daar is ongelukkig meer wat ek moet vertel, Vader. Sy het my goedheid begin beantwoord met seksuele gunsies. Dit het verskeie kere in ’n week gebeur en dikwels tot twee keer op ’n Sondag.” Die priester is vol begrip: “Dit was so lank gelede en hoe ’n mens ook al daarna kyk, deur te gedoen het wat jy gedoen het, het jy die twee van julle in groot gevaar geplaas. En twee mense in sulke omstandighede kan maklik toegee aan die swakheid van die vlees. Maar as jy werklik jammer is vir jou aksies, sal jy inderdaad daarvoor vergewe word.” “Dankie, Vader, dit haal ’n groot las van my skouers af. Maar daar is net een verdere vraag?” “En wat is dit?” “Moet ek haar nou vertel dat die oorlog al verby is?”
’n Tienerseun het pas sy rybewys gekry en wou by sy pa weet of hulle kon gesels oor die gebruik van sy kar. Die pa het gesê dat hy ’n ooreenkoms met sy seun sou aangaan: “Sorg jy dat jy ’n gemiddelde B-simbool vir al jou vakke kry, sorg ook dat jy op datum kom met jou Bybelstudie, en laat jou hare sny, dan kan ons oor die kar gesels.” Die seun het ’n rukkie daaroor nagedink en besluit dat die aanbod vir hom aantreklik genoeg is en hulle het so ooreengekom. Ná omtrent ses weke vra sy pa: “Ou seun, ek sien jou simbole by die skool is almal B’s en ek sien ook dat jy gereeld sorg dat jou Bybelstudie op datum is, maar ek is baie teleurgesteld dat jy nog nie jou hare laat sny het nie.” “Pa weet,” sê die seun, “ek het nou al baie daaroor nagedink. In my Bybelstudie het ek agtergekom dat Simson baie lang hare gehad het, Johannes die Doper het ook lang hare gehad, en Moses het lang hare gehad – daar is ook sterk getuienis dat Jesus lang hare gehad het.” Waarop sy pa antwoord: “Het jy ook opgemerk dat hulle almal gelóóp het waar hulle wou wees?” Drie vriendinne ontmoet mekaar op ’n gereelde basis vir ’n dop ná werk. Een is in ’n losse verhouding, ’n ander is verloof en trou binnekort en die derde is al geruime tyd getroud. Een aand begin hulle praat oor hoe hulle dit regkry om hul sekslewe so ’n bietjie woema te gee. Ná baie geheen-en-weer, besluit hulle dat hulle hul mans gaan verras met ’n bietjie S&M-rolspel. So gesê so gedaan. Die week daarop kom hulle bymekaar om notas te vergelyk. Die meisie wat net in ’n losse verhouding is, glimlag breed en sê: “Verlede Vrydag, ná werk is ek na my kêrel se kantoor met net ’n leerjas aan. Nadat al die ander mense weg is, het ek dit uitgetrek en al wat ek daaronder aangehad het, was ’n leerbra, broekie en swart kouse met hoë stiletskoene. Hy was so verras en opgewerk dat ons net daar op sy lessenaar die ding gedoen het!” Die verloofde vrou het gegiggel en gesê dat dit met haar baie dieselfde gegaan
het: “Toe my verloofde laas Vrydag by die huis kom, het ek vir hom gewag met ’n swart masker op, ’n leerbodice, swart kouse en stiletskoene. Hy was so aangenaam verras dat ons nie net alleen die hele nag liefde gemaak het nie, hy wil nou glad gouer trou.” Die getroude vrou het haar glas neergesit, haar gesig sedig, “Ek het baie beplan. Ek het gereël dat die kinders by hul ouma oorbly vir die aand. Ek het ’n lang, rustige bad geneem met baie badolie en toe het ek my beste parfuum aangespuit. Ek het ’n nousluitende leerborsrok aangetrek, ’n swart broekie, swart skoene en hoë sestiensentimeter-stiletto’s. Ek het ook ’n swart masker opgehad, gereed vir aksie. “Toe my man by die huis kom, het hy dadelik ’n bier uit die yskas gehaal, die TV aangeskakel en vir my geskree: ‘Haai, Batman! Wat eet ons vanaand!’”
’n Man het pas die boek klaar gelees met die titel Jy kan baas in jou eie huis wees. Hy stap vol bravade kombuis toe en sê vir sy vrou: “Van nou af aan moet jy weet dat ek die baas in hierdie huis is. My woord is wet. Jy sal elke aand vir my ’n fantastiese bord kos kook. Nadat ek klaar geëet het, sal jy vir my ’n wonderlike nagereg voorsit. En daarna sal jy slaapkamer toe gaan en jouself gereed maak, want daarna gaan ons die wonderlikste seks hê wat jy nog ooit in jou lewe gehad het. Dit sal elke aand gebeur. En sodra ons klaar is met die seks, sal jy vir my ’n bad gaan tap sodat ek ’n bietjie kan ontspan. Jy sal my rug vir my was en my kamerjas vir my bring wanneer ek langs die bad staan. Dan, sonder om te kla, sal jy my hande en voete masseer. Die volgende oggend as ek wakker word en weer klaar gebad het, en jy my afgedroog het, raai wie sal my hare kam?” Die vrou, nadat sy ’n rukkie nagedink het: “Seker die begrafnisondernemer.”
’n Paartjie was by ’n partytjie waar dit baie jolig gegaan het. Agterna, op pad huis toe, vra die vrou aan haar man: “Skattie, het enigiemand jou al ooit vertel hoe aantreklik, sexy en absoluut onweerstaanbaar jy vir vroue is?”
Die man het net gelag en gesê: “Nee, liefling, niemand het nog nie.” Waarop sy vrou skree: “Nou wat de donder het jou dié idee gegee op vanaand se partytjie?!”
Wat is die verskil tussen ’n goeie sekretaresse en ’n báie goeie sekretaresse? ’n Goeie sekretaresse sê elke dag: “Goeiemôre, meneer.” ’n Báie goeie sekretaresse sê: “Goeiste, meneer, dis al môre.”
Seuntjie vra sy pa: “Waar kom ek vandaan?” Pa: “Jy kom uit ’n saadjie wat op ’n warm plekkie gebêre is.” Seuntjie vat ’n saadjie en bêre dit onder die voordeurmatjie. Ná ’n paar dae onthou hy, hy lig toe die matjie op en ’n kriek spring uit. Seuntjie: “Hiert! As jy nie my kind was nie het ek jou nou in jou moer in getrap.”
’n Pa doen inkopies in die supermark saam met sy vierjarige seuntjie. Die laaitie is baie woelig. Sy pa gee hom ’n vyfrandmunt om hom mee besig te hou. Skielik merk die pa dat die kind besig is om aan iets te verstik en dat hy blou word in die gesig. Hy raak paniekerig en roep luidkeels om hulp. Die supermark kom tot stilstand. ’n Welgeklede, aantreklike vrou sit by die supermark se koffiekroegie en koerant lees. Sy lyk soos ’n sakevrou en ietwat geïrriteerd met die lawaai wat die pa
opskop. Dan staan sy op, vou die koerant netjies op en stap na die toonbank. Sy sit die koerant mooi neer sodat dit haaks met die toonbank se kant lê. Dan stap sy rustig nader. Senuwees van staal. Sy is die ene erns. Toe sy by pa en seun kom, neem sy die seuntjie se armpie ferm vas. Met die ander hand neem sy die kind se knatertjies en begin hulle druk. Sag aanvanklik, maar met toenemende krag. Ná dertig sekondes buig die kind skielik vooroor, kry ’n hewige hoesbui en spu die muntstuk uit. Die vrou vang die muntstuk voordat dit op die grond kan val. Sy los die kind se knatertjies en gee die muntstuk sonder ’n woord terug aan die geskokte pa. Dan draai sy met een beweging om en stap terug na die koffiekroeg. Daar gekom, neem sy weer die koerant van die toonbank af op en gaan sit by ’n tafeltjie waar sy ongesteurd verder lees. Nadat die pa seker gemaak het dat sy kind niks oorgekom het nie, haas hy hom na die vrou by die koffiekroeg om haar te bedank. “Ek het nog niemand ooit so iets sien doen nie,” sê hy uitasem. “Dit was fantasties! Is jy ’n dokter?” “Nee,” antwoord die vrou ewe saaklik. “Ek werk vir die Ontvanger van Inkomste.”
Gisteraand het ek en my vrou lank in die sitkamer gesit en gesels oor die lewe, en die dingetjies wat saak maak. Soos dit maar met sulke gesprekke gaan, het ons gereeld in die verbygaan verwys na die dood, erge pyn en die verlossing daarvan. “My skat,” het ek aan haar gesê, “as dit eendag so sleg met my gaan dat ek net lê en aan die gang gehou word deur masjiene en vloeistowwe, wil ek hê dat jy al die kontrepsies wat my aan die gang hou, moet afskakel. Ek sal liewer sterf as om in so ’n toestand te moet lê en vergaan.”
Toe staan my vrou op. Ek kon sien dat sy ’n kyk van bewondering in haar oë het. Sy diskonnekteer toe my TV-stel, my DVD-speler, my rekenaar en my Xbox. Toe stap sy na die yskas en gooi al my bier in die drein af. Sy kan baie bly wees dat ek nie meer so vinnig kan beweeg nie.
Ek kyk my vrou op ’n dag só aan en sê: “Queenie, toe ons dertig jaar gelede getroud is, het ons ’n goedkoop woonstel en ’n goedkoop kar gehad. Ons het op ’n sponsmatras geslaap en nie ’n TV gehad nie. Maar ek het elke aand by ’n vuurwarm blondine in die kooi geklim. Nou het ons ’n mooi huis, ’n mooi kar en ’n TV met ’n plasmaskerm. Maar ek slaap elke aand by ’n vrou van 55 en ek dink nie jy is besig om jou kant te bring nie.” My vrou is rêrig ’n baie redelike mens. Sy sê toe ek moet gaan en vir my ’n warmbloedige 25-jarige blondine soek. Dan sal sy, wat my vrou is, seker maak dat ek weer in ’n goedkoop woonstel bly, in ’n goedkoop tjor ry, op ’n sponsmatras slaap en glad nie TV kyk nie. Ouer vroue is briljant. Hulle weet presies hoe om jou mannopousekrisis op te los.
’n Groepie studente in filosofie kom in hul derde jaar by die universiteit aan. Hulle stap die klas binne, kry hul sit en sien dat die proffie op die swartbord net een vraag geskryf het. Dit is ’n opdrag: “Gebruik alles wat u in u kursus van drie jaar geleer het om vir my te bewys dat die stoel waarop ek sit nie bestaan nie.” Die studente spring weg. Hulle skryf en beplan hul antwoorde en is oor die algemeen heeltemal verdiep in die opdrag. Behalwe die enigste vroue-student in die klas. Sy gebruik dertig sekondes om haar antwoord te skryf en handig dan haar antwoordstel by die proffie in. Die mans in die klas se monde hang oop. Hulle kan nie glo dat iemand drie jaar se studie in die wind sal gooi met so ’n argelose daad nie.
Toe hulle later hul antwoordstelle terugkry, is hulle dronkgeslaan om te sien dat die vroue-student wat so vinnig haar antwoordstel ingehandig het, volpunte gekry het. Hulle storm op die professor af om uit te vind wat die vrou dan geskryf het. Die proffie glimlag breed en lees die vrou se antwoord aan hulle voor: “Watter stoel?”
Een aand nadat ’n egpaar in die bed geklim het om te gaan slaap, kom die vrou agter dat haar man besig was om haar op ’n baie eienaardige manier te betas. Hy het begin deur sy hand oor haar skouers te vryf en toe na die klein kant van die rug te beweeg. Sy hande het daarna na haar voorkant beweeg, oor haar borste gestreel en hulle net liggies aangeraak. Toe, terwyl hy sy hand stadig oor haar flanke laat afgly na haar maag toe, het hy ook begin om met die ander hand haar net onder die naeltjie te betas. Hy het verder gegaan. Eers haar heupe van die een kant na die ander gestreel, en toe baie liggies sy hand aan die binnekant van haar dye laat afgly. Hy het dit herhaal. Sy hand het lig teen haar linkerdy opbeweeg, gehuiwer en toe sag teen die regterdy afbeweeg. Teen hierdie tyd het die vrou taamlik opgewonde begin voel en haarself ’n bietjie verskuif sodat sy dinge vir hom makliker kon maak. Skielik het die man sy strelery gestaak en na sy kant van die bed gerol. “Hoekom het jy opgehou, my skat?” fluister sy. Hy antwoord terug, ook in ’n fluisterstem: “Ek het die remote gekry.”
’n Man sit by die huis en rugby kyk toe sy vrou hom roep en vra: “Skattie, sal jy asseblief die lig in die gang regmaak? Dit flikker verskriklik en kan enige oomblik blaas.” Die man kyk nie van sy rugby af weg nie, maar snou haar toe: “Die lig regmaak? Soos wat lyk dit vir jou staan hier op my voorkop? General Electric? Maak dit
self reg!” Sy vrou vra weer: “Wel, as jy nie die lampie wil doen nie, wil jy nie die yskasdeur heelmaak nie. Dit wil nie reg toemaak nie.” Weer snou haar man van voor die televisie af: “Die yskas se deur regmaak!? Wat lyk dit vir jou staan op my voorkop? Defy?” “Nou maar goed,” antwoord sy, “maar wat dan van die trappies by die voordeur? Hulle gaan ook een van die dae breek.” Die man snou haar weer vanuit die sitkamer toe: “Ek is nie ’n blerrie skrynwerker nie en ek maak nie trappe reg nie. Soos wat lyk ek vir jou?” Hy sit ’n rukkie en stoom en spring dan op en gryp sy baadjie: “Ek het nou genoeg gehad van jou. Ek gaan na die kroeg om in vrede die wedstryd klaar te kyk.” Hy bly ’n paar uur lank weg en drink heelwat langer as wat die rugbywedstryd duur. Uiteindelik begin hy effens skuldig voel oor hoe hy sy vrou behandel het en besluit om huis toe te gaan en haar te gaan help. Toe hy by die huis aankom, merk hy dat die trappies by die voordeur reeds herstel is. Toe hy die huis binnegaan, sien hy dat die gang se lig nie meer flikker nie, maar perfek werk. Toe hy yskas toe stap om vir hom nog ’n bier te gaan haal, merk hy dat die yskasdeur skielik ook reggemaak is. “Skattie,” roep hy uit, “hoe het al hierdie goed so gou reggekom?” “Wel,” antwoord sy, “pas nadat jy hier weg is, het ek buitekant gaan sit en huil. Toe kom daar ’n baie vriendelike jong man verby en vra my wat verkeerd is. En toe vertel ek hom. Hy het aangebied om al die goed reg te maak en al wat ek moes doen, is om óf saam met hom bed toe te gaan, óf vir hom ’n koek te bak.” Haar man vra dadelik: “En watse soort koek het jy toe vir hom gebak?” “Halloooo!” sê sy. “Wat staan hier op my voorkop geskryf? Betty Crocker?”
Op ’n dag bevind ’n knorrige sammajoor hom by ’n fondsinsamelingsfunksie wat gehou word deur ’n kunsskool naby sy basis. Daar was geen tekort aan pragtige, idealistiese, gewillige jong dames by die funksie nie. Een van hulle het
nader gestaan aan die sammajoor om ’n geselsie met hom aan te knoop. “Verskoon my, sammajoor, maar u blyk ’n baie ernstige mens te wees, is daar iets wat u pla?” “Negatief, juffrou. Ek is net van nature ernstig.” Die jong vrou het na al sy dekorasies gekyk, en was baie beïndruk: “Dit lyk my jy het al baie aksie gesien.” “Ja, juffrou. Baie.” Die gesprek wou nie juis vlot nie en daarom het die vrou besluit om dinge ’n bietjie aan te wakker. “Jy weet, jy moet ’n bietjie ontspan. Jy moet dinge begin geniet.” Die sammajoor het haar net aangestaar. Uiteindelik sê sy: “Jy weet, moet dit nou nie verkeerd opneem nie, maar wanneer was die laaste maal dat jy seks gehad het?”
“19.55, juffrou.” “Wel, daar’s die rede. Jy moet regtig leer om te ontspan en dinge nie so ernstig opneem nie. Goeie genade! Geen seks sedert 1955 nie!” Sy het sy hand geneem en hom na ’n privaat kamer gelei waar sy voortgegaan het om hom verskeie kere te laat ontspan. Agterna, terwyl sy besig was om asem te skep en tot verhaal te kom, het sy met haar kop teen sy kaal bors gelê en gesê: “Sjoe! Jy het sekerlik nie baie vergeet sedert 1955 nie! Die sammajoor het na sy horlosie gekyk en op sy droë manier gesê: “Ek hoop nie so nie, dis nou eers 21.30.”
’n Man bel sy eksvrou en, met ’n vermomde stem, vra hy om met homself te praat. “Jammer, hy woon nie meer hier nie, ons is geskei!” Die volgende dag doen die man dieselfde – met dieselfde gevolge. So gaan dit vir ’n week lank aan en uiteindelik besef sy eksvrou wie dit is wat bel: “Kyk hier, jou lummel! Ons is geskei! Finito! Die einde van die storie! Wanneer gaan jy dit deur jou dikkop kry?” “Nee, moenie bekommerd wees nie, ek weet maar te goed ons is geskei, ek kan net nie genoeg daarvan kry dat jy dit vir my vertel nie!”
Die familie en vriende van ’n baie siek man het buite die intensiewe waakeenheid van ’n hospitaal gesit en wag vir nuus. Uiteindelik het die dokter uit die intensiewe waakeenheid gekom, moeg en baie somber: “Ek is bevrees ek is die draer van slegte tyding,” het hy gesê terwyl hy na die bekommerde gesigte kyk. “Die enigste hoop wat daar vir jul geliefde man en broer is, is dat hy nou ’n breinoorplanting moet kry. Dit is ’n baie duur prosedure, daar is ’n hoë risiko
daaraan verbonde en julle sal self vir die brein moet betaal. Die familie en vriende het daaroor gesit en nadink. Ná ’n rukkie vra een van hulle: “Hoeveel kos so ’n brein?” Die dokter antwoord dadelik: “Dis vyfhonderdduisend rand vir ’n man se brein en tweehonderdduisend rand vir ’n vrou se brein.” Daar was ’n ongemaklike stilte. Die mans in die kamer het probeer om nie te glimlag nie en wou nie oogkontak maak met die vroue nie, maar sommige van hulle het ligweg gegrinnik. Een van die mans, wat nie sy nuuskierigheid kon beteuel nie, vra toe na ’n ruk: “Maar hoekom is die mansbrein dan soveel duurder as die vroue-brein?” Die dokter het oor hierdie kinderlike onskuld geglimlag en gesê: “Dit is maar ’n deel van ons standaardprysbepaling. Ons moes die prys van die vroue-breine ’n bietjie afskaal, want hulle is die enigste wat eintlik reeds gebruik is.”
’n Pragtige jong vrou klim in die hysbak in, en almal kan ruik dat sy baie duur parfuum aanhet. Sy draai na ’n ou Italiaanse vrou langs haar en sê, effe arrogant: “Giorgio, Beverley Hills, R1000 ’n ons!” By ’n volgende verdieping klim ’n ander jong en pragtige vrou in die hysbak in en dit is ook vir almal duidelik dat sy eweneens ’n baie duur parfuum gebruik. Ook sy draai na die ou tannie en sê: “Chanel No. 5, R1 500 ’n ons!” Drie verdiepings verder, het die ou Italiaanse tante haar bestemming bereik en is op die punt om uit die hysbak te klim. Net voordat sy uitklim, wend sy haar tot albei die pragtige popsies, draai om, buk vooroor en poep in hulle rigting. “Broccoli, R0,49 sent per kg.”
’n Eend loop by ’n kroeg in en bestel ’n bier en ’n toebroodjie. Die kroegman – want dit is ’n man – kyk na die eend en vra: “Maar jy’s ’n eend.”
“Ek kan sien dat jy baie goeie oë het,” antwoord die eend. “En jy praat.” “En met jou ore is daar ook niks verkeerd nie,” antwoord die eend. Die eend hou aan met praat. “Kan ek nou my bier en my toebroodjie kry, asseblief?” “Natuurlik,” antwoord die kroegman. “Jammer daaroor. Dis net dat ons baie mans en vroue in hierdie kroeg kry, maar nie eintlik eende nie. Wat doen jy in hierdie kontrei?” “Ek werk oorkant die pad by die plek waar hulle die huise bou,” verduidelik die eend. Die eend drink sy bier, eet sy toebroodjie en stap by die kroeg uit. Hierdie toneeltjie herhaal hom twee weke lank. Nie omdat die eend dom is nie, maar omdat die kroegman eenvoudig nie kan glo dat ’n eend kan praat en eet en drink nie. Op ’n dag kom die sirkus op die dorp aan. Die sirkusbaas kom maak ook ’n draai in die kroeg en die kroegman sê aan hom: “Ek ken ’n eend wat absoluut briljant sal wees in jou sirkus. Hy praat, hy drink bier, hy eet toebroodjies, en hy is boonop nog heeltemal intelligent ook.” “Fantasties!” roep die sirkusbaas uit. “Vra hom om my te bel, asseblief.” Die volgende dag toe die eend weer by die kroeg instap, is die kroegman sommer baie opgewonde: “Haai, meneer eend, ek het dalk vir jou ’n nuwe werk wat vir jou baie goeie geld kan inbring.” Die eend kyk hom skepties aan: “Watse werk is dit?” “By die sirkus,” antwoord die kroegman. “Sirkus?” “Dis reg!” “Sirkus?” vra die eend weer.
“Jy’t my reg gehoor,” sê die kroegman. “Daai plek met die groot tent?” vra die eend weer. “Jip.” “Met al die diere?” “Uiteraard.” “Met die groot seildak en die gaatjie in die middel?” vra die eend. “Dis soos jy daar sê.” Die eend lyk baie verbouereerd: “Wat op aarde wil hulle met ’n messelaar maak?”
Drie ou skoolvriendinne ontmoet mekaar by hul klasreünie, vyf en twintig jaar ná matriek. Hulle besluit om in die komende week saam ’n middagete te gaan nuttig. So gesê so gedaan en om die etenstafel begin hulle gesels oor hulle lewe, wat hulle alles bereik het, waarop hulle trots is, en soos dit nou maar gaan, begin hulle spog. Die eerste vrou sê: “Oor twee weke neem my man my vir ons jaarlikse vakansie aan die Franse Riviera.” Sy kyk met ’n effense meerderwaardige blik na die ander twee, veral asof sy hulle uitdaag om daarop te verbeter. Die tweede vrou antwoord: “My man het pas vir my ’n Mercedes gekoop. Elke jaar hierdie tyd kry ek ’n nuwe kar. Sy lyk ook baie trots op hierdie prestasie. Die derde vrou sê: “Wel, om heeltemal eerlik met julle te wees, het ons nie so baie geld nie. Ons het ook nie so baie aardse besittings nie, maar dertien kanaries kan skouer aan skouer op my man se ereksie staan.” Ná ’n baie lang stilte begin die eerste vrou bloos en sê: “Jong, ek moet bieg. Ek wou julle net beïndruk. Ons gaan nie rêrig na die Franse Riviera toe nie. Ons gaan by my ouers kuier op Patensie.”
Die tweede vrou antwoord: “Ek moet sê ek voel ook nou ’n bietjie verleë. As ek heeltemal eerlik moet wees, moet ek erken dat my man nie vir my ’n Mercedes gekoop het nie. Hy het vir my ’n klein ou tweedehandse Volksie gekoop.” Albei kyk na die derde vrou. “Wel,” sê die derde vrou. “Ek moet ook erken ek het ’n bietjie oordryf. Die dertiende kanarie kan net op een been staan.”
Klein Pietie kom in die kombuis waar sy ma staan en werk. Hy begin dadelik met haar lol oor wat hy vir Kersfees wil hê. “Ma,” sê die mannetjie, “ek soek ’n fiets vir Kersfees.” Almal op die dorp weet Pietie is ’n bitter stout kind. Ongelukkig vir hom weet sy ma dit ook. Sy weet dat hy altyd met almal bly skoorsoek by die skool, en sy weet dat die skoorsoekery nie ophou as hy middae by die huis kom nie. Sy ma sê toe vir hom dat hy eers moet dink hoe soet hy deur die jaar was. Dan moet hy vir Jesus ’n briefie skryf en vir Jesus vertel hoekom dit is dat hy verdien om ’n fiets te kry vir Kersfees. Sy ma is nie baie goed vir Pietie se humeur nie. Hoogs befoeterd stap hy na sy kamer en begin ’n brief skryf: Liewe Jesus Ek was baie soet hierdie jaar. Kan ek asseblief ’n fiets kry vir Krismis? ’n Rooie. Pietie Nadat hy ’n bietjie na die brief gekyk en dit herlees het, besef Pietie dat hierdie briefie nie rêrig die truuk gaan doen nie. Hy weet hy was baie, baie stout dwarsdeur die jaar. Hy begin skryf aan ’n tweede brief: Liewe Jesus Ek was redelik soet hierdie jaar en sal hou van ’n rooi fiets vir Krismis.
Pietie. Weer weet onse Pietie dat dit ’n yslike vet kans is wat hy vat. Hy skeur ook hierdie briefie op en begin weer van vooraf: Liewe Jesus Ek was ’n paar keer soet hierdie jaar, en dit sal BAIE nice wees as jy miskien vir my ’n fiets kan gee vir Krismis. Pietie. Toe Pietie hierdie brief oorlees, besef hy dat ook dit nie sal werk nie. Sy ma maak dinge vir hom nou baie moeilik. Hy storm terug kombuis toe. “Ma?” vra hy, “kan ek gou kerk toe gaan?” Sy ma dink daaroor na en besluit in die stilligheid dat haar plan gewerk het. Sy vermoed dat Pietie nou heeltemal anders oor die saak begin dink. “Wees net betyds vir ete,” sê sy. Pietie stap kerk toe. By die kerk gekom, stap hy na binne en peil reguit op die altaar af. Hy kyk rond, merk dat die kerk leeg is, en steel ’n Maria-beeldjie. By die huis gekom, gaan sit hy in sy kamer. Trek weer sy pen en skryfpapier nader. Nou is Pietie oorgehaal vir sy groot brief: Liewe Jesus Ek het jou ma. As jy haar weer wil sien, stuur ’n fiets – ’n rooie! Jy weet wie.
Die enigste koei op ’n klein dorpie in KwaZulu-Natal het skielik opgehou melk
gee. Die dorpenaars het ’n bietjie navraag gedoen en vasgestel dat hulle ’n koei net anderkant die Vrystaatse grens vir ’n skamele vyftien rand kan koop. Hulle het die koei in die Vrystaat gaan koop en oorgebring na KwaZulu-Natal. Dit was ’n wonderlike koei. Sy het elke dag baie melk gelewer en die mense was baie gelukkig. Hulle besluit toe om ’n bul te kry om die koei te dek sodat meer koeie gebore kan word wat elke dag soveel melk gee. Nooit weer sal hulle hul hoef te bekommer oor waar die volgende glasie melk vandaan kom nie. Hulle het die bul gekoop en in ’n kampie by hul geliefde Vrystaatse koei gesit.
Ná ’n ruk het die bul ernstig geïnteresseerd begin raak in die koei, maar elke keer dat hy haar wou dek, het die koei wegbeweeg. Maak nie saak hoeveel keer die bul probeer het nie, die koei het wegbeweeg van hom af en hy kon nie slaag in dít wat spoedig besig was om sy groot doel in die lewe te word nie. Uiteraard was die dorpenaars baie ontsteld oor hierdie verloop van sake en het besluit om met hul veearts te gaan praat. Hy was baie wys en sou weet wat om te doen. Met ’n groot omhaal van woorde het hulle die veearts vertel presies wat aan die gang is: “Wanneer die bul die koei wil dek, beweeg sy eenvoudig weg. As hy haar van agter af benader, beweeg sy vorentoe. As hy haar van voor af benader, retireer sy. As hy van die kant af kom, beweeg sy doodgewoon na die ander kant toe.” Die veearts het ’n ruk hieroor nagedink en toe gevra: “Is dit dalk moontlik dat julle hierdie koei in die Vrystaat gekoop het?” Die dorpenaars was stomgeslaan omdat niemand ooit vir hom gesê het waar hulle die koei gekoop het nie. “Jy is werklik ’n wyse veearts,” het hulle gesê. “Hoe het jy geweet dat hierdie koei uit die Vrystaat kom?” Die veearts het so ’n veraf kyk in sy oë gekry en geantwoord: “My vrou is ook van die Vrystaat.” ’n Baie luidrugtige, onaantreklike vrou met ’n uiters onaansienlike gesig stap by ’n supermark in. Sy het twee kinders by haar. Sy skree gereeld op hulle, die grootste obseniteite vol vloekwoorde en die goed wat ’n ma nie vir haar kinders behoort te sê nie Wanneer sy uiteindelik met ’n trollie vol brood, melk en kaas by die kas aankom, vra die klerk vir haar: “Goeiemôre, mevrou. Dis twee pragtige kinders wat u het. Is hulle ’n tweeling?” Die lelike, vet vrou hou onmiddellik op met skel op haar kinders en skree in die rigting van die klerk: “Natuurlik is hulle nie! Die seun is die oudste. Hy is nege en my dogter is sewe. Hoekom dink jy is hulle ’n tweeling? Dink jy régtig hulle
lyk dieselfde? Jou absolute urk.” “Natuurlik nie,” antwoord die klerk, “dis net dat ek nie kan glo dat enige man so onnosel sal wees om twee keer by jou te slaap nie!”
Ná tien jaar van ’n redelik kommervrye huwelik begin ’n man hom daaroor bekommer dat sy vrou nooit vir hom sê wanneer sy ’n orgasme kry nie. Een aand ná ete besluit hy dat hy ’n antwoord gaan soek vir hierdie ding wat hom pla. “Liefie, kan ek jou iets vra?” Vrou: “Seker, my skat.” “Hoekom vertel jy my nooit wanneer jy ’n orgasme het nie?” “Omdat ek jou nooit wil pla wanneer jy by die werk is nie, my liefling.”
Blondines
Hoekom staan sewentien blondines buite die kroeg? Want hulle moet agtien wees om in te gaan. Hoekom staan die blondine vasgenael en staar na die resepteboek? Want die resep sê: “Moenie roer nie.” Hoekom hou die blondine leë bottels in die yskas? Dis vir vriende wat nie drink nie.
Die geografie van ’n vrou
Tussen 18-20 is ’n vrou soos Afrika: half ontdek, half wild, natuurlike skoonheid en baie vrugbare deltas. Tussen 21-30 is ’n vrou soos Amerika: goed ontwikkel en oop vir handel, veral met iemand wat baie kontant het. Tussen 31-35 is sy soos Indië: baie warm, ontspanne en baie seker van haar eie skoonheid. Tussen 36-40 is ’n vrou soos Frankryk: sy word stadigaan oud, maar is steeds ’n warm en aanloklike plek om te besoek. Tussen 41-50 is sy soos Joego-Slawië: die oorlog is verloor en sy word gekwel deur die foute van die verlede. ’n Massiewe rekonstruksie is uiters noodsaaklik. Tussen 51-60 is sy soos Rusland: Wawyd oop met grense wat ongepatroleer is. Die bitterkoue klimaat hou mense op ’n afstand. Tussen 61-70 is sy soos Mongolië: met ’n glorieuse en wonderbaarlike verlede, maar helaas sonder toekoms. Ná 70 is hulle soos Afganistan: Omtrent almal weet waar dit is, maar niemand gaan meer daarheen nie.
Die geografie van ’n man
• ’n Man is soos Irak in die dae van Saddam Hoesein: Dit word oorheers deur ’n heethoof met geen verstand nie.
’n Sewentienjarige meisie kom in trane by haar ma aan en sê dat sy nou twee
maande haar stonde gemis het. Die ma is baie bekommerd, gaan apteek toe en koop ’n tuistoets vir swangerskap. Die meisie doen die toets en dit is positief. Die ma skree, ween en huil, en gaan oor die algemeen te kere. Sy roep uit: “Wie is die swyn wat dit aan jou gedoen het? Ek wil dadelik weet!” Haar dogter tel die telefoon op en maak ’n oproep. ’n Halfuur later stop ’n rooi Ferrari voor die huis. ’n Middeljarige en baie gedistingeerde man met grys hare in, ’n pragtige Armanipak klim uit en stap na die voordeur. Sy laat hom binne en hulle gaan sit in die sitkamer by die pa en ma. Hy spreek hulle dadelik toe: “Goeiemôre, jul dogter het my pas ingelig oor die probleem wat ons het. Ek kan nie met haar trou nie weens my persoonlike familiesituasie, maar ek sal beheer neem oor wat hier aan die gang is, asook die verantwoordelikheid daarvoor. Ek sal alle koste dra vir jul dogter vir die res van haar lewe. “Daarbenewens, as dit ’n dogter is wat gebore word, sal ek twee groot kettingwinkels aan haar bemaak, asook ’n huis in die stad, ’n huis by die see en ’n twintigmiljoenrand-bankrekening. Toe gaan hy: “As dit ’n seun is, sal ek die volgende aan hom bemaak: Verskeie fabrieke en ’n vierhonderdmiljoenrand-bankrekening.” “As dit ’n tweeling is, sal hulle elk ’n fabriek en twintig miljoen rand kry. As daar egter ’n miskraam is, sal ek graag wil weet wat julle dink ek moet doen.” Die dogter se pa kyk die welgestelde man ’n ruk lank stil aan, plaas dan ’n hand ferm op sy skouer en sê: “Dan slaap jy nog ’n slag by haar.”
Toe ons grassnyer gebreek het en ek dit nie weer aan die gang kon kry nie, het my liewe vrou bly neul dat ek dit moet regmaak. Hoe dit gebeur het, weet ek nie, maar daar was altyd iets anders wat ek eerste wou doen: die motor regmaak, die vragmotor was, bietjie visvang, altyd was daar iets wat vir my belangriker was. Uiteindelik het sy aan ’n plan gedink om my tot nuwe insigte te bring. Toe ek een middag van die werk af kom, vind ek haar plat op die gras tussen die
lang grasspriete sit, besig om met ’n klein naelskêrtjie die gras te knip. Ek het haar ’n rukkie aangekyk en toe gou-gou by die huis ingehardloop. Ek was net ’n paar minute weg – toe het ek teruggekom met ’n tandeborsel en dit in haar hand gestop. “Wanneer jy klaar is met die gras,” het ek gesê, “kan jy gerus ook die tuinpaadjie en die sypaadjie skoonvee.” My dokter sê ek sal weer kan loop, maar ek gaan altyd ’n bietjie hinkepink in die linkerbeen wees.
’n Huwelik is ’n verhouding waar een persoon altyd reg is, en die ander een is die man.
Die mans kry ook hulle dag
• Hoeveel mans neem dit om ’n bier oop te maak? Geen, dit moet klaar oop wees wanneer sy dit vir jou bring. • Hoekom is ’n klerewassery ’n baie slegte plek om ’n vrou op te tel? Omdat ’n vrou wat nie eens ’n wasmasjien kan bekostig nie, waarskynlik nooit in staat sal wees om jou te onderhou nie. • Hoekom het vroue kleiner voete as mans? Dit het te make met die ewolusie van die mens. Dit stel vroue in staat om nader aan die opwasbak te staan. • Hoe weet jy wanneer ’n vrou iets baie intelligents gaan sê? Wanneer sy die sin begin met die woorde: “’n Man het my eendag vertel …”
• Hoe maak ’n mens ’n vrou se horlosie reg? Jy maak dit nie reg nie, daar is ook ’n horlosie bokant die stoof. • As jou hond by die agterdeur blaf, en jou vrou skree by die voordeur, wie laat jy eerste in? Die hond natuurlik. Hy sal ophou raas die oomblik as hy binne is. • Wat is erger as ’n manlike chauvinis? ’n Vrou wat nie doen wat sy aangesê word om te doen nie. • Wetenskaplikes het onlangs ’n kossoort ontdek wat ’n vrou se behoefte aan seks verminder. Dit word ’n troukoek genoem. • Hoekom gaan so baie mans voor hulle vroue dood? Omdat hulle graag wil.
’n Kleuterskoolonderwyseres was besig om haar klassie aan die gang te hou met teken. Terwyl hulle verbete besig is met teken, stap sy van tafel tot tafel en kyk hoe elkeen vorder. Toe sy by een meisie kom wat baie stil en stip sit en werk, vra sy wat die kind besig is om te teken. Die dogtertjie antwoord: “Ek teken vir God.” Die onderwyser het ’n rukkie stilgebly en toe sag gesê: “Maar niemand weet hoe God lyk nie.” Sonder om vir ’n oomblik op te hou teken, sê die meisie: “Hulle gaan oor ’n paar minute weet.” ’n Paar mans is in die kleedkamer van ’n gholfklub. ’n Selfoon begin lui. Almal kyk rond en die man naaste aan die selfoon tel dit op. Hy druk die knoppie sodat
almal kan hoor wat gesê word en begin praat. “Hallo.” Vrou: “Haai, skat, dis ek. Is jy nog by die klub?” “Ja.” Vrou: “Ek is by die Mall en ek het op ’n fantastiese leerjas afgekom. Dit kos net R10 000. Kan ek dit koop?” “Natuurlik! As jy so baie daarvan hou, moet jy dit hê.” Vrou: “Ek het ook by die Mercedes Benz-handelaar verbygery vanoggend en gesien dat hulle ’n paar van die nuwe 2009-modelle op die vloer het. Ek het een gesien wat ek regtig baie van hou.” Man: “Hoeveel kos dit?” Vrou: “R900 000.” Man: “Goed, maar vir daardie prys wil ek darem ’n paar van die ekstras ook hê.” Vrou: “Fantasties! Nog iets – daardie huis wat ek verlede jaar wou koop, is terug op die mark! Hierdie keer wil hulle net R3 miljoen daarvoor hê.” Man: “Wel, hoekom gaan jy nie na die agent en maak ’n aanbod vir R2,5 miljoen nie. Hulle sal dit waarskynlik aanvaar. As hulle dit nie aanvaar nie, kan ons die ander R500 000 byvoeg. Dit is eintlik ’n baie goeie prys vir so ’n wonderlike huis.” Vrou: “Goed so. Sien jou later! Lief vir jou!” “Tatta, my skat. Ek het jou ook baie lief.” Die man sit die selfoon neer. Die ander mans in die kleedkamer staar hom verbysterd aan, met monde wat oophang. Hy draai na hulle en vra: “Weet enigiemand wie se foon dié is?”
’n Man het by die dokter aangekom vir ’n ondersoek, maar het die dokter eers gewaarsku dat as hy vir hom lag, die dokter kon verwag om goed opgedonder te word. Die dokter het die man só bekyk, want die man was baie groot, en gesê: “Natuurlik sal ek nie lag nie. Ek is ’n professionele, mediese amptenaar. Vir meer as twintig jaar het ek nog nooit vir ’n pasiënt gelag nie.” “Goed dan,” het die man gesê en vir die dokter verduidelik dat dit gaan oor sy manlike orgaan. Hy het sy broek losgemaak en laat sak. Die dokter kon sy oë nie glo nie. Dit was die kleinste orgaan wat hy nog in sy hele lewe gesien het. Skielik het hy besef dat hy homself nie gaan kan beheer nie. Hy het sy eie mond probeer toedruk, maar het tog begin giggel, later van die lag uitgebars en toe op die vloer rondgerol van die lagbuie. Ná tien minute eers was hy weer in staat om sukkelend en al rukkend op sy knieë te kom, regop te staan en uiteindelik homself heeltemal onder beheer te kry. “Ek is so verskriklik jammer,” het die dokter gesê. “Werklik, ek is. Ek weet nie wat in my gevaar het nie.
My eer as mediese praktisyn en as ware heer is op die spel. Ek sweer dit sal nooit weer gebeur nie. Kan u my nou sê wat die probleem is.” “Dit is opgeswel,” sê die man.
’n Onderwyser het ’n strikvraag gevra aan haar klas: “As daar vyf voëltjies op ’n draad sit en jy skiet een van hulle met jou geweer, hoeveel bly oor?” Jannie, agter in die klas, se hand is eerste op. Hy antwoord: “Nie een nie, juffrou. Almal sal wegvlieg sodra hulle die geweerskoot hoor klap.” Juffrou: “Die korrekte antwoord is vier, maar ek hou van die manier waarop jy dink.” Klein Jannie kyk haar só aan en sê: . “Maar ek het vir Juffrou ook ’n vraag.” Klein Jannie: “Daar is drie vrouens wat op ’n parkbankie sit, elkeen met ’n roomys in die hand. Die een lek versigtig die kante van die roomys af. Die tweede een eet dit van bo af so vinnig as wat sy dit in haar mond kan inkry en dan suig sy die res van die roomys uit die cone uit. Die derde byt happie vir happie die roomys af. Watter een is getroud?” Die juffrou bloos kwaai. Uiteindelik antwoord sy: “Ek veronderstel dit is die een wat die roomys so vinnig as moontlik opeet, alles in haar mond sit en dan die cone uitsuig.” Jannie: “Die korrekte antwoord is die een met die trouring aan, maar ek hou van die manier waarop juffrou dink.”
Klein Jannie kom op ’n dag terug van die skool af en sê aan sy pa dat hy Wiskunde gedop het. “Hoekom?” vra sy pa baie bedonderd. “Die juffrou het gevra hoeveel twee maal drie is en ek het geantwoord ses,”
verduidelik die knaap. “Maar dis dan reg,” sê sy pa. “Ja, maar toe vra sy vir my hoeveel is drie maal twee.” “Wat’s die blerrie verskil?” vra sy pa. “Dis presies wat ek gesê het,” sê Jannie.
Klein Jannie sit in die park op die bankie, besig om een stuk sjokolade na die ander in sy mond te prop en gulsig te kou en af te sluk. Nadat hy omtrent tien groot stukke sjokolade uit hul houers gehaal en geëet het, kom sit ’n ou man langs hom op die bank en sê: “Ag, ou seun, as jy soveel sjokolade eet, is dit werklik nie goed vir jou nie. Jy gaan puisies kry. Jou tande gaan vrot en jy gaan baie vet word.” “My oupa het honderd en sewe jaar oud geword.” Ou man: “Het jou oupa elke dag soveel sjokolade geëet soos jy?” Klein Jannie: “Nee, maar hy het nie sy neus in ander mense se sake gesteek nie.”
Sy was in die kombuis op die punt om eiers te kook vir ontbyt. Hy stap by die kombuis in. Sy draai na hom en sê: “Jy moet onmiddellik met my liefde maak – nóú!” Daar kom ’n wonderlike glinstering in sy oë en hy dink – vandag is my gelukkige dag. Hy wil nie dat die oomblik verbygaan nie en gryp haar in ’n groot omhelsing en gaan aan om sy huweliksregte net daar op die kombuistafel uit te oefen. Agterna sê sy ewe bedees: “Baie dankie,” klim van die tafel af en stap terug na die stoof.
Haar man is baie verwonderd oor wat pas gebeur het en vra: “Wat het nou presies hier gebeur?” Sy vroutjie verduidelik: “Die uurglasie waarmee ek altyd meet presies hoe lank drie minute is om ’n eier te kook, is stukkend. En daar is net een ander manier om die tyd te meet.”
’n Man en ’n vrou sit by ’n tafel in ’n restaurant. Dit is ’n baie spoggerige restaurant. Die man hou aan om te staar na ’n vrou ’n paar tafels verder. Dis ’n vrou wat duidelik al beter dae geken het. Sy is aangeklam en is besig om verbete die een glas na die ander weg te sluk, sodat sy nie anders kan as om stomdronk te word nie. Ná ’n ruk vra die man se vrou: “Ken jy daardie vrou?” “Ja,” sug die man, “sy is een van my ou nooiens, een waarmee ek uitgegaan het net voordat ek jou ontmoet het. Dit lyk my sy het begin drink net nadat ons twee uitgemaak het sewe jaar gelede. En ek vermoed dat sy nog nooit sedertdien nugter was nie.” “Goeie hemel!” roep sy vrou uit. “Wie sou nou kon dink dat ’n mens so lank kan feesvier?”
’n Welgestelde vrou was in die Mall besig met ’n inkopie-extravaganza. Sy het die dag begin deur die mees volmaakte paar skoene raak te loop by die heel eerste winkel waar sy in is. By die tweede winkel het sy ’n pragtige rok op ’n uitverkoping gekoop. By die derde een was die pryse dramaties verlaag en sy het gedink dat sy nou net goed op dreef kom toe haar selfoon lui. Dit was ’n vroue-dokter by die plaaslike hospitaal wat haar meegedeel het dat haar man in ’n baie ernstige motorongeluk was en kritiek in die intensiewe waakeenheid lê. Die vrou vra die dokter toe om aan haar man te sê waar sy was en dat sy so gou moontlik by hom sou uitkom. Terwyl sy die selfoon terugsit in haar handsak, besef sy dat sy in die middel is van een van haar beste inkopietogte nóg, en net
daar besluit sy dat sy nog ’n paar winkels sou aandoen voordat sy hospitaal toe gaan. Dit het so goed gegaan dat sy nie dadelik hospitaal toe is nie maar die hele oggend in die Mall deurgebring het. By die laaste winkel het sy soveel geld uitgegee dat sy met die komplimente van die winkel ’n koppie koffie en ’n heerlike sny sjokoladekoek gratis gekry het. Sy was in ’n baie goeie bui, totdat sy onthou het van haar man in die hospitaal. Sy het bietjie skuldig gevoel en het dadelik deurgejaag hospitaal toe. Toe sy die dokter in die gang voor die intensiewe waakeenheid raakloop, vra sy na haar man se welstand. Die dokter het haar aangegluur en geskree: “So, jy het toe maar aangegaan met inkopies. Dit ís mos wat gebeur het, nie waar nie? Hoop jy’s trots op jouself! “Terwyl jy die laaste vier uur besig was om geld uit te gee, het jou man in die intensiewe waakeenheid gelê. Ag nou ja, dis miskien net sowel dat jy aangegaan en jou inkopies klaargemaak het, want dit sal waarskynlik die laaste groot inkopietog wees wat jy onderneem. Vir die res van jou man se lewe sal hy vier en twintig uur per dag intensiewe sorg nodig hê en jy sal die een wees wat hom sal moet versorg.” Die welgestelde vrou het so skuldig gevoel dat sy in trane uitgebars het. Toe sy uiteindelik tot haar sinne kom, sien sy dat die vroue-dokter staan en lag. Dié sê toe vir haar: “Toemaar, ek trek net jou been. Hy is lankal dood. Wat het jy gekoop?”
Twee seuntjies spog teenoor mekaar wie se pa se plaas die grootste is. Danie: “As ons langs ons plaas se lyndraad wil afry met ons bakkie, moet ons al vieruur in die oggend opstaan en dan kom ons eers teen sononder by die eerste hoekpaal uit.” Jannie dink so ’n rukkie na en dan antwoord hy: “Ja, ons het ook al so ’n kak bakkie gehad.”
’n Vrou gaan na die dokter vir ’n ondersoek. Ná ’n deeglike ondersoek sê die dokter, ’n internis, vir die vrou: “Mevrou, ek het baie slegte nuus vir u. U het kanker, en dit sal miskien goed wees as jy kan begin om al jou sake in orde te kry.” Die vrou was erg geskok, maar het haar skouers reguit gemaak en na die wagkamer gestap waar haar dogter op haar gewag het. “Wel, my kind, ons vrouens vier fees wanneer dit goed gaan én wanneer dinge nie so goed lyk nie. In hierdie geval gaan dit nie so goed nie, ek het kanker. Kom ons gaan klub toe en gaan geniet saam ’n martini.” Ná drie of vier martini’s het ma en dogter heelwat beter gevoel. Trouens, hulle het nou en dan lekker gelag en meer martini’s bestel. Uiteindelik het ’n paar van hul vriendinne nader gestaan, nuuskierig oor die klein feesviering van ma en dogter. Die vrou sê toe aan haar vriende dat hulle besig is om ’n glasie te klink op haar naderende dood. “Ek is gediagnoseer met VIGS.” Die vriendinne was stomgeslaan en het hulle meegevoel betuig. Nadat hulle weg is, het die vrou se dogter na haar ma oorgebuig en gesê: “Ma, ek dog Ma het gesê Ma het kanker, maar nou vertel Ma aan Ma se vriendinne Ma het VIGS?” Die ma het die dogter effens uit die hoogte aangekyk met ’n meewarige, dog hartseer glimlag en gesê: “Ek wil nie hê een van daardie twee tewe moet eendag met jou pa slaap nie.”
Hierdie is ’n ware verhaal. ’n Amerikaanse televisienetwerk het een van hulle mees gesoute vroue-omroepers na genl. Cosgrove gestuur om ’n storie te doen oor ’n besoek wat ’n klompie padvinders aan sy militêre basis sou bring. TV-verslaggewer: “Generaal Cosgrove, wat is die dinge wat u aan hierdie jong seuns gaan leer wanneer hulle vandag u basis besoek?” Genl. Cosgrove: “Ons gaan hulle leer hoe ’n mens rotsklim, met ’n kano vaar, met pyl en boog en met gewere skiet.” TV-verslaggewer: “Skiet! Is dit nie ’n bietjie onverantwoordelik om sulke jong kinders te leer skiet nie?”
Genl. Cosgrove: “Ek kan nie sien wat daarmee verkeerd is nie? Hulle sal onder behoorlike toesig wees by die skietbaan.” TV-verslaggewer: “Sou u nie sê dat dit ’n werklik gevaarlike aktiwiteit is om aan jong kinders te leer nie?” Genl. Cosgrove: “Nee, ek kan nie sien hoekom nie. Ons gaan hulle leer hoe om die korrekte dissipline te handhaaf by die gebruik van gewere – selfs nog voordat hulle met ’n vinger aan ’n wapen geraak het.” TV-verslaggewer: “Maar u is besig om hulle op te lei om dodelike moordenaars te word.” Genl. Cosgrove: “Wel, dame, u is toegerus om ’n prostituut te word, maar u is tog nie een nie.”
Die kwartaal het begin en klein Jannie is besig met sy tweede dag op skool. Sy ma is tuis, besig om die rustige stilte wat op die huis neergedaal het sedert die skool weer begin het, terdeë te geniet. Om tienuur die oggend is daar skielik ’n beroering en sy sien hoe Jannie haastig by die voordeur inkom. “Waarom is jy nou al terug van die skool af?” roep sy ma uit.
“Die meneer en juffrou het gaan braai!” verduidelik Jannie. “Gaan braai? Op ’n Dinsdagoggend? Wanneer hulle moet werk? Hoe weet jy dit?” “Meneer het vir juffrou oor die interkom geroep en gesê sy moet haar rooster bring, toe kom ek maar huis toe want ek weet mos hoe lank ’n blerrie braai neem.”
Net voor die begrafnisdiens stap die begrafnisondernemer na die bejaarde weduwee en vra: “Hoe oud was u eggenoot?” “Hy was agt en negentig,” antwoord die weduwee. “Twee jaar ouer as ek.” “So, u is ses en negentig?” sê die begrafnisondernemer. Die weduwee was ’n rukkie stil en antwoord toe: “Nie die moeite werd om huis toe te gaan nie, nè? Sal ek maar hier wag?”
“Genade, maar ek het oud geword! Ek het nou al twee hartomleidings gehad, een heupvervanging, albei my niere laat vervang, ek het prostaatkanker oorwin en diabetes ook onder die knie gekry. “My oë is nie meer so goed nie en enigiets wat stiller is as ’n groot straalvliegtuig, kan ek nie hoor nie. Om aan die gang te bly neem ek veertig verskillende soorte pille in die oggend, maar dit maak my lighoofdig, veroorsaak dat ek winderig is en soms flou neerval. “My vrou beweer dat ek vergeetagtig is tot by die punt van waansin, en my bloedsomloop is ook nie meer na wense nie – ek kan kwalik my hande en voete voel. Ek is nie meer heeltemal seker of ek tagtig of twee en negentig is nie en die meeste van my vriende is al oorlede. Dank die vader ek het darem nog my bestuurslisensie.”
“Dit voel asof my lyf al bietjie sy fermheid verloor het, daarom was ek baie bly toe my dokter voorstel dat ek by ’n klub aansluit en met aërobiese oefeninge begin. Gelukkig is daar by die plaaslike gimnasium ’n aërobiese klas vir seniors. Ek het gegaan, gebuig, gedraai, gebokspring, op en af gespring en vir meer as ’n uur lank ernstig gesweet. Teen die tyd dat ek my broek aangehad het, was die klas ongelukkig al verby.”
’n Bejaarde vrou was by haar prokureur om haar testament te laat opstel. Sy sê aan die prokureur dat sy twee laaste versoeke het: Die eerste is dat sy veras wil word en die tweede is dat haar as op die dak van die plaaslike Shoprite gestrooi moet word. “Shoprite?!” het die prokureur uitgeroep. “Hoekom Shoprite?” “Dan is ek seker my twee dogters sal my minstens twee keer per week besoek.”
My geheue is nie meer so skerp as wat dit in die verlede was nie. Dan moet ek ook byvoeg dat my geheue nie meer so skerp soos in die verlede is nie.
Die grootste skok wat ek in my lewe gekry het, was toe my vrou dieselfde geluide begin maak het as die perkoleerder.
Skietgebed van ’n bejaarde persoon
“Gee my die seniliteit om die mense te vergeet van wie ek nooit gehou het nie, en die goeie geluk om baie in diegene van wie ek baie gehou het, vas te loop. “Gee my ook asseblief sterk genoeg oë om die twee van mekaar te kan onderskei.”
’n Man klim by die bus in met albei sy broeksakke propvol gholfballe. Daar is net een sitplek in die bus oop en hy gaan sit langs ’n pragtige blondine. Die blondine staar heeltyd na sy twee bultende sakke. Sy kan net nie begryp wat daar aan die gang is nie. Uiteindelik, nadat hy begin ongemaklik raak het oor die manier waarop sy na sy sakke staar, sê hy: “Dit is gholfballe.” Die blondine het ’n ruk lank niks gesê nie. Net bly staar na die sakke, diep in nadenke oor wat hy haar pas vertel het. Ná verskeie minute, maar nog steeds baie nuuskierig, vra sy: “Is dit net so seer soos tenniselmboog?”
Die apteker kom een oggend laat by sy apteek aan en sien ’n bewende man eenkant teen ’n muur aangeleun. Die apteker roep sy blonde assistent nader en vra haar: “Wat’s verkeerd met daardie man daar agter teen die muur?” Die blondine antwoord: “Meneer, hy het vanoggend hier ingekom en gesê hy het iets nodig vir sy hoes. Ek kon nie die hoesstroop in die hande kry nie, en toe het ek hom ’n hele bottel purgasie gegee.” Die apteker is geskok en skree op haar: “Jou idioot! ’n Mens kan nie ’n hoes met purgasie behandel nie!” Die blondine laat haar nie hierdeur van stryk af bring nie, en kyk hom seëvierend aan: “Wel, hy’s te bang om te hoes.”
’n Baie kalm, aantreklike, respektabele dame stap by ’n apteek in en vra om met die apteker te praat. Toe hy by haar kom, kyk sy hom reguit in die oë en sê: “Ek wil sianied koop.” “Vir wat op aarde het u sianied nodig?” vra die apteker.
“Ek wil my man vergiftig.” Die apteker skrik groot: “Goeiste genade! Ek kan nie sianied aan u verkoop om u man mee dood te maak nie. Dis teen die wet! Ek sal my lisensie verloor! Hulle sal ons albei in die tronk gooi! Allerhande slegte dinge sal met ons gebeur! Absoluut nie! U kan nie sianied kry nie.” Die vrou krap in haar beursie en kom te voorskyn met ’n foto van haar man in die bed met die apteker se vrou. Die apteker staar lank na die foto en sê uiteindelik: “Genade, hoekom sê u nie so nie. Ek het nie geweet u het ’n voorskrif nie.” Twee vroue-lykbesorgers werk in die lykshuis. Die liggaam voor hulle is ’n man en hy is baie goed bedeeld op die strategiese plek. “Nes my man s’n,” sê die een vrou. “Net so groot?” vra die ander een. “Nee, net so morsdood.”
’n Paar minute voor die kerkdiens sou begin, sit die hele gemeente in hul banke, stil en wag op die dominee. Skielik verskyn Satan voor in die kerk. Almal begin skree en hardloop na die agterste uitgang in hul verbete poging om weg te kom van hierdie duiwelse figuur. Gou is die kerk heeltemal leeg behalwe een bejaarde man wat kalm op sy plek bly sit, skynbaar onbewus van die feit dat Satan, God se groot vyand, ook teenwoordig is. Satan stap toe nader aan die man en vra: “Weet jy wie ek is?” “Natuurlik weet ek wie jy is.” “Is jy nie bang vir my nie?” “Nee, nie eintlik nie,” sê die man.
“Jy besef natuurlik dat ek jou met een woord kan uitwis!” skree Satan. “Ek twyfel glad nie daaroor nie,” antwoord die man. Steeds die rustigheid self. “En weet jy ook dat ek jou langdurige, uitmergelende, hartverskeurende pyn en lyding tot in alle ewigheid kan besorg?” “Ja, dit weet ek ook,” kom die kalm antwoord. “En jy is nog steeds nie bang nie?” vra Satan. “Nee,” antwoord die man. Satan is nou heeltemal ontsenu: “Hoekom is jy nie bang vir my nie?” “Ek is reeds agt-en-veertig jaar met jou suster getroud.”
’n Paartjie het hul hele lewe lank in groot liefde en verliefdheid met mekaar deurgebring. Uiteindelik met verloop van tyd het hulle ooreengekom dat wie ook al eerste sterf, met die ander een sou kontak maak om vir die agtergeblewene te sê of daar lewe ná die dood is. Albei was vreesbevange dat daar nie lewe ná die dood is nie. Ná baie jare is die man toe die eerste een wat wegval. Getrou aan sy woord het hy ’n paar weke later kontak gemaak met sy geliefde Marie. Een nag laat, terwyl sy wakker lê, praat ’n stem met haar: “Marié, Marié!” “Is dit jy, Frederick?” “Ja, dit is ek. Ek doen net ons belofte aan mekaar gestand soos ons ooreengekom het.” “Hoe is dit daar aan die ander kant?” “Wel, ek staan in die oggend op, dan het ek seks, dan ontbyt, en dan gaan ek gholfbaan toe. Dan het ek weer seks, lê bietjie in die son en bak, dan het ek twee maal seks. Ná middagete is dit weer gholfbaan toe en daarna weer seks vir die hele res van die middag. Ná aandete is dit weer gholfbaan toe en dan weer seks
tot diep in die nag. En die volgende dag begin dit maar weer van voor af.” “Ai, Frederick, vir jou is dit seker hemels!” “Nee, nie eintlik nie, ek is ’n haas in Patensie!”
’n Jong dominee reis met ’n vliegtuig. Langs hom sit ’n waardige ou dame. Hulle praat nie met mekaar nie, maar hy groet haar nietemin wanneer hy langs haar plaasneem. ’n Halfuur in die vlug, leun hy oor na haar toe. Hy is besig met sy blokkiesraaisel en sê aan haar dat hy net wil seker maak van een van die woorde: “Wat van ’n vrou word soms as aantreklik beskou, maar as jy op ’n verkeerde manier daarmee omgaan, kan dit infeksie opdoen? Ses letters, eindig op -oesie.” “O, dis maklik!” roep die tante. “Dit is ’n moesie.” Dominee: “Het tante dalk ’n uitveër?” ’n Jong meisie was baie nuuskierig. Een aand kom sy by haar pa en vra: “Waar kom die mens vandaan, Pappie?” “God het Adam en Eva gemaak en hulle het kinders gehad. Dit is hoe die menslike ras begin het.” Twee dae later konfronteer die meisietjie haar ma met dieselfde vraag. Die ma antwoord: “Jare en jare gelede was daar ape, en die menslike ras het uit hulle ontwikkel.” Die meisietjie hardloop na haar pa en sê: “Pa, hoe is dit moontlik dat Pa vir my sê dat God die mens geskape het en Ma sê dat hulle uit ape ontwikkel het?” Die pa is baie rustig, en antwoord: “Wel, my skat, dit is eintlik baie eenvoudig: Ek het jou van m´y kant van die familie vertel en jou ma het jou van háár kant van die familie vertel.”
’n Man en ’n vrou is al dae lank aan ’t hap-hap na mekaar. Die argument wil net nie end kry nie, en nie een van die twee wil toegee vir die ander nie. So gebeur dit dat hulle met stilstuipe in die kar op pad is dorp toe. Hulle ry by ’n plaas verby waar ’n klomp donkies, bokke, varke en skape in ’n kamp besig is om te wei. Sê die man vir die vrou: “Familie van jou?” “Ja,” antwoord sy vrou, “my skoonfamilie.”
Die arm man se MBA
Les 1 ’n Man klim in die stort net wanneer sy vrou daarmee klaar is. Die deurklokkie lui en die vrou draai gou haar handdoek om haar lyf en hardloop voordeur toe. Toe sy die deur oopmaak, staan Bob, hul buurman, daar. Voordat sy ’n woord kan sê, vra Bob: “Ek gee jou R800 as jy die handdoek laat val.” Sy dink vir ’n oomblik na, en laat dan die handdoek val en staan kaal voor Bob, die buurman. Ná ’n paar sekondes waarin hy haar gade kon slaan, gee Bob haar agthonderd rand en gaan terug na sy huis. Die vrou draai weer die handdoek om haar lyf en gaan terug na die badkamer. Daar gekom, vra haar man: “Wie was dit?” agthonderd rand wat hy my skuld?” • Die les wat ons hieruit leer, is die volgende: As jy inligting het wat verband hou met krediet en die risiko dat jou aandeelhouers met verloop van tyd daaraan blootgestel kan word, mag dit jou dalk help om dit met iemand te deel om te verhinder dat jy verdere toekomstige blootstelling sal hê.
Les 2 ’n Verkoopsverteenwoordiger, ’n istratiewe klerk en ’n bestuurder van ’n groot winkel is besig om na ’n kafee te loop om middagete te kry toe hulle ’n antieke olielamp op ’n sypaadjie sien staan. Hulle tel dit op, vryf dit, en ’n genie spring daar uit. Die genie sê: “Ek gee vir elkeen van julle een wens.” “Ek wil eerste wens!” roep die istratiewe klerk uit. “Ek wil na die
Karibiese Eilande gaan, met ’n vinnige motorboot oor die waters blits, sonder ’n sorg in die wêreld.” POEF! En sy’s weg. “Ek’s volgende!” roep die verkoopsverteenwoordiger uit. “Ek wil in Hawai wees, besig om op die stand te lê, terwyl my eie persoonlike masseuse my rug masseer, ’n Piña Colada wat langs my staan en ’n wonderlike vrou aan my sy.” POEF! En weg is hy. “Goed, jou beurt,” sê die genie aan die bestuurder. Waarop hy antwoord: “Ek wil daardie twee ná middagete terughê op hul pos.” n Die les wat ons hieruit moet leer, is dat dit altyd wys is om jou baas eerste te laat praat!
Les 3 ’n Arend sit in ’n boom, besig om niks te doen nie. ’n Hasie kom daar verby, sien die arend en vra: “Kan ek ook soos jy sit en niks doen nie?” Waarop die arend antwoord dat hy natuurlik kan sit en niks doen nie. So kom dit dat die haas op die grond sit en die arend bo in die boom. Skielik verskyn daar ’n jakkals, spring op die arme haas en vreet hom op. n Die les wat ons hieruit leer, is dat as jy wil sit en niks doen nie, jy baie, baie hoog in die boom moet sit.
Les 4 ’n Klein voëltjie was besig om suid te vlieg vir die winter. Dit was so koud bo in die lug dat die voëltjie gevries en op die grond in ’n groot veld geval het. Terwyl hy hulpeloos daar lê, het ’n koei verbygekom en op hom getjorts. Terwyl die voëltjie daar in die hoop warm mis lê, het hy besef dat hy besig is om warm te
word en dat die mis hom laat ontvries. Terwyl hy so lekker warm daar lê, begin hy ’n vrolike liedjie sing. ’n Kat wat daar verbykom, besluit om ondersoek in te stel en staan nader. Die kat het die voëltjie onder die mis uitgegrawe en hom terstond opgevreet. Hierdie verhaaltjie het drie lesse: 1. Nie almal wat op jou kak, is jou vyande nie. 2. Nie almal wat jou uit die kak uithelp, is jou vriende nie. 3. As jy in diep kak is, is dit beter om jou bek te hou.
Vier ondeunde oumas in ’n ouetehuis het by ’n tafel gesit en gesels. Hulle kyk op toe ’n oubaas daar verbystap. Een van hulle roep hom nader en sê: “Ons wed jou dat ons kan sê presies hoe oud jy is.” Ou man: “Daar is geen manier waarop julle dit sal kan raai nie, julle ou dwase.” Een van die oumatjies: “Natuurlik kan ons! Trek net jou broek en jou onderbroek uit en ons sal jou presies sê hoe oud jy is.” Die ou man was nogal ’n bietjie verleë oor die opdrag, maar tog verbete om te bewys dat hulle nie sy ouderdom sou kon skat nie. Hy trek sy broek en sy onderbroek uit. Die oumas vra hom toe om ’n paar keer in die rondte te draai, ’n paar keer op en af te spring en ’n paar keer vooroor te buk. Nadat hy dit gedoen het, sê hulle soos een man: “Jy is sewe en tagtig jaar oud.” Die ou man staan daar met sy broek op sy enkels en vra: “Hoe op dees aarde het julle dit geweet? Dit is presies reg?” Die ou tannies bars uit van die lag, met glimlagte wat van oor tot oor strek. “Jy het dit self gister op jou verjaardagpartytjie vir ons gesê!”
’n Siamese tweeling stap by ’n kroeg in Vancouver in en gaan sit saam-saam op ’n kroegstoeltjie. Een van hulle roep die kroegman nader en sê: “Moet jou nie aan ons steur nie. Ons is ’n Siamese tweeling wat by die heup aan mekaar vasgeheg is. Ek is Jan en hy is Jonas. Twee biere asseblief.” Die kroegman voel effens ongemaklik, maar tap vir hulle twee biere en begin beleefd met hulle gesels. “Was julle al met vakansie vanjaar, manne?” vra hy. “Nee! Ons gaan volgende maand Engeland toe,” sê Jan. “Ek en Jonas gaan elke jaar Engeland toe vir ons vakansie. Dan huur ons ’n kar en ry dae lank aanmekaar oral waar ons kan.” Jonas glimlag breed en skud sy kop in akkoord. “Ai, Engeland!” roep die kroegman uit: “Dis ’n wonderlike, wonderlike land! Die geskiedenis, die bier, die kultuur …!” “Nooit! Ons haat daai Britse nonsens,” sê Jan. “Hamburgers en bier – dis waarvan ons hou, nè, Jonas? Ons haat daai Engelse kos en alles waarvoor Engeland staan. Die arrogansie en swak maniere.” “Maar hoekom gaan julle dan elke jaar Engeland toe?” vra die kroegman. “Dis die enigste kans wat Jonas ooit kry om kar te bestuur.”
Janneman, wat hom dinge maklik aantrek, stap laat een aand by ’n sportkroeg in en gaan sit langs ’n pragtige blondine by die toonbank en staar op na die TV. Die laataandnuus is juis aan die gang. Saam kyk hulle na ’n nuusbrokkie oor ’n man wat hoog bo die stad bo-op ’n gebou staan en dreig om af te spring.
Die blondine kyk na Janneman en vra: “Dink jy hy gaan spring?” “Jy weet, ek is seker hy gaan spring.” “Wel, ek sal geld daarop verwed dat hy nie gaan spring nie,” sê die blondine. Janneman plaas ’n honderdrandnoot op die kroegtoonbank en sê: “Goed, dis ’n weddenskap!” Die blondine krap in haar handsak rond en net toe sy haar honderdrandnoot op die toonbank sit, spring die man van die gebou af en val homself te pletter op die grond. Die blondine is baie, baie ontsteld, maar gee tog uiteindelik haar honderd rand vir Jan met die woorde dat ’n weddenskap ’n weddenskap is en dat ’n mens jou woord gestand moet doen. Janneman sê: “Ek kan nie jou geld vat nie. Ek het hierdie nuusbrokkie vroeër vanaand op die vroegaandnuus gesien en het geweet dat hy sou spring.” Die blondine antwoord: “O, ek het dit ook gesien, maar ek het net gedink hy sal nie wéér spring nie!” Janneman het maar die geld gevat.
Ná ’n lang nag van ie en groot ekstase, rol die jong man op sy rug, natgesweet. Hy haal ’n sigaret uit sy broeksak en begin soek vir ’n vuurhoutjie, maar hy kan niks kry nie en uiteindelik vra hy die meisie of sy dalk een het. “Daar’s miskien vuurhoutjies in die boonste laai van my bedkassie,” antwoord sy. Hy maak die laai oop en kry ’n boksie vuurhoutjies waar dit bo-op die geraamde portret van ’n ander man lê. Uiteraard begin die bronstige jong bedatleet hom daaroor bekommer. “Is dit jou eggenoot?” vra hy senuweeagtig. “Nee, moenie laf wees nie!” antwoord sy en lê styf teen hom aan.
“Is dit dan jou kêrel?” wil hy weet. “Nee, nooit nie!” antwoord sy terwyl sy aan sy oor begin knibbel. “Wel, wie is dit dan?” vra hy oplaas. Kalm en bedaard antwoord sy bedgenoot: “Dit is ek voor my operasie.”
Hermanus was in die sewende hemel van geluk. Hy het uiteindelik ’n jong vrou gekry wat sy huweliksaanbod aanvaar het. Wat hom nog blyer gemaak het, was die feit dat sy nog nie agtergekom het dat hy ’n houtbeen het nie. Trouens, hy het glad nie vir haar vertel van sy been die dag toe hy die verloofring aan haar vinger gesit het nie. En ook nie later toe sy haar trourok gaan koop het nie. En ook nie toe hulle voor die kansel gestaan en vir ewig trou aan mekaar beloof het nie. Omtrent al wat hy daagliks vir haar vertel het, was: “My skat, ek het ’n baie groot verrassing vir jou.” Waarop sy dan sou bloos en met ’n skalkse glimlag na hom sou kyk sonder om ’n woord te sê. Ná die bruilof het die twee op hul wittebrood vertrek, en toe hulle die eerste aand alleen in die hotelkamer is, sê die jong bruid: “Hermanus, jy moenie vergeet nie, jy het vir my ’n baie groot verrassing belowe.” Hermanus knik met die kop en skakel die kamer se ligte af. Hy maak die houtbeen los en sit dit onder die bed. Daarna glip hy langs sy bruid tussen die lakens in en plaas haar hand op die stompie van sy bobeen. “Sjoe!” roep sy uit. “Dít is ’n groot verrassing. Gee asseblief vir my die Vaseline aan en ek sal kyk wat ek kan doen!”
Drie weke ná haar huweliksdag bel Johanna die dominee. “Dominee!” roep sy uit, “Jan en ek het ’n aaklige bakleiery gehad!”
“Bedaar, my kind,” sê die dominee, “dis nie so sleg as wat jy dink dit is nie. Elke huwelik het maar altyd sy eerste bakleiery.” “Ek weet, ek weet!” roep Johanna uit, “maar wat moet ek met die lyk doen?”
“’n Vrou gaan speel een maal ’n week met haar vriendinne kaart. Omdat sy altyd net voor middernag terugkeer, begin sy skuldig voel omdat sy haar man dan altyd wakker maak. Eenkeer besluit sy om hom te laat slaap en trek haar klere solank in die sitkamer uit. Handsak oor die arm stap sy toe op die punte van haar tone, poedel soos ’n noedel die slaapkamer binne. Net om te vind dat haar man nog kiertsregop in die bed sit en lees. Hy kyk op en sê: “Magtig, vroumens, het jy álles verloor?!”
’n Verkeerskonstabel stop ’n motoris wat besig is om te vinnig te ry. Verkeerskonstabel: “Kan ek asseblief u bestuurslisensie sien?” Die motoris sê dat hy nie een het nie. “Dit is van my weggeneem toe ek ’n vyfde keer betrap is dat ek onder die invloed van drank bestuur het.” Die verkeerskonstabel vra of hy kan sê aan wie die motor behoort. Die bestuurder antwoord dat dit nie sy kar is nie: “Ek het dit gesteel.” Verkeerskonstabel: “Die kar is gesteel?” “Dis reg! En noudat ek daaraan dink, ek dink ek het die eienaar se besonderhede in die paneelkissie gesien toe ek my rewolwer daarin gesit het.” “Het jy ’n vuurwapen in die motor?” “Ja, meneer! Dis waar ek dit gesit het. Ek het dit kar toe gebring nadat ek die vrou geskiet het aan wie die motor behoort en ek haar in die kattebak geprop het.” Verkeerskonstabel, erg ontsteld: “Is daar ’n dooie liggaam in die kattebak?!”
“Ja, meneer.” Die verkeerskonstabel gryp dadelik sy pistool, stap na sy kar toe en per radio versoek hy die ondersteuning van ander polisiemotors. Gou kom ’n paar daar aangejaag, en die motor van die verkeersoortreder word deur verkeerspolisie omsingel, almal met hul rewolwers op die kar gerig. Die mees senior offisier stap nader en vra die bestuurder of hy sy bestuurderslisensie kan sien. Bestuurder: “Sekerlik. Hier is dit. Dit is nog geldig.” Senior verkeersman: “Wie se kar is dit?” Bestuurder: “Myne natuurlik, meneer. Hier is die registrasieteken.” “Kan u asseblief die paneelkissie oopmaak sodat ek kan sien of daar ’n vuurwapen in is?” Bestuurder: “Sekerlik, maar daar is definitief nie ’n wapen in nie.” En dit is ook wat die verkeersman dan sien: geen vuurwapen in die paneelkissie nie. Senior verkeerskonstabel: “Gee jy om om die kattebak oop te maak? Die man wat u aangekeer het, beweer dat daar ’n lyk in is.” Bestuurder: “Alte seker.” Hy klim uit die motor, maak die kattebak oop en wys aan almal dat daar geen liggaam in is nie. Die senior verkeerskonstabel kan nie verstaan wat aan die gang is nie. “Die offisier wat u gestop het, het aan my gerapporteer dat u nie ’n lisensie het nie, die kar gesteel is, dat daar ’n vuurwapen in die paneelkissie is, en dat u die eienaar van die motor geskiet en die lyk in die kattebak versteek het.” Bestuurder: “Ja, en ek sal geld daarop verwed dat daardie leuenaar vir u vertel het dat ek besig was om te vinnig te ry!”
Wat ek nog nooit kon verstaan nie, is hoe enigiemand warm was oor haar bene kan gooi, van die enkel tot bo by die heup. Dan al die hare op daardie been by die wortel uitskeur, en agterna nog steeds bang kan wees vir ’n muis.
Maniere waarop mans hul vrouens kan laat wonder of hulle al hul varkies op hok het?
1. Middagete: Sit in jou kar; sit jou sonbril op; haal jou haardroër uit en mik dit na karre wat verbykom en kyk of hulle stadiger ry. 2. Roep jouself oor die interkom en moenie jou stem probeer verdoesel nie of na iemand anders klink nie. 3. Elke keer dat jou vrou jou vra om iets te doen, vra haar of sy tjips daarmee saam wil hê. 4. Eindig al jou sinne met die woorde “soos die profeet gesê het”. 5. Moet nooit enige punktuasie gebruik wanneer jy briewe aan jou vrou skryf nie. 6. Wanneer jy met jou vrou in die stad stap, moet jy nie loop jy, jy moet huppel. 7. Wanneer jy in ’n restaurant kom, moet jy water vir ete bestel, sonder om te glimlag. 8. Wanneer jy jou vrou opera toe neem, moet jy luidkeels saamsing. 9. Elke slag wanneer jou vrou jou na ’n poësieaand toe sleep, moet jy sodra die eerste die beste geleentheid hom voordoen, jou hand opsteek en vra hoekom die gedigte se versreëls nie met mekaar rym nie. 10. Wanneer jy jou en jou vrou bekend stel aan vreemdelinge, moet jy haar voorstel as “Die Doodsengel” en verduidelik dat dit die naam is wat sy gebruik as sy besig is met haar sportsoort, rofstoei.
11. Wanneer jy geld gaan trek by die OTM en die masjien skiet die geld uit, moet jy luidkeels skree: “Ek het gewen! Ek het gewen!” 12. Wanneer dinge rof gaan by die huis, moet jy ’n gesinsvergadering ná aandete belê en dan met ’n plegtige stem vir die kinders verduidelik dat weens die swak ekonomie, een van hulle sal moet gaan.
Aanhalings
“Ek glo dat seks een van die mooiste, natuurlikste en gesondste dinge is wat geld kan koop.” Tom Clancey
“Ken jy daardie uitdrukking wat vrouens kry wanneer hulle seks wil hê? Ek ook nie.” Steve Martin
“Seks is baie soos brug. As jy nie ’n goeie maat het nie, beter jy ’n baie goeie hand hê.” Woody Allen
“Biseksualiteit verdubbel ’n mens se kanse op Saterdagaande.” Rodney Dangerfield
“Daar is ’n hele aantal meganiese maniere waardeur veral vroue seksueel opgewek kan raak. Die vernaamste hiervan is ’n Mercedes Benz 380 SL.” Lynn Lavner
“’n Mens kan nie seks oorlaat aan die feministe nie, net so min as wat jy jou hond sal laat vakansie hou by die taksidermis.” Matt Barry
“Seks op negentigjarige ouderdom is baie dieselfde as om snoeker te speel met ’n tou.” George Burns
“Seks is een van die nege redes vir reïnkarnasies. Die ander agt is onbelangrik.” George Burns
“My vriendin lag altyd tydens seks – maak nie saak wat sy besig is om te lees nie.” Steve Jobs
“Bill Clinton het gelieg. ’n Man mag vergeet waar hy sy motor geparkeer het of waar hy woon, maar hy vergeet nooit orale seks nie, maak nie saak hoe sleg dit was nie.” Barbara Bush
“Egskeiding – dit kom van die Latynse woord wat beteken om ’n man se genitalieë dwarsdeur sy beursie uit te ruk.” Robin Williams
“Vrouens kla dikwels oor premenstruele spanning, maar ek dink weer daaraan as die enigste tyd van die maand wat ek werklik myself kan wees.” Roseanne
“Vrouens het ’n rede nodig vir seks. Mans het net ’n plek nodig.” Billy Chrystal
Sou mans swanger word
1. Kraamverlof sou minstens twee jaar geduur het; 2. daar sou nou al ’n oplossing gewees het vir rekmerke; 3. natuurlike kindergeboorte sou heeltemal in onbruik geraak het; 4. oggendsiekte sou beskou gewees het as die nasie se grootste gesondheidsprobleem; 5. alle geboortebeperkingsmiddels sou eenhonderd persent effektief gewees het; 6. babas sou in die hospitaal gehou word totdat hulle geleer het om die toilet te gebruik; 7. mans sou gretig gewees het om oor verhoudings te gesels, veral oor hul toegewydheid daaraan;
8. mans sou nooit gedink het tweelinge is so oulik nie; 9. seuns sou saans voor tien van partytjies moes terugkom; 10. aktetasse sou gebruik gewees het as bêreplek vir doeke; 11. hulle sou in die bed gebly het vir die hele duur van die swangerskap; 12. vrouens sou die wêreld oorheers het.
Top tien redes hoekom God vir Eva geskep het
1. God was bekommerd dat Adam gereeld in die tuin van Eden sou verdwaal en dat hy niemand sou kon vra hoe om by sy bestemming uit te kom nie; 2. God het geweet dat Adam eendag iemand nodig sou hê om die televisie se remote te kry en vir hom aan te gee; 3. God het geweet dat Adam nooit na ’n nuwe vyeblaar sou gaan soek het as s´y vyeblaar breek nie, en daarom sou hy Eva nodig hê om een vir hom te gaan kry; 4. God het geweet dat Adam nooit gebore in staat sou wees om vir homself ’n afspraak by die dokter, die tandarts of die haarkapper te maak nie; 5. God het geweet dat Adam nooit sou weet op watter oggend hy die vullis buite in die straat moet plaas nie; 6. God het geweet dat indien die aarde bevolk moes word, mans nooit in staat sou wees om die pyn en ongerief van kindergeboorte te verduur nie; 7. As hooftuinier van die tuin van Eden, sou Adam nooit onthou het waar hy sy gereedskap gelos het nie; 8. Adam sou iemand nodig gehad het om te blameer vir al sy probleme; 9. Die Bybel sê tog dat dit nie goed is om alleen te wees nie;
10. God het, nadat hy Adam geskep het, teruggestaan en besef dat hy beter kan doen as dit.
Vroue se aanhaling vir die dag
Mans is soos goeie wyn. Hulle begin soos druiwe, en dan is dit ons taak om op hulle te trap en al die vog uit hulle te pers en hulle in die donker te hou totdat hulle wys en goed genoeg is vir ’n mens om hulle te geniet.
Mans se aanhaling vir die dag
Vroue is soos goeie wyn. Hulle begin vars, vrugtig en as ’n beneweling vir die sinne en verander dan in ’n volronde, verouderde wyn totdat hulle suur en asynerig raak en mens ’n kopseer gee.
Wat vrouens beter as mans kan doen
Hulle kan ontslae raak van hul beenhare sonder om te moet voorgee dat hulle swem of fietsry of enige ander soort sportsoort beoefen wat vereis dat ’n mens aërodinamiese bene moet hê; hulle kan die deuntjies uit musiekblyspele neurie sonder dat enigiemand gaan begin twyfel oor hul seksualiteit; wanneer vrouens ’n vibrator koop, is dit niks om oor te frons nie – wanneer mans ’n opblaaspop koop, is dit pateties;
wanneer vrouens wakker word en lyk soos iets wat die kat by die agterdeur ingesleep het, kan hulle dit met grimering regmaak; hulle kan verhoudings aanknoop met mense wat baie jonger is as hulle sonder dat mense hulle as vuil ou perverte beskryf; hulle kan hul manlike werkgewers die skrik op die lyf jaag met vreemde ginekologiese siektes; wanneer vrouens hul kêrels se klere dra, lyk hulle fantasties, maar wanneer die kêrels húlle klere dra, dan lyk hulle baie verdag; dis baie cool om jou pa se kind te wees, maar dis verskriklik hartseer om Mamma se seuntjie te wees; vrouens kán dit regkry om hul verkeersboetes verminder te kry; vrouens leef langer as mans sodat hulle praatsieke ou tannies kan word wat eienaardige klere dra en op vreemdelinge skree – mans sterf vroeër as vrouens sodat die vrouens voordeel kan trek uit die lewensversekering.
Op ’n dag kom God agter dat Eva baie ongelukkig is. Sy roep uit: “O Heer, ek het ’n probleem!” “Wat’s verkeerd, Eva?” “Ek weet u het my gemaak en vir my hierdie pragtige paradys gegee, en al hierdie wonderlike diere, en daai verskriklike snaakse slang, maar ek is net nie gelukkig nie!” “Hoekom sou dit wees, Eva?” “Ek is eensaam. En as ek nog een appel moet eet, gaan ek sterf daarvan!” “Wel, Eva, in daardie geval dink ek ons moet soek vir ’n oplossing. Ek sal vir jou ’n man maak.” “Wat’s ’n man?” wil Eva weet.
“Dit is ’n mens met gebreke, met slegte gewoontes. Hy sal leuens vertel, kul, en totaal ingestel wees op homself; alles in ag genome gaan hy die lewe vir jou baie moeilik maak. Maar hy sal groter as jy wees, vinniger, en sal in staat wees om jag te maak op diere en dinge dood te maak. Hy sal vir jou nie alleen kos gee nie, maar ook vir jou geselskap wees en in al jou behoeftes voorsien. Ongelukkig sal hy ook ’n bietjie dom wees en daarvan hou om kinderagtige dinge te doen soos om te baklei en balle rond te skop. Hy sal helaas nie baie intelligent wees nie, so hy sal baie raad van jou moet ontvang sodat hy makliker deur die lewe kan kom.” “Dit klink fantasties!” sê Eva. “Is daar ’n vangplek?” “Soos ek gesê het, hy sal trots en arrogant wees en ’n groot bewondering vir homself koester. So, jou enigste uitweg sal wees dat jy hom maar net moet laat glo dat ek hom heel eerste gemaak het. Onthou dus, net tussen ons vrouens. Dit is ons geheim.”
Ou Franna wat sy hele lewe in Polokwane gewoon het het een jaar besluit om Margate toe te gaan vir sy vakansie. Daar aangekom, paradeer hy heeldag op die strand met sy kakieswemklere en raak erg gefrustreerd omdat geeneen van die groot skare pragtige meisies op die strand in hom belang stel nie. Hy stap toe na een van die lewensredders en vra ’n bietjie advies. “Ou pel, dis baie maklik,” sê die lewensredder. “Daardie swemklere wat jy dra, skrik almal af. Dit is heeltemal uit die oude doos. Kry vir jou iets anders. Die beste sal wees om ’n paar Speedo’s te gaan koop, verkieslik ’n nommer of twee te klein, en wanneer jy dit aanhet, plaas jy ’n vuisgrootte aartappel daarin. Jy sal verbaas wees hoe die meisies agter jou gaan aanhardloop!” Die volgende dag is ou Franna op die strand met sy splinternuwe Speedo’s en met sy vuisgrootte aartappel daarin weggesteek. Almal op die strand het hulle gesigte op ’n plooi getrek en totaal afgeskrik van hom af weggestorm – veral die meisies. Franna storm toe op die lewensredder af en vra hom wat aan die gang is.
“Wat is verkeerd?! Kyk ou pel, jy moet daardie aartappel voorin sit, nie agter nie!”
’n Geiterige man stap laat in die aand sy slaapkamer binne. Poedel soos ’n noedel, met ’n glas water en twee aspiriene in die hand. “Waarvoor is dit?” vra sy vrou. “Dit is vir jou hoofpyn.” “Maar ek het nie ’n kopseer nie,” antwoord die vrou. “Ag, my ou skattebolletjie …” Oom Adelbert het afgetree en ná ’n jaar het sy vrou, met wie hy reeds vyftig jaar getroud was, voorgestel dat hulle ’n seereis onderneem. “Ons hoef nie ver te gaan nie,” het sy gesê, “ons gaan net vir ’n week iewers heen. En op die skip gaan ons wild en vrolik liefde maak, soos in die dae toe ons nog jonk was.” Adelbert het daaroor nagedink en besluit dit is ’n baie, baie gawe plan. Hy het sy hoed opgesit en afgestap na die apteek, waar hy ’n bottel pille gekoop het vir die seesiek, en ’n boks kondome. Toe hy by die huis terug is, sê sy vrou: “Ek het ’n bietjie nagedink oor ons besluit. Daar is geen rede waarom ons vir net ’n week hoef te gaan nie. Kom ons gaan vir ’n maand.” So kom dit dan dat Adelbert terugstap apteek toe en vra vir twaalf bottels met pille vir die seesiek en ’n gros kondome. Teruggekom by die huis wink sy vrou hom weer nader: “Jy weet, die kinders is nou uit die huis uit, ons het geen bekommernisse meer nie, geen honde of katte nie. Wat verhinder ons om om die wêreld te vaar?” Terug na die apteek is Adelbert, waar hy 297 bottels pille vir die seesiek koop en dieselfde hoeveelheid kondome.
Die apteker kon sy nuuskierigheid nie meer bedwing nie: “Jy weet, Adelbert, ons twee doen nou al lank sake. Meer as dertig jaar lank. Ek wil nie my neus in jou sake steek nie, maar as seks jou só seesiek maak, hoekom hou jy aan daarmee?”
Aan die einde van ’n erediens het die dominee hom tot sy gemeente gewend en gesê: “Aanstaande week wil ek met julle gesels oor die groot sonde van leuens vertel. En om te help dat julle presies verstaan hoe ek die preek wil aanpak, wil ek hê dat julle almal die evangelie van Markus hoofstuk 17 moet gaan lees. Die volgende Sondag, net voordat hy met sy preek begin, vra die dominee dat almal hande opsteek wat wel Markus hoofstuk 17 gelees het. Almal in die kerk het hul hande opgesteek. Die dominee het breed geglimlag en gesê: “Die Evangelie van Markus het net sestien hoofstukke. Ek sal nou voortgaan om vir julle te vertel hoe ’n groot sonde dit is om te lieg.”
Ek het baie slegte geluk in my lewe gehad met albei my vroue. Die eerste een het my verlaat en die tweede een het nie.
’n Generaal het opgelet dat een van sy manskappe baie eienaardig optree. Die soldaat sal enige stukkie papier wat hy vind, optel, kwaai frons en sê. “Nee, dit is nie dit nie.” En dan sit hy die papiertjie weer neer waar hy dit gekry het. Hierdie gedrag het ’n ruk lank aangehou, totdat die generaal besluit het dat die soldaat vir ’n sielkundige toets gestuur moet word. Die sielkundige het hom ondersoek en tot die gevolgtrekking gekom dat die soldaat versteur was en aanbeveel dat hy uit die weermag ontslaan word. Hy het die brief uitgeskryf en dit aan die soldaat gegee, wat mooi daarna gekyk, breed geglimlag en toe gesê het: “Ja, hier is dit!”
Sannie was in die bed met ’n man. Die man was nie haar eie nie. Haar man was
iewers in ’n kroeg besig om die lewe en siel van ’n partytjie te wees. Terwyl Sannie en haar vriend kafoefel, hoor hulle skielik ’n groot geraas by die voordeur. “O, magtig, hier is jou man! Wat gaan ons doen?” “Bly net by my in die bed,” sê Sannie. “Hy’s waarskynlik so dronk, hy gaan nie agterkom dat jy hier by my is nie.” Die vrees was groot en die man wou weghardloop, maar uiteindelik het Sannie se wyse woorde by hom inslag gevind en hy het net gebly waar hy is. Sannie se man het by die slaapkamer ingestrompel, tot by die bed gestruikel en ingeklim. Terwyl hy die deken onder sy ken intrek, sien hy ses voete by die bed uitsteek. “Skat!” skree hy. “Wat de hel is aan die gang! Ek sien ses voete onder by die bed.” “Liefie, jy’s dronk. Jy kan nie tel nie. As jy my nie glo nie, tel hulle weer.” Haar man klim toe uit die bed, stap na die voetenent en tel die voete. Een, twee, drie, vier. “Gedoriewaar, my skat, jy’s reg!”
Man: “Ek wil jou graag bel. Wat is jou nommer?” Vrou: “Dit is in die telefoonboek.” Man: “Maar ek weet nie wat jou naam is nie.” Vrou: “Dit is ook in die telefoonboek.”
’n Priester en ’n non is in die noorde van Amerika op reis en verdwaal in ’n groot sneeustorm. Ná ’n ruk kom hulle in die woud af op ’n klein gehuggie langs die pad. Omdat hulle baie uitgeput is, besluit hulle om aan te klop en daar te oornag. Ongelukkig is daar niemand in die pondokkie nie, maar die voordeur
staan oop en hulle stap in. Binne-in die vertrek is daar ’n hoop komberse en ’n slaapsak op die vloer. Ongelukkig is daar net een bed. Omdat die priester ’n ware heer is, sê hy: “Suster, slaap jy op die bed. Ek sal op die vloer in die slaapsak slaap.” Net toe hy besig is om homself in te wikkel in die slaapsak en die ritssluiter toetrek, sê die non: “Ekskuus, Vader, ek kry verskriklik koud.” Hy’t die ritssluiter van die slaapsak oopgetrek, opgestaan, ’n kombers gaan haal en dit oor die non gegooi. Toe is hy terug na sy slaapsak en het hom weer ingewikkel, die ritssluiter toegetrek en net toe hy amper aan die slaap is, hoor hy hoe die non weer sê dat sy verskriklik koud kry. Hy’t weer die ritssluiter oopgetrek, weer opgestaan, nog ’n kombers gaan haal en dié ook oor die non gegooi. Terug slaapsak toe. Net voor hy aan die slaap kon raak, sê die non weer: “Vader, ek kry verskriklik koud.” Hierdie keer het die priester ’n rukkie bly lê en toe gesê: “Suster, ek het ’n idee. Terwyl ons nou hier ver van die beskawing is en niemand ooit sal weet wat gebeur het nie, hoekom maak ons twee nie asof ons getroud is nie.” Die non het dadelik geantwoord: “Dit sal my baie goed pas, Vader.” Waarop die priester skielik luid op haar skree: “Maar verdomp staan op en gaan haal jou eie blerrie kombers!”
’n Aanvallige jong vrou nooi haar jong kêrel oor om vir die eerste keer haar ouers te ontmoet. Omdat dit so ’n groot gebeurtenis is, sê die meisie dat hulle ná aandete na haar kamer kan gaan en dat sy daar die eerste maal graag met hom seks sal wil hê. Die jongeling is ekstaties. Hy het nog nooit by ’n vrou geslaap nie. Daarom lê hy eers besoek af by die eerste die beste apteek om kondome te koop. Die apteker is baie vriendelik en help hom vir omtrent ’n halfuur. Hy vertel die jongeling alles wat daar is om te wete is oor kondome, seks, hoe jy dit aansit, wanneer jy dit
aansit, waarvoor ’n mens moet ligloop. Toe dit by die betaalslag kom, vra die apteker aan die jongeling hoeveel kondome hy wil hê: pakkies met drie, pakkies met tien of ’n gesinspak. Die seun koop die gesinspak, want hy meen dat hy baie besig sal wees op sy eerste groot aand. Op sy nooiensvaart. Daardie aand daag die seun by die meisie se huis op en sy ontmoet hom by die voordeur: “Ek is so opgewonde dat jy my ouers gaan ontmoet!” roep sy uit. “Kom binne, hulle wag alreeds vir ons by die tafel.” Die seun stap agter haar aan en hulle pyl direk op die eettafel af waar die meisie se ouers reeds aangesit het. Voordat hulle begin eet, bied die seun aan om die tafelgebed te doen en sluit dadelik sy oë. Ná omtrent ’n minuut is hy steeds baie ernstig aan die bid. Tien minute gaan verby en nog is die tafelgebed nie voltooi nie. Uiteindelik, ná omtrent twintig minute, kry hy klaar en almal sê verlig saam met hom “Amen!” Die meisie leun oor na hom en fluister in sy oor: “Ek het nie besef jy is so godsdienstig nie.” Die seun draai na haar en fluister terug: “En ek het geen idee gehad jou pa is ’n apteker nie!”
’n Ou omie in sy tagtigs staan uit sy stoel uit op en begin sy jas aantrek. “Waar gaan jy heen?” vra sy ewe bejaarde vrou. “Ek gaan dokter toe.” “Hoekom? Is jy siek?” “Nee,” antwoord die ou oom. “Ek gaan net gou vir my ’n klompie van daai Viagra-pille kry.” Sy vrou staan uit haar stoel uit op en begin om haar trui aan te trek. “En waarheen gaan j´y?” vra haar man. “Ek gaan ook dokter toe.”
“Hoekom?” “As jy begin om weer daai ou geroeste ding te gebruik, gaan ek vir my inspuiting kry teen hondsdolheid.”
’n Winkel wat mans verkoop, open in New York City. ’n Alleenlopervrou besluit op ’n dag dat sy ’n nuwe man nodig het, en besoek die winkel om een te koop. By die ingang van die winkel is daar instruksies oor hoe ’n mens te werk moet gaan in hierdie winkel. Dit lees: 1. Jy mag hierdie winkel slegs een maal besoek. 2. Daar is ses verdiepings en die waarde van die produkte vermeerder soos ’n mens van verdieping na verdieping hoër gaan. 3. Die koper mag enige item van ’n spesifieke verdieping kies, óf na die volgende vloer opgaan, maar niemand mag omdraai en teruggaan na die vorige verdieping, buiten om die gebou te verlaat nie. Die vrou stap daarom na die eerste vloer en lees: HIERDIE MANS HET ALMAL WERK. Dit is ’n goeie begin, maar sy besluit dit is nie al wat sy van ’n man benodig nie. Sy stap na die tweede vloer waar die volgende teken staan: HIERDIE MANS HET ALMAL ’N BETREKKING EN IS BAIE LIEF VIR KINDERS. Alte fraai, dink sy, maar ek het meer nodig as dit. Sy gaan na die derde vloer waar daar ’n groot teken is wat soos volg lees: HIERDIE MANS HET ALMAL BETREKKINGS, IS BAIE LIEF VIR KINDERS EN IS UITERS AANTREKLIK. Wonderlik, dink sy, maar besluit om nogtans nog ’n vloer boontoe te gaan. Op die vierde vloer is daar ’n teken: HIERDIE MANS HET ALMAL BETREKKINGS, IS BAIE LIEF VIR KINDERS EN IS UITERS AANTREKLIK EN HELP GRAAG MET DIE HUISTAKE.
“Vaderland!” roep sy uit, “dit is amper te goed om waar te wees!” Sy besluit om nog ’n vloer te besoek: HIERDIE MANS HET ALMAL BETREKKINGS, IS BAIE LIEF VIR KINDERS, IS UITERS AANTREKLIK, HELP GRAAG MET DIE HUISTAKIES EN IS BAIE, BAIE ROMANTIES. Die versoeking is groot om te bly, maar sy besluit dat sy tog moet sien wat op die sesde vloer te kry is. Bewend en uiters opgewonde suiker sy weer met die trap op na die sesde verdieping, waar daar ’n baie groot teken staan: JY IS BESOEKER NO. 31 456 012 OP HIERDIE VLOER. DAAR IS GEEN MANS OP HIERDIE VERDIEPING NIE. HIERDIE VLOER BESTAAN SLEGS AS BEWYS DAT GEEN VROU OOIT TEVREDE GESTEL KAN WORD NIE. BAIE DANKIE DAT JY BY ONS WINKEL BESOEK AFGELÊ HET.
Die eienaar van die manswinkel in New York City besluit dat hy die klagtes van feministe oor sy winkel gaan antisipeer en maak regoor die straat ’n manswinkel oop met ses verdiepings waar mans ’n nuwe bruid kan gaan koop: Op die eerste verdieping is daar vroue wat seks liefhet. Op die tweede verdieping is daar nuwe bruide wat seks liefhet, baie geld het en mal is oor bier. Die derde, vierde, vyfde en sesde verdiepings is nog nooit deur enigiemand besoek nie en niemand weet wat daar te krye is nie.
’n Man wat jare lank die slae van die lewe moes verduur, hard moes werk om liggaam en siel aanmekaar te hou, ’n dak oor sy gesin se kop te sit, en kos in die kinders se monde, verloor uiteindelik die stryd en wend hom tot ’n lewe op die sypaadjies. Op ’n dag stap hy by ’n kerk verby. Hy besef nie dat dit ’n kerk is waarvan die gemeentelede almal besonder welvarend is nie. Hy loop by die kerk in en gaan sit in die heel voorste bank. Een van die diakens bespeur hom toe daar. Die diaken sien dat hy verslonste klere aanhet en dat die mense rondom hom hul neuse agter sakdoeke verberg om
van die reuk af weg te kom.
Uiteraard is die diaken baie besorg oor die uitwerking wat só ’n persoon op die mildelike bydraes in die kollektebord sal hê. Hy gaan toe na die boemelaar en vra hom of hy hulp nodig het. Boemelaar: “Ek het gebid en die Vader het vir my gesê om na hierdie kerk toe te kom.” Die diaken stel toe voor dat die man tuis nog ’n bietjie meer gaan bid en dat hy dan dalk ’n ander antwoord sal kry. Die volgende Sondag sit die boemelaar toe weer in die voorste gestoeltes. Dieselfde diaken stap na hom toe en vra: “Het jy toe nie ’n ander antwoord op jou gebede gekry nie?” “Ja, ek het,” antwoord die boemelaar. “Ek het die Vader vertel dat hulle my nie in hierdie kerk wil hê nie. En die Vader sê toe dat ek my nie moet bekommer nie. Hy probeer al baie jare lank om in hierdie kerk in te kom en het nog nie daarin geslaag nie.”
’n Vrou kom op ’n dag vroeër huis toe as gewoonlik en vind haar man in hul slaapkamer in die bed met ’n baie aantreklike jong vrou. Uiteraard is sy baie ontsteld. “Jy is ’n absolute vark!” skree sy. “Hoe durf jy dit aan my doen, ek, die getroue, die ma van jou kinders wat nou al twintig jaar getrou aan jou is. Ek gaan jou verlaat! Ek wil onmiddellik ’n egskeiding hê!” Haar man het regop gesit, rustig uit die bed geklim en gesê: “Net ’n oomblik, my skat. Ek sal graag net vir jou wil verduidelik wat hier gebeur het.” “Maak soos jy wil,” het sy vrou gehuil. “Dit sal die laaste verduideliking wees wat jy ooit aan my sal gee.” Toe begin haar man praat: “Ek het vanmiddag by die werk in my kar geklim om huis toe te ry en hierdie jong dame het my gevra vir ’n geleentheid om saam te ry. Dit was duidelik dat sy werkloos is, en sy het so weerloos gelyk dat my hart
versag en ek haar in die kar laat klim het. Ek het gesien dat sy baie maer was, glad nie goed aangetrek nie en baie, baie vuil. Toe ons ’n ent gery het, vertel sy my dat sy die laaste drie dae nog niks geëet het nie. My hart het vermurwe en ek het haar huis toe gebring. Jy sal onthou dat die enchiladas wat ek gisteraand gemaak het vir jou en wat jy nie wou eet nie omdat jy bang was dat jy gewig sou aansit, nog in die yskas was. Ek het die enchiladas vir haar gegee en sy het dit binne minute verorber. “Omdat dit duidelik was dat sy baie vuil is, het ek voorgestel dat sy gaan stort, en terwyl sy besig was om dit te doen, het ek haar vuil en verslonste klere gevat en weggegooi. “Omdat sy nuwe klere nodig gehad het, het ek vir haar die ontwerper-jeans gegee wat jy nie dra nie omdat jy dink dit sit te styf aan jou. “Ek het ook vir haar die onderklere gegee wat ek so ’n paar jaar gelede vir jou as trougeskenk gegee het, maar wat jy nie dra nie omdat jy sê ek het nie goeie smaak nie. “En toe het ek daai sexy bloes gesien wat my suster jou vir Kersfees gegee het en wat jy ook nie dra nie omdat jy haar wil irriteer, en ek het haar dit laat aantrek. “Ek het ook daai stewels wat jy by daai verskriklike duur boetiek gekoop het en nie dra nie omdat iemand by jou werk ’n soortgelyke paar het, vir haar gegee.” Hy het ’n oomblik stilgebly en toe voortgegaan: “Sy was so dankbaar vir my begrip en die hulp wat ek haar gegee het – en toe ons deur toe stap, het sy met trane in haar oë vir my gevra: ‘Meneer, is daar nie nog iets wat jou vrou nie gebruik nie?’”
’n Verslaggeefster het by ’n boer aangekom om met hom te gesels oor malkoeisiekte. Verslaggeefster: “Is daar ’n verklaring vir die ontstaan van dié siekte?” Die boer wys vir haar sy bul en in die kamp langsaan al sy koeie: “Weet jy dat daardie bul net een maal ’n jaar elkeen van daardie koeie dek?”
Verslaggeefster (duidelik baie verleë): “Oom, nee, dit is ’n nuttige stukkie inligting, maar wat het dit met die fenomeen mad cow disease te make?” Boer: “Sien jy daardie kamp met al my koeie? Hulle word elkeen twee keer per dag gemelk.” Verslaggeefster: “Dis interessant – maar wat het dit met malkoeisiekte te make?” Boer: “Juffrou, as iemand elke dag twee keer met jou tieties speel, gaan jy ook baie ongelukkig wees as jy net een keer per jaar seks het.”
Wat noem jy ’n vrou wat net so hard soos ’n man werk? Lui.
’n Histeriese man roep in sy telefoon in: “My vrou is swanger! Haar sametrekkings is net twee minute uit mekaar uit!” Dokter: “Is dit haar eerste kind?” Man: “Nee, jou idioot! Dis haar man!”
Wat is die verskil tussen ’n blondine en ’n Porsche? Jy leen nie jou Porsche uit aan jou vriend nie.
Die afrigter van ’n sokkerspan in Bloemfontein gesels met ’n ambisieuse jong speler wat by sy klub wil aansluit. “Skop jy met albei voete?” vra die afrigter. “Is jy mal? Hoe kan mens staande bly as jy met albei voete probeer skop?”
Eksamenvraag: Definieer ’n sewegangmaaltyd. Antwoord: ’n Hamburger en ses biere.
Die duiwel lê besoek af by die praktyk van ’n beroemde prokureur. “Kom ons gaan ’n ooreenkoms aan,” sê hy vir die prokureur. “Ek sal sorg dat jou inkomste vyfvoudig vermeerder, sodat jou vennote die grootste respek vir jou sal hê. Dit sal so goed met jou gaan dat jy vier maal ’n jaar gaan vakansie hou oorsee. Jy sal honderd jaar oud word. Al wat ek in ruil wil hê, is jou vrou se siel en jou kinders se siele, en hul kinders se siele – om vir altyd en ewig in die hel te brand.” Die prokureur dink ’n rukkie na, en vra dan: “Klink goed, maar waar is die vangplek?”
Terwyl ’n vrou in haar laat dertigs een oggend in die kombuis staan en brekfis maak, stap haar man by haar verby en gee haar ’n speelse knyp op die boud. “As ons hierdie effe fermer kan kry, kan jy van jou rekbroekie ontslae raak.” Sy besluit om niks te sê nie. Die volgende oggend maak haar man haar wakker met ’n knypie aan elke bors. “Jy weet, as ons hierdie twee effe fermer kan kry, kan ons jou bra’s weggooi.” Sy besluit dat stilbly nie ’n antwoord is nie. Sy gryp hom waar dit saak maak en sis tussen styf vasgeklemde kake deur: “As ons hierdie meneer fermer kan kry, sou ons ontslae kon raak van die melkman, die tuinier, die swembadskoonmaker én jou broer.”
Eksamenvraag: Hoekom is psigoanalise vinniger vir mans verby as vir vrouens?
Antwoord: Wanneer dit tyd is om terug te gaan na sy kinderdae, is die man alreeds daar.
Wat is die eerste ding wat ’n koshuismeisie in die oggend doen? Sy stap terug koshuis toe.
’n Vrou se taal
1. Ja = Nee 2. Nee = Ja 3. Miskien = Nee 4. Ons het dit nodig = Ek wil dit hê 5. Ek is jammer = Jy gaan nog jammerder wees 6. Ons moet praat = Jy’s in die moeilikheid 7. Sekerlik, gaan maar voort = As jy weet wat goed is vir jou, sal jy dit nie doen nie 8. Doen nes jy wil = Jy gaan later hiervoor boet 9. Ek is nie ontsteld nie = Natuurlik is ek ontsteld, jou idioot! 10. Jy sien vanaand ook alles raak = Is seks al waaraan jy ooit dink?
’n Man se taal
1. Ek is honger = Ek is honger 2. Ek is vaak = Ek is vaak 3. Ek is moeg = Ek is moeg 4. Mooi rok! = Oulike borste! 5. Ek is lief vir jou = Kom ons maak dadelik liefde 6. Ek is verveeld = Hoe lyk dit met seks? 7. Dans met my = Ek wil seks met jou hê 8. Kan ek jou bel? = Ek wil seks met jou hê 9. Wil jy gaan fliek? = Ek wil seks met jou hê 10. Wil jy saam met my gaan eet? = Ek wil seks met jou hê 11. Ek dink nie hierdie skoene gaan saam met daardie uitrusting nie = Ek is gay
Dit is net ná die Tweede Wêreldoorlog. ’n Amerikaanse soldaat, tot in sy siel toe vermoeid, klim in ’n volgepakte trein wat van Londen na Liverpool reis. Toe die trein wegtrek, ontdek die Amerikaner dat daar nie plek vir hom is om te sit nie. Hy stap die lengte van die trein af en weer terug, en merk dat die enigste sitplek waarop hy sou kon sit, een is waarop ’n klein wit skoothondjie lê en slaap langs ’n welgeklede, vet vrou. Die Amerikaner gaan staan naby haar, in die hoop dat die vrou die skimp sal vang, maar sy ignoreer hom totaal. “Verskoon my, mevrou,” sê die soldaat uiteindelik, “is dit u hond? Sou u omgee om dit op u skoot te laat lê sodat ek kan sit?” In ’n hovaardige, arrogante stem sê sy: “Ag! Julle Amerikaners! Julle is so kru! Fifi sit op daardie stoel en ek kan aan geen rede dink hoekom sy haar gemak vir
joune moet opoffer nie.” Die uitgeputte soldaat het net sy kop geskud. Hy het vorentoe getree en die hondjie opgetel. Hy’t hom onder een arm gesit en met die ander hand die trein se venster oopgepluk. Flink het hy die hond by die bewegende trein uitgegooi. Die vrou se mond het oopgehang. Sy het begin geluide maak en geprotesteer, maar die man wat oorkant haar gesit het, het net sy koerant laat sak. “Ag, julle Amerikaners!” het hy gesê. “Julle ry aan die verkeerde kant van die pad; wanneer julle eet, gebruik julle die regterhand vir die vurk, en jy het pas die verkeerde teef by die venster uitgegooi!”
’n Egpaar se huwelik is in groot moeilikheid. Hulle besluit om ’n draai te gaan maak by ’n huweliksberader. Hy pleit by hulle dat hulle moet probeer om hul geskille te besleg en hul huwelik ’n kans te gee. Hulle is egter vasberade. Dit werk nie. “Goed,” sê die berader, “julle weet wat die gevolge gaan wees, maar steeds wil julle jul eie koers inslaan. Maar onthou net: Julle moet alles wat julle het in gelyke dele verdeel.” Die vrou het ontstig regop gesit: “Jy bedoel die veertigduisend rand wat ek gespaar het, moet ek met hom deel! M´y geld?” “Ja,” sê die berader. “Hy kry twintigduisend rand en jy kry twintigduisend rand.” “En wat van my meubels? Ek het daarvoor betaal.” “Dieselfde reël geld,” antwoord die berader. “Jou man kry die slaapkamer en sitkamer se meubels, en jy kry die eetkamer en kombuis se meubels.” Die vrou was nou bitter kwaad: “En wat van ons drie kinders?” Die berader het nie geweet wat om te antwoord nie. Sy gedagtes het na Salomo teruggegaan. Uiteindelik het hy die situasie goed opgesom en gesê: “Gaan terug, bly by mekaar totdat julle vierde kind gebore is. Dan kry jy twee kinders en jou man kry twee kinders.”
“Nee, dit sal nie werk nie. As dit van hom afgehang het, het ek nie eens die drie kinders gehad wat ek het nie.”
Laas week het ek veertig geword. Ek het daardie oggend nie rêrig lus gevoel om wakker te word nie. Ook nie lus gevoel om op te staan nie. Die ontbyt het vir my geen bekoring ingehou nie en al waarop ek kon hoop, was dat my vrou vrolik en vriendelik sou wees en sê: “Veels geluk, my liewe man!” en miskien sou daar ook ’n klein presentjie vir my wees. Maar soos dit nou maar gaan, het sy my kwalik gegroet, sy was nie eens vriendelik nie. Ek het by myself gedink: Ja, dit is nou soos dit maar met ’n huwelik gaan – as dit nie vir die kinders was nie … Ek het gehoop dat húlle sou onthou. My kinders het by die trap na die ontbyttafel afgehardloop, lawaaierig aangesit, hul ontbyt geëet en skaars na my gekyk. Hulle het nie een met my gepraat nie. Toe ek uiteindelik by die huis uit is op pad werk toe, het ek baie terneergedruk gevoel. Toe ek by die kantoor instap, het my sekretaresse vir my gesê: “Goeiemôre, meneer – veels geluk met u verjaarsdag!” Ek het begin beter voel by die wete dat daar ten minste een persoon is wat onthou het. Ek het die hele oggend lank hard gewerk en teen eenuur het my sekretaresse ingekom en gesê: “Meneer weet, dis so ’n pragtige dag daarbuite en dit is meneer se verjaarsdag, hoekom gaan eet ons nie middagete nie? Net ek en meneer.” Ek kon nie nee sê nie. Ons het middagete gaan eet, maar nie by die plek waar ons gewoonlik middagete eet nie. In die plek daarvan het sy my na ’n stil restaurantjie met ’n privaat tafel geneem. Ons het ’n paar drankies gedrink en ek het die ete geweldig geniet. Op pad kantoor toe het my sekretaresse aan my gesê: “Ag, dit is so ’n pragtige dag, ons hoef mos nou nie direk terug te gaan kantoor toe nie. Kom ons gaan na my woonstel toe. Dit is net hier om die draai.” By haar woonstel aangekom, het sy na my gedraai en gesê: “As meneer nie omgee nie, gaan ek net gou slaapkamer toe, maar ek is nou terug.” Ek was ’n bietjie senuweeagtig, maar het gewonder wat volgende gaan gebeur. Sy is na die slaapkamer toe en ná ’n paar minute het sy uitgekom met ’n groot verjaarsdagkoek in haar hande. Reg agter haar het gestap, my vrou, my kinders
en ’n hele klomp van ons vriende, asook ’n klompie van die mense van die kantoor en hulle almal het vir my gesing. Ek het net daar gesit. Op die bank. Kaal.
’n Vrou stap by die supermark in en sien onmiddellik die man voor haar staan wat nie weet dat sy gulp se ritssluiter nie opgetrek is nie. Sy stap na hom en sê in ’n fluisterstem: “Verskoon my, meneer, maar jou barakke se deure staan oop.” Die man het nie ’n idee waarvan die vrou praat nie en hou maar aan om te soek vir die vyf goedjies wat hy wil koop. ’n Paar minute later sien ’n ander vrou dat die man se gulp oop is en stap na hom. Sy sê sonder omhaal van woorde dat sy gulp oop is. Die man bloos, maar trek die ritssluiter op en hou aan met sy inkopies. Wanneer hy uiteindelik by die kas kom, staan die vrou wat aanvanklik vir hom gesê het dat sy barakdeure oop is, voor hom in die tou. Hy besluit om haar te terg. “Verskoon my, mevrou,” sê hy. “Toe u sien dat my barakdeure oop is, het u dalk ’n soldaat daar gesien wat op aandag staan?” Sonder om ’n oog te knip, antwoorde die vrou: “Nee, ek het net ’n mankolieke ou veteraan daar gesien wat op twee streepsakke sit.”
Janneman besoek die internis vir sy jaarlikse mediese ondersoek. Hy is erg geskok toe hy hoor dat hy op die een of ander manier ’n baie seldsame siekte opgedoen het en dat hy net twaalf ure het om te leef. Hy gaan dadelik huis toe, verpletter, en vertel vir sy vrou die aaklige nuus. Sy bars in trane uit. Ná ’n ruk stap sy nader om hom ’n groot druk te gee. Sy fluister in sy oor: “My
hart, kom ons maak daarvan ’n nag wat jy nooit sal vergeet nie.” Hulle gaan vroeg bed toe en hul liefdemakery oortref hul stoutste verwagtinge. Daar is soveel ie en vurigheid dat albei uiteindelik natgesweet terugsak in hul kussings, heeltemal gedaan. Wanneer hy tot verhaal kom, draai Janneman weer na sy vrou en sê: “My skat, dit was absoluut wonderlik. Die beste ooit. Kan ons dit weer doen?” Hierdie keer gebruik hulle ’n bietjie meer tyd, maar dit is net so goed, indien nie beter nie. Later, net toe sy vrou begin indommel om te slaap, gee Janneman haar weer ’n drukkie in haar sy en sê: “My skat, kom ons doen dit nog een laaste maal.” “Dis maklik vir jou om te praat,” antwoord sy. “Jy hoef nie in die oggend op te staan nie.”
’n Cowboy stap by ’n barbierswinkel in en gaan sit in die barbier se stoel: “Skeer asseblief my baard, sny my hare en maak my skoene blink.” Die barbier begin om sy gesig nat te maak en ’n lekker skuim op sy vel aan die gang te kry met ’n groot skeerkwas. Terwyl die skuim nog bietjie set, neem die barbier sy ou langlemskeermes en begin dit slyp. Net toe stap ’n vrou met die grootste, mooiste borste wat die cowboy nog in sy hele lewe gesien het by die vertrek in en begin om sy skoene te poets. Dis vir die cowboy amper te veel: “Jong dame, ek en jy moet later ’n bietjie tyd gaan deurbring in my hotelkamer.” Sy antwoord: “Ek is getroud, en my man sal glad nie daarvan hou nie.” “Laat weet vir hom jy gaan oortyd werk,” sê die cowboy. “Ek sal jou daarvoor betaal.” “Jy kan sommer vir homself sê. Hy is die ou wat nou jou baard gaan skeer.”
Twee koeie van buurplase kom by ’n grensdraad bymekaar vir ’n lekker ou skindersessie.
Die eerste koei sê: “Ek sê jou hierdie mad cow disease is skrikwekkend. Hulle sê dit versprei nou so verskriklik vinnig dat al die dames op die plaas hier langsaan dit het.”
Die ander koei antwoord: “Ek is glad nie bang daarvoor nie, ek hoor dit affekteer net een ding.”
Drie paartjies trou en bly in dieselfde hotel vir hul wittebrood. Al drie paartjies word versorg deur Daan, die hotelknaap. Die eerste man is met ’n verpleegster getroud. Daan neem hulle na hul kamer en dink by homself: “Wat ’n gelukkige man. Verpleegsters is warm.” Die tweede man is met ’n telefoniste by ’n groot firma getroud. Daan neem hulle na hul kamer en dink by homself: “Die man is ook báie gelukkig. Telefonistes het sexy stemme en wanneer hulle eers aan die gang kom, is dit asembenemend.” Die derde man is met ’n onderwyseres getroud. Daan neem hulle na hul hotelkamer en dink by homself: “Die arme man. Sy is mooi, maar onderwysers is yskoud.” Die volgende oggend is Daan al 5.30 vm. op sy pos. Hy verwag dat slegs die onderwyseres se man sal bel vir kamerontbyt en dat die ander twee eers heelwat later in die dag hul opwagting sal maak. Halfses lui die telefoon vir die eerste keer. Dit is toe nie die onderwyser se man wat ontbyt bestel nie, maar die verpleegster se man. Die verpleegster se man maak self die deur oop toe Daan met die ontbytwaentjie daar aankom. Daan kan sy oë nie glo nie. Die man se pajamas het nie ’n enkele kreukel nie en sy hare is perfek gekam. Daan vra dadelik: “Wat het gebeur? U is dan met ’n verpleegster getroud. Hulle weet mos waarom dit in die lewe gaan?” Die man antwoord met ’n suur trek op sy gesig: “Ou seun, moet nooit met ’n verpleegster trou nie. Al wat ek laas nag gehoor het, was haar neulende stem dat ek nie skoongewas is nie dat ek nie skoongewas is nie.” ’n Halfuur later lui die foon weer. Hierdie keer is dit die telefoniste se man wat bel vir ontbyt. Daan neem die brekfis so gou as wat hy kan, en hoop vir die
beste. Die man maak die deur oop en weer is Daan geskok: Die man is nog steeds in sy pajamas, wat sonder ’n kreukel is, en sy hare is nog glad gekam. Daan vra dadelik: “Wat het gebeur? Telefonistes is mos veronderstel om net so sexy soos hul stemme te wees.” Die man kry eweneens ’n suur trek om die mondhoeke: “Kyk, ou maat, moet nooit met ’n telefoniste trou nie. Al wat ek heelnag gehoor het, is ’n ou stemmetjie wat daaroor kla dat my drie minute verby is. Jou drie minute is verby.’” Daan gaan terug na sy pos. Hy sit vergeefs en wag dat die onderwyseres se man bel. Uiteindelik, halfvyf die middag, bel die man vir brekfis. Daan dink dat hy nou alles in die lewe gesien het en neem gou die brekfis na die paartjie se kamer. Die man maak die deur oop en weer kan Daan nie sy oë glo nie. Die man is net in sy onderbroek. Sy hare is ’n gemors. Hy het krapmerke oor sy rug, arms en bene. Daan kyk die man só aan en vra: “Wat het gebeur? Het julle baklei?” Die man glimlag net en sê rustig: “Nee, ou seun, wanneer jy eendag trou, maak seker dat jy met ’n onderwyseres trou. Al wat ek laas nag gehoor het, was haar sagte, sexy stem wat heeltyd vir my sê: ‘As ons dit nie hierdie keer regkry nie, dan sal ons dit oor en oor doen totdat ons dit regkry.’”
’n Jong paartjie, die gefuif en gevier van die bruilof nog steeds in hul ore, kom by hul wittebroodsbestemming aan. Nadat hulle opgevars het, lê hulle langs mekaar op die bed, op die punt om hul huwelik te voltrek. Die pragtige, sensuele, uiters aanvaarbare jong bruid kyk diep in die oë van haar eggenoot en sê: “Liefling, ek moet bieg. Ek is nie meer ’n maagd nie.” Haar aantreklike, viriele, gespierde man antwoord stilweg: “Dit hinder my glad nie, my skat. Dis mos ’n nuwe era waarin ons lewe.” Sy vrou hou steeds sy blik: “Ja, ek het saam met een man geslaap.”
“O ja? Wie was dit?” “Tiger Woods.” “Tiger Woods, die gholfspeler?” “Ja.” “Wel, hy’s ryk, hy’s beroemd, en hy’s baie aantreklik. Ek kan sien hoekom jy met hom in die bed geëindig het.” Die jong paartjie gaan dan voort en volbring hul huwelik op ievolle wyse. Wanneer hulle klaar is, staan die man op en stap na die telefoon. “Wat doen jy, my liefling?” vra die vrou. “Ek is honger. Ek wil net die kombuis bel en vir hulle vra om vir ons ietsie te bring om te eet.” “Tiger sou dit nie gedoen het nie.” “O ja? Wat sóú Tiger gedoen het?” “Hy sou teruggekom het bed toe en dit ’n tweede keer gedoen het.” Die man sit die telefoon neer, gaan terug bed toe en maak met dawerende gevolge ’n tweede keer liefde met sy vrou. Toe hy klaar is, staan hy weer op en stap na die telefoon toe. “Wat doen jy?” “Ek is steeds baie honger – kan ek nie maar kamerdiens bel en hulle vra om vir ons iets te bring om te eet nie?” “Tiger sou dit nie gedoen het nie.” “O ja?” Wat sóú Tiger gedoen het?” “Hy sou teruggekom het bed toe en dit weer ’n keer gedoen het.” Die jong bruidegom gooi die telefoon neer, klim terug in die bed en maak hierdie
keer liefde volgens Olimpiese standaarde. Wanneer hulle klaar is, val hy terug, uitgeput en natgesweet. Moeg staan hy op en stap oor na die telefoon en begin bel. Sy jong vrou vra: “Bel jy kamerdiens vir kos?” “Nee. Ek bel vir Tiger Woods. Ek wil net gou by hom uitvind wat baansyfer is vir hierdie putjie.”
Twee vroue sit in ’n dokter se spreekkamer. Hulle bespreek die siektes wat hulle reeds gehad het en wat hulle tans onder lede het. “Ek wil graag ’n baba hê – meer as enigiets anders in die wêreld,” sê die eerste, “maar ek dink nie dit is moontlik nie.” “Ek het ook altyd so gevoel,” sê die tweede “maar toe het alles verander. En dis hoekom ek hier is. Ek gaan oor drie maande ’n baba hê.” “Wat het jy gedoen?” “Ek het na ’n geloofsgeneser gegaan.” “Ek het dit ook probeer. Ek en my man is vir al amper ’n jaar lank by ’n geloofsgeneser en dit het net mooi niks gehelp nie.” Die ander vrou glimlag heimlik en fluister: “Volgende keer gaan jy alleen. Dan sal jy sien.”
’n Jong man is besig om by sy nooi te spog met sy nuwe sportmotor. Sy het dit veral geniet om so vinnig deur die platteland te jaag. “As ek 200 km/h haal, sal jy jou klere uittrek?” vra die jongeling. “Absoluut!” antwoord sy avontuurlustige jong vriendin. Hy sit voet in die hoek, en toe hy 200 km/h haal, stroop sy haarself van al haar klere. Die man vind dit onmoontlik om sy oë op die pad te hou, en verloor
beheer oor die motor. Die kar gly op gruis en rol. Die kaal meisie word eenkant toe geslinger en kom relatief ongeskonde daarvan af. Die bestuurder word egter onder die stuurwiel vasgedruk. “Hardloop en gaan kry hulp!” roep hy uit. “Ek kan nie. Ek is kaal en my klere is weg!” “Neem my skoen!” sê hy, “en bedek jouself.” Sy hou die skoen voor haar onderste strategiese plek en hardloop in die pad af op soek na ’n diensstasie. Toe sy by een uitkom, hou sy die skoen nog steeds tussen haar bene vas en pleit by die man by die vulstasie om hulp: “Help! Help! My kêrel sit vas!” Die man gee die skoen een kyk, en sê: “Daar’s niks wat ek kan doen nie. Hy’s te diep in.”
’n Bejaarde egpaar hou ’n intieme, elegante aandete om hul vyf en sewentigste herdenking te vier. Die man leun vorentoe en fluister sag in sy dierbare vrou se oor: “My engel, daar is iets wat ek jou moet vra. Dit het my altyd gepla dat ons tiende kind nooit rêrig soos die ander kinders gelyk het nie. Ek kan jou verseker dat ek in hierdie vyf en sewentig jaar niks anders as vreugde gesmaak het nie. Dit was ’n wonderlike ervaring om met jou getroud te wees en meer as wat enige mens op kan hoop, en maak nie saak wat jy antwoord nie, niks sal dit nooit kan wegneem nie. Maar ek moet weet, het ons tiende kind ’n ander pa gehad?” Sy vrou kyk stil na haar skoot en uiteindelik lig sy haar kop op. Sy kan hom nog steeds nie in die oë kyk nie, maar later praat sy tog en bieg: “Ja. Ja, hy het.” Die man is nogal geskok, want dit wat sy vrou so pas erken het, raak hom erger as wat hy verwag het. Met ’n traan in sy oog, vra hy: “Wie? Wie was dit? Wie was die pa?” Sy vrou laat sak weer haar kop, want sy kan nie woorde vind om te praat nie. Ná ’n ruk skraap sy tog genoeg moed bymekaar om haar man die waarheid te vertel: “Jy.”
’n Vrou is in ’n casino en speel roulette, met baie slegte gevolge. Sy het nog net honderd rand oor. Sy bekla haar lot by die man wat langs haar staan. Hy bekyk haar op en af en sê dan na ’n rukkie: “Hoekom doen jy nie wat ek altyd doen nie? Ek gebruik my ouderdom as gelukkige nommer?” Daarmee stap hy weg. Ná ’n minuut of wat hoor hy ’n geweldige geroesemoes by die roulettetafel waar hy so pas was. Hy dink dadelik dat die vrou gewen het. Hy draai om en hardloop terug om te kyk hoe goed sy gewen het. Hy is verbaas om te sien dat sy op die grond lê. Hy vra die croupier: “Wat het gebeur? Wat’s verkeerd met haar?” Die croupier antwoord: “Ek weet nie. Sy’t al haar geld op nommer nege en twintig gesit en toe kom nommer ses en dertig op, en toe val sy flou neer.”
Dokter: “Mevrou, ek moet u waarsku, u man lyk nie vir my alte goed nie.” Vrou: “Ek weet, dokter, maar hy’s darem ’n baie goeie pa vir die kinders.”
’n Vrou kom by ’n dokter aan vir ’n ondersoek. Sy is ’n bietjie verleë oor haar gewigsprobleem, en wanneer sy haar laaste kledingstuk uittrek, sê sy, terwyl sy dieprooi bloos: “Dokter, ek is bevrees ek het myself ’n bietjie laat gaan.” Die dokter wat besig is om na haar oë en ore te kyk, sê: “Ag nee wat, mevrou, dis nie te erg nie. U lyk glad nie te sleg nie.” Hy maak gereed om haar keel te ondersoek en bring ’n stokkie nader waarmee hy haar tong kan afdruk. “Regtig, dokter?” sê die oorgewig vrou. “Ek is baie bly dat u so dink.” Die dokter bring die stokkie nader en sê: “Maak u mond wyd oop en sê
‘Mooee’.”
’n Vrou staan by die ingang van die supermark en vryf eers oor albei borste, stryk daarna oor haar maag, maak ten slotte twee keer op-en-af-bewegings teen haar lieste. Tot die ontsteltenis van die winkelbestuurder wat haar aan die arm weglei. Die vrou verduidelik egter: “Ek raak verskriklik vergeetagtig en doen my bes om te onthou waarvoor ek winkel toe gekom het.” “En?” “Dis melk, brood en iets lekkers vir my man.”
Ma en Pa sê vir seuntjie: “As jy nog een keer so vloek, kap ons jou tôtie af!” Seuntjie: “Dis oukei. Ek gee nie om nie. Sannie s’n is afgekap en omgesoom en dit lyk flippen stunning!”
Vraag: Hoeveel vrouens met PMS neem dit om ’n gloeilampie om te ruil. Antwoord: Net een … “Een!! En wil jy weet hoekom dit net een neem? Omdat niemand anders in hierdie huis weet hoe om ’n gloeilampie om te ruil nie. Hulle weet nie eens dat die gloeilampie stukkend is nie. Hulle sal in hierdie huis vir drie dae in die donkerte sit voordat hulle agterkom dat daar ’n gloeilampie stukkend is. En wanneer hulle uiteindelik agterkom dat daar ’n gloeilampie stukkend is, kan hulle dit nie omruil nie want hulle sal geen gloeilampie kry om dit mee om te ruil nie, ondanks die feit dat hulle nou al sewentien jaar lank elke dag vaskyk teen die kas met die gloeilampies in. Maar as hulle dan uiteindelik besef dat die gloeilampies in daardie kas is en hulle dit per geweldige toeval uiteindelik tog vind, sal hulle dit omruil en die stoel waarop hulle gestaan het om daai stupid gloeilampie om te ruil net daar onder die lig los! Vir twee dae! En onder die stoel
sal die opgefrommelde stuk karton wees waarin die gloeilampie gekom het! Hoekom? Hoekom?! Omdat niemand in hierdie huis ooit die vuilgoed uitdra nie! Is dit nie ’n wonder dat ons nie al verstik het onder al die vuilgoed in hierdie huis nie!! Dit sal ’n weermag neem om dit alles skoon te maak … Ek is jammer. Wat was die vraag nou weer?”
Ek het onlangs besluit om ’n absolute seksbom van ’n ou nooi van my te bel. Die gesprek het lekker verloop en ons het heeltemal tred met die tyd verloor soos ons gepraat het oor die wilde nagte wat ons saam geniet het. Ek kon my ore nie glo nie toe sy my vra of ek haar weer wou ontmoet sodat ons ’n bietjie van die ou towerkuns kon laat herlewe. “Natuurlik!” het ek gesê. “Ek weet net nie of ek die pas sal kan volhou deesdae nie! Ek is bietjie ouer en het ’n bietjie minder hare op my kop as toe jy my laas gesien het.” Sy het gegiggel en gesê sy is seker sy sal nie te veeleisend wees nie.
“Ja,” het ek geantwoord, “net solank jy nie omgee om met ’n man slaags te raak wie se broeke ’n bietjie groter is as wat hulle ’n paar jaar gelede was nie.” Weer het sy gegiggel en gesê ek moet nie snaaks wees nie. Sy hou vreeslik van effens korpulente, kaalkop mans. “En in elk geval,” het sy gesê, “ek het self ’n paar kilogram opgetel.” Toe sit ek maar die foon neer.
Haar man se wellustige gevroetel op hul eerste huweliksnag het ’n senuweeagtige jong bruid begin irriteer en sy het hom ernstig daaroor aangespreek: “Ek eis dat jy goeie maniere in die bed moet hê,” het sy verklaar. “Net soos ’n mens dit by die etenstafel moet hê!” Die man was ’n bietjie geamuseerd deur sy vrou se formele benadering tot liefde. Hy het sy deurmekaar hare gaan kam en teruggeklim in die bed en stil langs haar gaan lê: “Is dit beter?” het hy gevra. “Ja,” het sy vroutjie gesê. “Baie beter.” “Nou goed, my skat,” het die man gefluister. “Sal jy asseblief so gaaf wees om vir my die koekie aan te gee?”
Toe ’n jong egpaar van hul wittebrood af terugkeer, was dit vir al hul vriende baie duidelik dat die twee nie met mekaar praat nie. Die strooijonker het toe die man eenkant geneem en hom gevra wat verkeerd is. “Wel,” het die man geantwoord, “nadat ons die eerste keer liefde gemaak het op die heel eerste aand, het ek opgestaan en na die badkamer gegaan en heeltemal uit gewoonte ’n honderdrandnoot op die bed geplaas sonder om daaroor na te dink.” “Ag, jy moet jou nie te veel daaroor ontstel nie,” het sy vriend gesê. “Ek is seker jou vrou sal gou daaroor kom – sy kan mos nie verwag dat jy jouself vir haar
moes gespaar het al hierdie jare nie!” Die bruidegom het stil sy kop geknik en gesê: “Dit is soos jy sê, maar daar het iets anders gebeur waaroor ek nie maklik kan kom nie. Toe ek terug was by die bed, het sy vir my vyftig rand se kleingeld gegee.”
Pierre, die beroemde, onverskrokke vegvlieënier, neem sy vriendin, Marié, vir ’n plesierige klein piekniek langs die Seinerivier. Dis ’n pragtige dag en daar is liefde in die lug. Marié leun oor na Pierre en sê: “Pierre, soen my!” Pierre, die onverskrokke Franse vegvlieënier, gryp ’n bottel Merlot en spat dit op Marié se lippe. “Wat doen jy?” roep Marié uit. “Ek is Pierre, die befaamde vegvlieënier! Wanneer ek rooivleis kry, hou ek daarvan saam met rooiwyn!” Sy glimlag en hulle begin soen. Ná ’n rukkie raak dinge warm en Marié sê: “Pierre, soen my ’n bietjie laer.” Pierre, die befaamde Franse vegvlieënier, skeur haar bloes oop, gryp ’n bottel Chardonnay en giet ’n bietjie daarvan oor haar borste uit. “Pierre! Wat op aarde doen jy?” vra Marié. “Ek is Pierre, die beroemde vegvlieënier! Wanneer ek witvleis eet, hou ek daarvan saam met ’n bietjie witwyn!” Hul ie ontvlam verder en dinge raak rêrig baie warm. Marié leun nader aan hom en fluister in sy oor: “Pierre, soen my daar benede.” Ons onverskrokke held skeur haar romp en panty af, gryp ’n bottel konjak en giet dit in haar skoot uit. Hy gryp ’n vuurhoutjie en steek die konjak aan die brand. Marié gil en duik in die rivier. Wanneer sy uitstrompel, is sy woedend. Sy skree en gil en gooi haar hande in die lug: “Pierre, wat de donder dink jy doen
jy?” “Ek is Pierre, die beroemde vegvlieënier! Wanneer ek na benede stort, doen ek dit in vlamme!”
Die wysheid van vroue
• “Rook maak dood. En as jy dood is, het jy ’n baie belangrike deel van jou lewe verloor.” Brooke Shields tydens ’n onderhoud wat met haar gevoer is toe sy die segspersoon wou word van die Nasionale Antirookkampanje
• Vraag: “As jy vir ewig kon lewe, sou jy, en hoekom?” Antwoord: “Ek sou nie vir ewig lewe nie, omdat ons nie vir ewig behoort te lewe nie. Indien ons veronderstel was om vir ewig te lewe, dan sou ons vir ewig lewe gelewe het, maar ons kan nie vir ewig nie, en daarom wil ek nie vir ewig lewe nie.” Heather Whitestone, Miss Alabama, 1994
• “Wanneer ek televisie kyk en ek sien al daardie kinders wat aan hongersnood doodgaan dwarsoor die wêreld kan ek nie help om te huil nie. Ek meen ek is mal daaroor om self maer te wees, maar nie met al daardie vlieë en dood en dinge nie.” Mariah Carey
Die wysheid van manne
“Ek het nog nooit ’n knie-operasie gehad op enige ander deel van my liggaam nie.” Winston Bennett, basketbalspeler van Kentucky
“Buiten al die moorde, het Washington een van die laagste misdaadsyfers in die land.” Burgemeester Marian Barry, Washington DC
Taamlik onlangs het ek en ’n klompie vriendinne besluit om een aand uit te gaan sonder ons mans. Ek het my man belowe dat ek voor middernag tuis sou wees. Die ure is blitssnel verby, amper so snel soos die margaritas wat ons een na die ander gepos het. Omtrent drie-uur in die oggend, effens aangeklam, is ek huis toe. Toe ek by die voordeur instap, het die verbrande koekoekklok in die gang aan die gang gekom en drie maal gekoekoe. Ek het besef dat my man waarskynlik wakker sou word, en het toe nog nege maal gekoekoe om hom te verwar. Ek was werklik trots op myself dat ek so ’n vindingryke oplossing gevind het om hom om die bos te lei. Ek wou rêrig nie in enige konflik met hom beland omdat ek nog nie om middernag tuis was nie – wys jou net dat ’n mens tog nog kan dink ná soveel margaritas. Drie koekoes, plus nege koekoes, is gelyk aan twaalf koekoes – middernag! Die volgende oggend toe ons wakker word, vra my man my hoe laat ek tuisgekom het. Ek sê toe middernag. Hy het glad nie kwaad gelyk nie en ek het gemeen dat ek weggekom het daarmee. Toe sê hy: “Ek dink ons het ’n nuwe koekoekklok nodig. Verlede nag het die koekoek drie keer koekoe gesê en toe ‘O moer!’. Toe het dit nog vier keer gekoekoe, keel skoongemaak, toe nog drie keer gekoekoe, gegiggel, weer twee keer gekoekoe en toe oor die koffietafeltjie geval en gekoe!”
’n Ma en haar dogter het by die begraafplaas besoek afgelê om blomme op die graf van ’n ou geliefde te gaan sit. Op pad terug huis toe vra die dogtertjie in die kar aan haar ma: “Mammie, begrawe hulle ooit twee mense saam in dieselfde graf?” “Natuurlik nie, my skat,” het haar ma geantwoord. “Hoekom vra jy so ’n vraag?” “Ek het een grafsteen gesien waarop daar staan: ‘Hier lê ’n prokureur en ’n baie eerbare man.’”
’n Laerskoolonderwyseres vra aan haar klassie wat hul ouers doen as ’n beroep. “Jannie, begin jy,” sê sy. “Vertel vir die klas wat doen jou mammie.” Jannie het opgestaan en trots gesê: “My Mammie is ’n dokter.” “Dis wonderlik. En wat van jóú ouers, Sannie?” Sannie het skaam opgestaan, eers grond toe gekyk en toe in ’n sagte stemmetjie geantwoord: “My pappie lewer melk by mense af.” “Dankie, Sannie,” sê die onderwyseres. “En wat van jou pappie, Pietie?” Pietie het opgespring en ook trots gesê: “My pappie speel die klavier in die hoerhuis!” Die onderwyseres is tot in haar fondamente geskud. Sy verander dadelik die onderwerp en gaan aan na iets anders. Later die dag, ná skool, lê sy ’n besoek af by Pietie se huis en klop aan die deur. Pietie se pa maak die deur oop. Juffrou Verduyn verduidelik wat die oggend in die skool gebeur het en vra of die pa dalk ’n verduideliking het vir dié ongewone antwoord. Pietie se pa lyk effens ongemaklik en sê dan: “Eintlik is ek ’n prokureur, maar hoe kan ’n mens so iets aan ’n sesjarige kind verduidelik?”
Mans, mans, mans …
Wat noem mens ’n man met ’n halwe brein? Begaafd.
Man: “Hoe lyk dit met ’n vinnige knippie?” Sy vrou: “In vergelyking met wat?”
Ek het eendag besoek afgelê by die karnaval op die dorp. By die spooktrein en die liefdestonnel was daar een van daardie “Raar maar waar”-hokkies. Binne-in die hokkie was daar ’n klomp natuurfratse. Een daarvan was ’n man wat gebore is met ’n penis én ’n brein.
• Wat het jy as jy twee klein balletjies in jou hand het? ’n Man se onverdeelde aandag. • Hoekom is mans soos purgasie? Hulle irriteer die k*k uit jou uit. • Wat noem ’n mens ’n intelligente man in Amerika? ’n Toeris. • Hoekom speel so baie Amerikaanse voetbalspanne op kunsmatige gras? Om te verhinder dat hulle die gras eet.
As mans kon swanger raak … sou aborsies beskikbaar gewees het in supermarkte.
Hoekom gee mans name aan hul penisse? Omdat hulle op voornaamterme wil wees met die persoon wat al die besluite neem.
Wat beskou ’n man as veilige seks? ’n Bed met ’n opgestopte koprus.
Hoe sorteer mans hul wasgoed? “Vuil” en “Vuil, maar kan nog gedra word.”
Hoekom het God die man geskep? Omdat ’n vibrator nie gras kan sny nie.
Hoekom het mansmense groter breins as hul honde? Sodat hulle nie lelike dinge met vrouens se bene moet doen by skemerkelkpartytjies nie.
’n Man sit een middag by die huis, niksvermoedend besig om sy koerant te lees; vrede in sy gemoed en ’n lied in die hart, toe sy vrou hom stil-stil van agter bekruip en ’n moerse hou oor die kop gee met ’n braaipan. Man: “Wat gaan nou aan?” Vrou: “Wat beteken hierdie stukkie papier wat ek in jou broek se sak gekry het met die naam Mariana daarop geskryf?” Man: “Ai, my skat! Onthou jy nie, twee weke gelede het ek by die perderesies ’n draai gaan maak. Mariana was die naam van een van die perde waarop ek gewed het.” Die vrou lyk ’n bietjie verleë, en vra groot om verskoning met drukkies en soentjies en beloftes van dinge wat sou kom. Drie dae later sit die man weer ná werk in sy stoel en koerant lees. Weer bekruip sy vrou hom van agter en gee hom weer ’n moerse hou met die braaipan. Man: “Wat op aarde het ek nou weer gesondig?” Vrou: “Jou perd het vanmiddag gebel.”
Nadat ’n Brakpanse paartjie hul elfde kind gehad het, het hulle besluit genoeg is genoeg – hulle kon nie ’n groter bed bekostig nie! Die man is toe na sy dokter en vertel hom dat hy en sy vrou nie meer kinders wil hê nie. Die dokter het aan hom verduidelik dat daar ’n prosedure is wat ’n vasektomie genoem word wat dié probleem dadelik sou oplos, maar dat dit ook baie duur is. Die man het gevra of daar dan nie ’n goedkoper manier is nie en die dokter het gesê: “Ja, inderdaad, daar is.” Hy moes net ’n cherry bomb koop, dit aansteek, dit in ’n leë bierblik sit en dit dan by sy oor hou en tot by tien tel. Die man sê toe vir die dokter: “Ag hel, dok, ek is miskien nie die slimste man op aarde nie, maar ek kan nie sien hoe ’n cherry bomb in ’n bierblikkie langs my oor my gaan help om te sorg dat ek nie meer kinders kry nie.” “Vertrou my maar,” sê die dokter. En so is die man huis toe, nadat hy ’n cherry bomb gekoop en ’n blikkie bier geledig het. Hy gooi die cherry bomb in die bierblikkie, hou dit by sy oor en begin tel: “Een, twee, drie, vier, vyf …” Hier bly hy eers stil, knyp die bierblikkie tussen sy bene vas en tel op sy ander hand verder, “… ses, sewe, agt …” Hierdie prosedure werk ook in Pretoria-Wes, Patensie en sekere dele van Bloemfontein.
’n Getroude paartjie was in ’n verskriklike motorongeluk, die motor het in vlamme uitgebars en ’n gedeelte van die vrou se gesig het ernstige brandwonde opgedoen. Die dokter het aan die man verduidelik dat haar vel nie vir veloorplanting geskik sou wees nie omdat sy so maer was. Die man het toe aangebied dat ’n gedeelte van s´y vel gebruik kon word om haar brandwonde mee te maskeer. Die dokter het besluit dat die enigste deel van sy liggaam wat vir die operasie
geskik sou wees die vel van sy boude was. Die man en die vrou het saamgestem dat hulle vir niemand sou vertel waar die vel vandaan kom nie en ook die dokter versoek om dit geheim te hou. Dit was, alles in ag genome, ’n baie delikate saak. Nadat die dokter die chirurgie gedoen het, was almal verstom oor hoe pragtig die vrou se vel gelyk het. Om die waarheid te sê, sy was nou aantrekliker as ooit tevore. Haar vriende en familie kon nie uitgepraat raak oor die nuwe jeugdigheid in haar gesig nie. Op ’n dag toe sy en haar man alleen in die voorhuis is, raak sy so bewoë oor die groot opoffering wat hy gemaak het oor sy boude dat sy net eenvoudig met hom moes praat. “My skat, ek wil jou uit die diepte van my hart bedank vir alles wat jy vir my gedoen het. Daar is geen manier waarop ek ooit vir jou sal kan terugbetaal daarvoor nie.” “My liefling,” het haar man geantwoord, “jy hoef my nie terug te betaal nie, ek kry elke dag wanneer ek sien hoe jou ma jou op die wang soen, genoeg terugbetaling.”
’n Man en ’n vrou wat in die diep platteland geboer het, het ná hul huwelik nooit weer in die stad gekom nie, tot op ’n dag toe hulle enigste seun tien geword het. Toe het die pa besluit dat hy sy seun moet gaan wys hoe die buitewêreld lyk. Die eerste plek waar hulle aangedoen het, was ’n winkelsentrum. Hulle was verstom oor omtrent alles wat hulle gesien het, maar die ding wat hulle die meeste verbaas gelaat het, was twee blink silwer mure wat oop en toe kon beweeg. Die seun het aan sy pa gevra: “Wat is dit, Pa?” Die pa het nog nooit ’n hysbak gesien nie, en het geantwoord: “My seun, ek het nog nooit enigiets soos dit in my lewe gesien nie. Ek weet nie wat dit is nie. Kom ons gaan kyk.” Terwyl hulle nog so in verwondering staan, het ’n baie gesette, onaantreklike, middeljarige vrou aangestap gekom en ’n knoppie langs die twee silwer mure
gedruk. Die mure het oopgemaak en die vet vrou het tussen hulle deur in ’n klein kamertjie in beweeg. Toe het die twee deure weer toegemaak en die seuntjie en sy pa het gekyk hoe ’n ry liggies bokant die twee mure verlig totdat hulle by die heel boonste liggie gekom het. Daardie liggie het ’n rukkie lank gebrand en toe het dit weer terugbeweeg na die begin. Toe dit die laaste syfertjie aan die linkerkant bereik, het die twee silwer mure weer oopgeskuif. Uit die silwer hokkie het ’n pragtige jong vrou getree en weggestap. Die pa het sy hand op sy seun se skouer gelê en baie ernstig met hom gepraat: “Ou seun, gaan haal jou ma.”
’n Man en die vrou wat hy die aand die heel eerste keer uitgeneem het, het ná hul ete ’n ent uit die dorp gery en onder bome langs die pad gaan stilhou om die dinge te doen wat mans en vroue gewoonlik ’n ent buite die dorp onder ’n ry bome laat in die aand doen. Dinge het begin warm raak, en die vrou het die man gekeer en gesê: “Ek moes dit miskien vroeër al vir jou gesê het, maar ek is eintlik ’n prostituut en jy gaan my tweehonderd rand moet betaal as jy verder wil gaan.” Die man was ’n bietjie uit die veld geslaan, maar omdat dinge al sover gevorder het, het hy haar maar tweehonderd rand gegee en hulle het klaargemaak. Hierna het die man ’n sigaret aangesteek, welbehaaglik teruggeleun in sy sitplek en by die venster uitgestaar terwyl hy rook. “Hoekom ry ons nie maar huis toe nie?” “Wel, ek moes dit seker voorheen aan jou genoem het, maar ek is eintlik ’n huurmotorbestuurder en dit gaan jou driehonderd rand kos om terug in die dorp te kom.”
’n Jong paartjie word uitgenooi na ’n swierige maskerbal. Die oggend van die bal word die vrou wakker met ’n verskriklike skeelhoofpyn. Sy sê vir haar man dat hy maar alleen na die partytjie moet gaan. Sy sal dit nie kan maak nie. Sy weet hoe lank dit neem vir ’n skeelhoofpyn om weg te gaan. Omdat hy nog baie verlief is op sy jong vroutjie, protesteer hy heftig, maar sy sê
dat sy ’n paar pille gaan neem, in die bed gaan klim en gaan slaap. Daar is geen rede waarom hy nie die aand sal geniet nie. Toe dit tyd word vir die bal, het hy sy kostuum geneem en is toe vort. Die vrou het rustig aan die slaap geraak en ná ’n uur of wat het sy sonder ’n sweempie van ’n hoofpyn wakker geword. Omdat dit nog vroeg was, het sy besluit dat sy ook na die maskerbal toe sal gaan. Omdat haar man nie geweet het hoe haar kostuum lyk nie, het sy besluit dat sy ’n bietjie pret en plesier gaan hê en gaan kyk hoe haar man hom gedra wanneer sy nie by hom was nie. By die maskerbal het sy gou haar man se kostuum geëien. Sy het ook gesien dat hy die aand inderdaad baie geniet, met omtrent elke vrou in sig dans en dat hy elke nou en dan ook so ’n bietjie hier en daar vat en ook hier en daar soen. Spoedig het hy by haar uitgekom en omdat sy ’n taamlike sexy vrou was, het hy dadelik sy dansmaat gelos en haar gegryp om hom volledig toe te spits op hierdie nommertjie wat pas by die maskerbal aangekom het. Sy het hom toegelaat om te gaan sover as wat hy wou, omdat hy haar man is. Uiteindelik het hy iets in haar oor gefluister en sy het ingestem. Hulle is na een van die kamers in die huis en het groot pret gehad. Later daardie aand, net voordat die mense om middernag hulle maskers sou afhaal, het sy weggeglip en huis toe gegaan, haar kostuum gebêre en in die bed geklim. Terwyl sy in die bed lê en glimlag en dink aan die heerlike avontuurtjie wat sy gehad het en hoe hy gaan sukkel om te verduidelik wat hy aangevang het, het hy by die huis aangekom. Sy het hom dadelik gevra hoe hy die aand geniet het. “Ag, dit was maar soos altyd. Jy weet dit is nooit vir my lekker as jy nie daar is nie.” Sy vrou wou by hom weet of hy baie gedans het. “Ek het nie een keer gedans nie. Piet, Koos en ek het na die speelkamer gegaan en die hele aand poker gespeel, maar die man aan wie ek my kostuum geleen het, het skynbaar ’n baie jolige tyd gehad!”
’n Baie bejaarde man sit op ’n bankie in die park en huil sy hart uit. Wanneer ’n jong man daar verbykom en hom vra wat dan nou verkeerd is, antwoord die ou man so tussen sy trane deur: “Ek is verlief op ’n beeldskone, 25-jarige jong vrou.” “Maar wat’s verkeerd daarmee?” vra die jongeling. “Jy verstaan nie,” antwoord die bejaarde man. “Elke oggend voordat sy gaan werk, maak ons liefde. Oor etenstyd kom sy gou huis toe en ons maak weer liefde en dan maak sy vir my kos. My gunstelingkos. In die middag wanneer sy met teetyd ’n klein verposing het, jaag sy terug huis toe en gee vir my orale seks. Die beste wat ’n ou man voor kan wens. En dan in die aand wanneer sy tuis is, maak ons heelnag lank soete liefde.” Die ou man is so oorweldig deur emosie dat hy nie verder kan praat nie. Die jong man gaan sit langs die ou man op die bank, sit sy arm om sy skouers en sê: “Ek verstaan steeds nie. Dit klink asof u die perfekte verhouding het. Dis waaroor alle mans droom. Hoekom huil u nog?” Die ou man ná ’n rukkie, terwyl hy sy trane afdroog: “Want ek het vergeet waar my huis is.”
’n Man stap in die straat en skielik hoor hy ’n stem uitroep: “Stop! Staan stil! As jy nog een tree gee, gaan ’n baksteen op jou kop val en jy sal dood wees.” Die man het dadelik gaan staan en op daardie oomblik het ’n groot baksteen reg voor hom op die grond geval. Hy was verstom. Hy het verder gestap en later ’n straat gekruis. Ná ’n rukkie hoor hy weer ’n stem uitroep: “Stop! Staan stil! As jy nog een tree gee, gaan ’n kar jou raak ry en jy sal dood wees.” Die man het dadelik gaan staan en net op daardie oomblik het ’n motor om die draai gejaag gekom en hom net-net gemis. “Waar is jy?” het die man gevra. “Wie is jy?” “Ek is jou beskermengel,” het die stem geantwoord. “O, ja?” het die man gevra. “En waar de hel was jy die dag toe ek getrou het?”
’n Man en sy vrou is op ’n dag in die tuin besig om onkruid uit te trek en die tuin mooi te maak. Die man kyk om na sy vrou en sê: “Jou stêre is groot, ek bedoel rêrig groot. Ek wed jou jou agterstewe is breër as die braaiplek.” Hy stap na die motorhuis en gaan haal ’n maatband. Teruggekom meet hy eers die braaiplek se breedte en daarna sy vrou se agterstewe. “Ja, ek is reg, jou stêre is vier sentimeters breër as die braaiplek!” Die vrou het haar man vir eers geïgnoreer. Daardie aand toe hulle in die bed lê, tref die groot geit die man. Hy is lus vir ’n stukkie. Hy begin toenadering soek tot sy vrou wat hom dadelik in sy kanon stuur. “Wat is verkeerd?” vra hy. Sy vrou antwoord hom kalmpies: “Dink jy rêrig ek gaan hierdie groot, bakgat vuur aan die gang kry vir net een klein worsie?”
’n Kaapse egpaar is besig om baie keelvol te raak vir die lang, koue, nat winter. Toe daar ’n langnaweek kom, besluit hulle om dit in Durban deur te bring, net om bietjie te ontdooi. Omdat albei bedags en hulle nie hul reisskedules kon sinchroniseer nie, besluit hulle toe dat die man alreeds die Donderdag sal vlieg en dat sy vrou haar die volgende dag by hom sou aansluit. Toe hy in Durban aankom soos beplan, het die man dadelik in die hotelkamer ingeboek. Daar het hy sy skootrekenaar oopgemaak en besluit om vir sy vrou ’n e-pos te stuur in Kaapstad. Ongelukkig maak hy ’n tikfout in sy e-posadres en hy stuur die e-pos aan iemand wat hy nie ken nie. In Makwassie het ’n weduwee pas teruggekeer van haar man se begrafnis. Hy was jare lank ’n dominee en soos sy dit aan hulle kinders stel, is hy “weggeroep om huis toe te gaan na glorie”, nadat hy ’n hartaanval gekry het.
Die weduwee het haar rekenaar aangeskakel om te kyk of daar enige e-posse was, want sy het heelwat boodskappe van vriende en familie verwag om meegevoel te betuig. Toe sy die heel eerste e-pos oopmaak en lees, val sy flou op die vloer neer. Haar seun storm nader, sien sy ma op die vloer en sien dat die rekenaar oop is by ’n boodskap wat soos volg lees: Aan: My geliefde vrou. Van: Jou man wat weg is. Onderwerp: Ek het aangekom! Boodskap: Ek het pas aangekom en het klaar ingeboek. Ek sien dat alles gereed gemaak is vir jou koms môre. Ek sien vreeslik daarna uit om jou te sien. Hoop jou reis is net so aangenaam soos myne. Ns.: Dis verskriklik warm hier …”
’n Matiestudent kry dit reg om die mooiste meisie op die kampus om te praat om een aand saam met hom op ’n date te gaan. Omdat hy dit nie baie breed het nie, leen hy by al sy pelle geld om vir haar darem ’n dop of twee te kan koop by die swierige Lanzerac-hotel. Hy praat selfs een van sy vriende wat ’n BMW het, om om hom sy motor te leen vir die aand sodat hy nie die skone poppie met sy Daihatsu hoef te vervoer nie. Die aand gaan laai hy haar op. Sy is geklee in ’n pragtige somerrokkie wat haar lang, sonbruin bene en kaal skouers pragtig en sensueel aksentueer. Sy hande bewe van opwinding.
Wanneer hulle uiteindelik in ’n intieme hoekie in die Lanzerac se kroeg sit, vra hy haar wat sy wil drink. “Sjampanje,” sê sy. Die arme man sluk ’n groot sluk. Maar hy gaan haal die sjampanje. Sy is immers die mooiste vrou op die Akker. Toe hy uiteindelik met haar lang glas sjampanje en sy bier na die tafel terugkeer, vra hy haar of sy van sjampanje hou. “Hou?” vra sy, “hou?” Daar kom ’n wonderlike glinstering in haar oë. “Sjampanje is vir my fantasties! As ek ’n slukkie daarvan neem, en ek voel hoe die borreltjies op my tong hul wilde dans dans, dan is dit asof ek langs die see wandel. Ek trek diep teue osoonryke lug in my longe in. Ek hoor die woeste geweld van die golwe wat op die rotse neerslaan. Ek hoor seemeeue in die verte krys, sodat ’n romantiese hunkering van my besit neem. Dan sien ek koning Neptunus uit die see verrys, sy reusagtige vurk in die een hand, seewier wat aan sy welige, wonderlike baard hang. Dan neem hy my in sy arms, en hy voer my mee na sy koninkryk diep, diep in die magtige oseaan!” Die Matie se mond hang behoorlik oop. Hy kan nie glo dat een slukkie sjampanje só betowerend kan wees nie. “En bier?” vra hy haar “O, dit laat my poep.”
Eens lank, lank gelede het ’n man en ’n vrou besluit om te trou. Toe hulle ná die wittebrood tuiskom, het die man sy vrou plegtig in die oë gekyk en vir haar gesê dat daar altyd onder hul bed ’n boks sal wees en dat sy nooit daarin mag kyk nie. Die vrou het plegtig onderneem om nooit daarin te kyk nie. Nadat hulle veertig jaar getroud was, het die vrou besluit dat geheime gemaak is om gebreek te word en op die oggend van hul veertigste herdenking, het sy in die boks gekyk.
In die boks was daar omtrent drieduisend rand en twee leë bierbottels. Daardie aand by aandete kon sy dit nie langer uithou nie: “My engel,” vra sy, “watse leë bierbottels is in die boks onder ons bed?” Die man het geskok opgekyk. “Het jy gekyk?” Toe sy vrou haar kop knik, gaan hy voort: “Nou goed, dan moet ek jou vertel. Elke keer dat ek ontrou was aan jou in ons huwelik, het ek ’n bier gedrink en die bottel in die boks gesit.” Die vrou het gedink dat dit nie te sleg is nie – veertig jaar en net twee keer rondgeloop. Later die nag word sy wakker. Sy kan nie slaap nie, want iets knaag aan haar. En dan onthou sy. Sy skud haar man wakker en vra: “En die geld in die boks? Waarvoor was dit?” “Wel, my skat, elke keer wanneer die boks vol was van leë bottels, het ek die leë bottels gevat en gaan omruil vir die deposito. Dit is waar die geld vandaan kom.”
’n Jong paartjie trou, en soos die gebruik in hul familie was, dans die strooijonker die eerste dans met die bruid op die huweliksonthaal. Maar ná die eerste dans het hulle met die tweede en ook met die derde dans volgehou, en toe die vierde een kom en die bruid haar nie uit die arms van die strooijonker kon losskeur nie, het die bruidegom nader gehardloop en die bruid tussen die bene geskop. ’n Groot geveg het uitgebreek waaraan al die gaste deelgeneem het, en ná ’n ruk moes die polisie instorm en almal arresteer en in die tronk gooi. Die week daarop staan hulle toe voor die plaaslike landdros, wat aan die strooijonker vra wat gebeur het. “U Edelagbare, ons was net besig om te dans en die bruidegom het nader gekom en die bruid tussen die bene geskop.” “Dit moes baie seer gewees het,” sê die landdros. “Wat praat u?” antwoord dit strooijonker. “Dit het drie van my vingers gebreek.”
Drie pelle is in die kroeg, besig om oor ’n dop of twee te spog oor hoeveel beheer hulle oor hulle vrouens het. Veral twee van die mans spog alte lekker, terwyl die derde stilbly. Ná ’n ruk draai die twee wat so spog na die derde en vra: “Wel, wat van jou? Het jy nie ook beheer oor jou vrou nie?” “Ja, natuurlik,” antwoord die derde pel. “Nie te lank gelede nie het my vrou een aand nog op haar hande en knieë na my toe gekruip.” Die eerste twee was aangenaam verras. “Wat gebeur toe?” wou hulle weet. “Toe sê sy: ‘Kom onder daai bed uit en baklei soos ’n man!’”
“’n Sakeman en sy sekretaresse word op ’n dag kwaai oorval deur die geit. Hulle besluit om na sy huis te ry vir ’n noenknippie. “Moenie bekommerd wees nie,” fluister hy in haar oor. “My vrou is op ’n sakereis in Johannesburg, sy kom eers oormôre terug. Daar sal geen risiko wees nie.” Die een ding lei na die ander en die vrou kyk skielik na haar beursie en roep uit: “Stop! Ek het vergeet om my pil te bring!” “Geen probleem nie,” sê haar minnaar. “Ek gaan haal gou my vrou se diafragma.” Hy hardloop badkamer toe, maar ná ’n ruk kom hy terug, sy gesig rooi van woede. “Daardie heks!” roep hy uit, “sy het dit met haar saamgeneem! Ek het altyd geweet sy vertrou my nie!”
Susara was besig om gefrustreerd te raak met haar man – hy het eenvoudig verseg om liefde te maak as die kamer se lig aan is. Dit moet altyd stik-, stikdonker wees. Sy besluit om hom van sy inhibisies te verlos, en een nag
terwyl hulle besig was om taamlik atleties in die bed rond te rol, stamp sy per abuis die bedlampie aan. Sy skrik groot want die eerste ding wat sy sien, is ’n groot komkommer in sy hand. “En hierdie ding?” roep sy uit. “Is dit wat jy die afgelope vyf jaar gebruik!” “Skattie, laat ek verduidelik …” “Jou agterbakse stront!” roep sy uit. “Jou impotente …” “Praat van agterbaks,” sê haar man koelweg, “miskien wil jy vir my verduidelik waar ons drie kinders vandaan kom?”
’n Blondine kom een oggend by die werk aan, besig om haarself tot stilstand te huil. Haar werkgewer is baie bekommerd oor haar en vra, die ene simpatie: “Wat’s verkeerd?” “Vroeg vanoggend het ek ’n oproep gehad om te sê dat my ma in die nag oorlede is.” Die werkgewer voel so jammer vir haar dat hy haar aansê om huis toe te gaan. Die blondine weier egter: “Nee. Dis vir my beter om hier te bly. Ek wil nie daaraan dink nie en die beste kans wat ek het om nie daaraan te dink nie, is om hier te bly.” Die werkgewer stem in en laat haar toe om te bly. “As jy enigiets nodig het, laat net vir my weet,” sê hy terwyl hy wegstap. ’n Paar uur later besluit hy om te gaan kyk hoe dit met haar gaan, en toe hy in haar kantoor instap, sien hy dat sy steeds histeries huil. Hy hardloop nader en vra: “Het daar nog iets gebeur?” “Nee,” verduidelik die blondine. “Ek het pas ’n verskriklike oproep van my suster gehad en sy vertel my dat haar ma ook vannag dood is!”
Drie vrouens is op die punt om tereggestel te word deur ’n vuurpeloton. Die een is ’n brunet, die ander ’n rooikop en die ander een ’n blondine. Die brunet word eerste vorentoe gelei en toe die pelotonleier haar vra of sy enige versoeke het, sê sy nee. Die leier van die vuurpeloton roep toe uit: “Gereed … lê aan …” en op daardie oomblik skree die brunet: “Aardbewing!” Almal kyk verskrik om hulle rond en in dié geharwar ontsnap die brunet. Die rooikop word nou nader gebring en weer word sy gevra of sy enige laaste versoeke het. Sy sê ook dat sy nie het nie en toe die pelotonleier halfpad afgetel het, roep sy uit: “Tornado!” Almal skrik weer en kyk rond en net toe ontsnap die rooikop. Teen hierdie tyd weet die blondine presies wat sy moet doen. Hulle lei haar na vore en die leier van die vuurpeloton vra of sy enige laaste versoeke het. Sy sê nee en hy begin met sy aftelling: “Gereed … .lê aan …” en net op daardie oomblik skree die blondine: “VUUR!”
’n Blondine is op reis en merk dat haar motor se brandstof besig is om baie laag te lê. By die volgende dorp stop sy by die vulstasie en laat vir haar petrol ingooi. Sy staan langs die kar en besef skielik dat sy haar sleutels in die kar toegesluit het. Toe sy na binne gaan om te betaal, vra sy die vulstasie-eienaar vir iets waarmee sy die deur kan oopmaak. Hy gee vir haar ’n lang stuk bloudraad en sy stap terug na die kar om te kyk of sy nie die ding op ’n manier kan oopkry nie. Tien minute later stap hy nader om te kyk wat aangaan. Die blondine is besig om die stuk draad op en af en links en regs te beweeg, terwyl haar blonde vriendin binne-in die kar aanwysings gee: “’n Bietjie meer links, ’n bietjie meer regs …”
Jors, die melkman, het 35 jaar lank deur dik en dun, in elke moontlike soort weer, in die buurt die melk afgelewer. Op sy heel laaste dag het hy weer op sy rondte vertrek By die eerste huis op sy roete het die hele familie hom gestaan en inwag en hom hartlik gelukgewens met die voltooiing van sy loopbaan. Daarop het hulle hom ’n toegedraaide geskenk gegee.
By die tweede huis het die mense ook op hom gewag en hom ’n groot boks sigare as geskenk gegee. By die derde huis het hy ook ’n geskenk gekry: ’n pragtige visstok met alles wat nodig is om mee vis te vang. By die volgende huis het ’n pragtige blonde vrou in ’n deursigtige nagrok hom staan en inwag. Sy het hom aan die hand geneem en hom teen die trap op na die slaapkamer gelei, waar sy sy klere uitgetrek en hom so oorlaai het met ievolle liefde, dat hy dit net nie kon glo nie. Nadat hulle klaar was, het hulle gaan stort en toe hy wou loop, het sy daarop aangedring om vir hom ’n baie groot brekfis te maak: eiers, aartappels, wors, wafels en vars lemoensap. Toe hy klaar geëet het en die ete met ’n koppie stomende koffie afgesluit het, sien hy dat daar ’n tienrandnoot onder die koppie uitsteek, “Dit is net te wonderlik vir woorde,” het hy gesê, “maar waarvoor is die tien rand?” “Wel,” verduidelik sy, “gisteraand toe ek my man sê dat dit vandag jou laaste dag is, en dat ons iets spesiaal vir jou moet gee, het hy ’n bietjie daaroor nagedink en my toe uiteindelik geantwoord.” “En wat was sy antwoord?” “Fok hom. Gee hom tien rand.” Die melkman kon nie besluit of hy moes lag of huil nie, en net toe praat die blondine weer: “Die brekfis was m´y idee.”
Drie sakemanne sit by ’n kroeg, steek ’n dop, en praat oor hoe dom hulle vrouens is. Die eerste sê: “Laat ek julle vertel, my vrou is rêrig dom. Verlede week is sy supermark toe en het R3 000 se vleis gekoop – net omdat dit op ’n uitverkoping is. En ons het nie eens ’n vrieskas waarin ons die vleis kan hou nie.” Die tweede sakeman sê dat dit vir hom nogal dom klink, maar hy reken sy vrou is nog meer onnosel: “Laas week het my vrou gegaan en byna R500 000 gaan
spandeer op ’n nuwe motor. En sy kan nie eens bestuur nie.” Die derde, ’n blonde man, knik sy kop en stem saam dat hierdie twee vrouens regtig baie dom is, maar hy reken sy vrou vat die koek: “Ek lag elke slag as ek daaraan dink,” sê hy. “Verlede week is my vrou hier weg om vakansie te gaan hou in Griekeland. Ek het gekyk hoe sy haar tasse pak en sy het omtrent vyf bokse kondome ingepak. En sy het nie eens ’n penis nie!”
Koos word vir dronkbestuur deur ’n vroue-polisiebeampte gearresteer. Sy noem dat enigiets wat hy sê in ’n hof, teen hom gebruik sou kon word. Koos skree: “Tieties!”
Gehoor van die man wat gereeld sy trouvideo van agter na voor kyk? Die deel waarvan hy die meeste hou, is waar hy sy vrou aan haar pa teruggee en hy en sy daarna uit mekaar se lewens wegstap.
’n Ou oom lê in ’n plattelandse hospitaal met prostaatprobleme. ’n Jong seun met ’n gebreekte been en ’n erge hakkelprobleem word in dieselfde kamer as die oom opgeneem. Die seun vra: “Wa-wa-wat m-m-makeer, oom?” Oom: “Prostaatmoeilikheid, ou seun.” “O-o-oom, w-w-w-wat-s p-p-prostaat-m-m-m-moeilikheid?” Oom: “Ek piepie net so moeilik as wat jy praat!”
Die telefoon lui en Karel antwoord: “Dagsê!” Die vrouestem aan die ander kant sê: “Haai. My naam is Susan. Ons het so drie
maande gelede op ’n partytjie ontmoet.” Karel: “O hel, ek kan nie so goed onthou nie.” Susan: “Ná die partytjie is jy saam met my na my woonstel toe. Ons het nog ’n paar doppe gedrink en toe is ons na my kamer toe. Jy het agterna gesê ek is ’n baie gawe meisie. Onthou jy my nog?” Karel: “Ja, my maggies, Susan, hoe gaan dit?” Susan: “Ek is swanger met jou kind en gaan nou selfmoord pleeg.” Karel: “Vaderland! Nie alleen is jy ’n lekker meisie nie, maar jy het goeie maniere ook!”
Die ou omie is in die hospitaal en juis op pad teater toe. ’n Jong blonde verpleegster kom ingetrippel met sy verslag in een hand en ’n bakkie met skeergoed in die ander hand: “Goeiedag, oom! Af met die broekie vir my!” “Nou vir wat, nursie, wat wil jy nou maak?” “Ek wil jou skeer, oupatjie, want ons gaan jou mos vandag besny!” “Nee, man, ek is hier vir ’n oogoperasie!” gil die ou omie verskrik. Blondie verloor haar humeur: “Kyk, oupa, ek het nie tyd vir nonsies nie, hier staan dit in jou verslag: VERWYDERING VAN DIE HORINGVLIES!”
Juffrou vra vir die klas: “Watter soort groente laat ’n mens se oë traan?” Jannie se hand is eerste op. “Ja, Jannie wat is dit?” Jannie: “’n Aartappel, juffrou.” Juffrou: “Nee, Jannie dit is ’n ui.”
Jannie: “Dis baie duidelik juffrou is nog nooit met ’n aartappel op die knaters gegooi nie.”
’n Ontstelde vrou bring agtjarige Jannie huis toe en vertel vir sy ma dat sy Jannie en haar dogtertjie, Shivonne, gevang het waar hulle dokter-dokter speel. “Laat ons nie te erg daaroor oordeel nie,” seg Jannie se ma filosofies. “Kinders van hul ouderdom is maar geneig om nuuskierig te wees oor seks.” “Seks?” roep Shivonne se ma uit, “dit het niks met seks te doen nie. Hy het haar blindederm verwyder!”
Die einde
Human & Rousseau, ’n druknaam van NB-Uitgewers, ’n afdeling van Media24 Boeke (Edms) Bpk, Heerengracht 40, Kaapstad, 8001 Posbus 5050, Kaapstad, 8000, Suid-Afrika www.humanrousseau.com
Kopiereg Teks © Kerneels Breytenbach 2009 Kopiereg Illustrasies © Fed Mouton 2009
Alle regte voorbehou.
Geen gedeelte van hierdie elektroniese boek mag sonder die skriftelike verlof van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese of meganiese middel weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, skyf- of bandopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of -ontsluiting.
Illustrasies: Fred Mouton E-boekontwerp: Trace Digital Services
Ook beskikbaar in druk:
Eerste uitgawe, eerste druk 2009 ISBN: 978-0-7981-5072-9
Epub-uitgawe: Eerste uitgawe in 2012 ISBN: 978-0-7981-5887-9 (epub)
Mobi-uitgawe: Eerste uitgawe in 2013 ISBN: 978-0-7981-6134-3 (mobi)